Vegter en balling. Chris Schoeman

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Vegter en balling - Chris Schoeman страница 4

Vegter en balling - Chris Schoeman

Скачать книгу

ook as “dapper en verstandig”. Toe haar man op Nuwejaarsdag 1900 saam met Jan na die Colesberg-front vertrek, het sy vir Jan gevra om mooi na hom om te sien aangesien hy al in sy vyftigs was. Daar­op het Jan blitsig geantwoord: “Ja, oom Philip moet my net gehoorsaam wees!”36

      Die Boeremagte is georganiseer op grond van die tradisionele kommandostelsel. Die twee republieke is in distrikte opgedeel wat weer in wyke verdeel is. In elke wyk is ’n veldkornet en ’n assistent-veldkornet deur die burgers in hul wyk verkies. Hulle het dan na die hoofdorp in hul distrik gegaan om by die ander veldkornetskappe aan te sluit en ’n kommando te vorm. Daarna het die burgers ’n kommandant ver­kies om hul kommando te lei.

      Charles en Pieter von Maltitz is aanvanklik tot assistent-veldkornette van die Ficksburg-kommando verkies en Jan tot veldkornet vir die Senekal-kommando.37 Charles is later tot veldkornet bevorder en Pieter het sy regterhand geword. Die Ficksburg-kommando het onder die gekombineerde Win­burg-kommando geval wat Marthinus Prinsloo tot komman­dant verkies het. (Prinsloo is later as veggeneraal aan­gewys.)

      Adriaan von Maltitz sr. was al in sy laat vyftigerjare toe die oorlog uitgebreek het, maar hy was nietemin een van die eerste Vrystaters wat Natal binnegeval het. Hy was betrokke by die Slag van Colenso op 15 Desember 1899, maar hy het daarna siek geword en moes na Wittekrantz terugkeer nadat hy die wapen neergelê het. Jan het in Desember en Janu­arie aan die Natalse front vir sy pa ingestaan.38

      Die Von Maltitze se jonger broer Attie was op Wellington op skool toe die oorlog uitgebreek het, maar het in November 1900 by die kommando’s van genl. Christiaan de Wet aange­sluit toe hulle op pad was om die Kaapkolonie binne te val. Hul jongste broer Friedrich was 16 jaar oud toe hy by die Senekal-kommando aangesluit het. Sy pa moes op daardie stadium weens siekte van die Natalse front terugkeer huis toe en het voorgestel dat Friedrich in sy plek aan die Vry­staatse front kon gaan veg. Friedrich se vuurdoop was die Slag van Sannaspos en hy het daarna aan verskeie veldslagte deelgeneem tot en met die oorgawe in die Brand­waterkom.

      Die Anglo-Boereoorlog kan in drie hooffases opgedeel word. In die eerste fase het die Boere aanvalle in die Britse gebiede van Natal en die Kaapkolonie geloods en was daar belegte van die Britse garnisoene in Ladysmith, Mafeking en Kim­berley. Boerekommando’s het ook die Oranjerivier oorgesteek om distrikte in die Karoo in te val, waaronder Colesberg op 14 November 1899 waar Charles von Maltitz ook geveg het. Die Boere het daarna ’n reeks taktiese oorwinnings behaal by Colenso, Magersfontein en Stormberg in ’n mislukte Britse offensief om die beleg van Ladysmith en Kimberley te beëindig. Daar word hierna verwys as die Britse magte se sogenaamde Black Week.

      Die tweede fase is gekenmerk deur die instroming van groot getalle Britse troepe onder bevel van veldmaarskalk lord Roberts en hierdie keer is ’n suksesvolle offensief ge­loods om die beleg te beëindig. Hierop het Roberts die Oranje-Vrystaat binnegeval en Bloemfontein op 13 Maart 1900 beset, gevolg deur die Transvaal, waar Pretoria op 5 Junie 1900 ingeneem is.

      In die finale fase van die oorlog het die Boere van die einde van Maart 1900 ’n uitgerekte guerrillastryd teen die Britte geloods wat ’n verdere twee jaar geduur het. ’n Deel van hul taktiek was om Britse troepekolonnes te plunder en spoorweë en voorraaddepots te vernietig. Charles en sy broers Pieter en Friedrich was in die eerste van hierdie aanvalle betrokke – die aanval by Sannaspos onder leiding van genl. Christiaan de Wet. In ’n poging om die Boere se toegang tot voorrade af te sny, het lord Kitchener met die verskroeideaardebeleid begin. As deel van dié beleid is opstalle afgebrand, vee doodgemaak en burgerlikes – hoofsaaklik vroue en kin­ders – na konsentrasiekampe weggevoer.

      Met die uitbreek van die oorlog is die meeste Vrystaatse kommando’s na die Natalse grens gestuur waar hulle in Van Reenenspas stelling ingeneem het voordat Natal binnegeval is. Sommige burgers uit die distrikte wat aan Basoetoland gegrens het, is egter aangesê om die gebiede langs die Cale­donrivier te patrolleer. Charles von Maltitz se Ficksburg-kommando het byvoorbeeld die Basoetolandse grens vir ’n maand gepatrolleer voordat hy – ná ’n bevordering tot veldkornet – na die Colesberg-front gestuur is.39

      Aan die Colesberg-front was daar in Januarie en Febru­arie 1900 heelwat skermutselinge met die Britse troepe.40 Jan von Maltitz en die Senekal-kommando het ook aan die Colesberg-front diens gedoen, maar Jan het daar maag­koors opgedoen en moes tydelik terugkeer huis toe.

      Daarvandaan is Charles na die wesfront waar sy kommando ’n Britse mag naby De Aar aangeval het as deel van ’n poging om genl. Piet Cronjé te hulp te snel.41 Cronjé is by Modderriver deur groot getalle Britse troepe omsingel. Kim­berley is op 15 Februarie ontset en Cronjé het op 27 Febru­arie met sowat 4 000 man by Paardeberg oorgegee, waarna die gety teen die Boere begin draai het. Lord Roberts se magte was daarna onstuitbaar, ten spyte van De Wet se weerstand by Poplar Grove en Abrahamskraal.

      Op 13 Maart is Bloemfontein deur die Britse troepe ingeneem. Ná die val van die Vrystaatse hoofstad is Charles tot hoof-veldkornet en assistent-kommandant van die Ficksburg-kommando bevorder. Hy het pres. M.T. Steyn en ’n groep Vrystaatse generaals na Kroonstad vergesel waar hulle op 17 Maart ’n gekombineerde krygsraad van die Vrystaat en Transvaal bygewoon het.42 Pres. Kruger en Steyn, kmdt.genl. Piet Joubert, genls. De Wet en Koos de la Rey, asook verskeie kommandante, waaronder J.B.M. Hertzog (die latere premier van Suid-Afrika) was by dié krygsraad teenwoordig.

      Die raad se vernaamste besluit was dat die Boeremagte met konvensionele oorlogvoering sou voortgaan, maar terself­der­tyd ’n guerillastryd sou voer, wat verrassingsaanvalle op Britse voorraadlyne sou insluit.43 ’n Faktor wat ’n positiewe uitwerking op die guerillastryd sou hê, was dat daar weggedoen sou word met die waens (waarvan heelwat vroue en kin­ders vervoer het) en groot troppe vee wat die Boere­kom­mando’s tot op daardie stadium vergesel het. Hier­­die groot laers het die Boere se mobiliteit uiteraard negatief beïnvloed.

      Volgens C.J. Asselbergs, ’n Nederlandse militêre attaché wat oor die besprekings verslag gedoen het, het De la Rey vas geglo die laers is ’n groot las en hy is daarin gesteun deur De Wet.44 Nie net moes die waens beskerm word nie, het De Wet gesê, maar hy het ook by Poplar Grove opgelet hoe die vegtende burgers op die vlug begin slaan sodra die laers terugtrek. Asselbergs skryf voorts De la Rey het voorgestel dat die kommando’s hoogstens 500 man sterk moes wees sodat hulle doeltreffend georganiseer kon word.

      Ná die krygsraad het Charles von Maltitz tussen 4 April en einde Julie 1900 aan veldslae by onder meer Mosterts­hoek, Wepener, Jammerbergsdrif, Boesmankop, Hammonia, Leeukop en Slaapkrans in die Brandwaterkom deelgeneem. Hy het baie van die verkenningswerk self gedoen om hom van situasies te vergewis en het voorkeur gegee aan vrywilligers om moeilike take te verrig, eerder as om kommando­lede te dwing om iets te doen.45 Friedrich von Maltitz het van sy broer Charles gesê hy was altyd “. . . baie besorg oor sy manskappe. Hul veiligheid en benodigdhede het gewoonlik sy persoonlike aandag geniet, selfs toe ons krygsgevangenes was en die meeste van die kommando-offisiere min in hul bur­gers belanggestel het. Charles het hom glad nie laat afskrik deur enige van die Britse offisiere nie [na hul latere gevange­nisneming] en hy het gereeld gebruik gemaak van die woorde: ‘We expect British Justice’.”46

      Ná die val van Bloemfontein het genl. De Wet sy burgers ver­lof gegee om huis toe te gaan, maar met die opdrag om op 25 Maart weer by die Sandrivier te hergroepeer. Ná die kort verposing het die eerste belangrike aanval deur die Boere­magte onder De Wet op 31 Maart plaasgevind. Die Britse gar­nisoen by Sannaspos se waterwerke is geteiken. Die Britte, onder genl. Robert Broadwood, het groot verliese in die aan­val gely. Charles, Pieter en Friedrich von Maltitz was al drie betrokke by hierdie groot oorwinning.

      Die aanval was die 16-jarige Friedrich se vuurdoop. Hy het dit as volg in sy memoires beskryf:

      Vroeg in die môre het ons grofgeskut, nadat ons die hele nag getrek het, die vyand by die waterwerke aan Mod­der­rivier onder stofwolke gehad. Die perderuiters moes storm en dit oor die kaal bulte. Die vyand was

Скачать книгу