Stukkies van die hemel op aarde. Dirkie Smit

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Stukkies van die hemel op aarde - Dirkie Smit страница 14

Автор:
Серия:
Издательство:
Stukkies van die hemel op aarde - Dirkie Smit

Скачать книгу

gawe ontvang om verby die sigbare en opsigtelike te kyk en haar man te bly sien met oë van liefde, en daarmee saam haarself ook met ander oë te sien. En daarom is daar genoeg redes vir geluk en hoop en lewe. Sy word uitgebeeld as een wat met wonderwerke reken en die wonderbare kan sien.

      As Nash ná ’n lange leeftyd die Nobelprys in ontvangs neem, is sy oë – volgens die film – net op sy vrou. Die woorde van sy toespraak is net vir haar bedoel. Sy is sy lewe, bely hy, sy álles, sy is “al sy redes vir lewe” – en dís die som, die slotsom, die groot gevolgtrekking, die ware wete wat al sy soeke en al sy kennis hom gebring het, sê hy.

      Dié woorde herinner aan nog ’n groot wiskundige, Blaise Pascal uit die 17de eeu, wat óók ingesien het – soos tallose wiskundiges, fisici, bioloë, medici, chemici en ander wetenskaplikes deur die eeue en steeds nog, die geleerdstes onder ons, hulle in die voorste linies van wat mense kan wéét en uitvind en ontdek en doen – dat die lewe naamlik méér is as eksperimente; dat menswees groter is, meer wonderbaar, meer geheimenisvol as wat ons kan bewys.

      Die hart, sê Pascal, het sy redes, waarvan die verstand nie weet nie.

      Spieël-beeld

      Die Christelike tradisie is lief vir in-die-spieël-kyk-beelde. Reeds die Nuwe Testament gebruik dié beeld op verskeie maniere – soos in die aangrypende 2 Korintiërs 3. Wanneer ons die Skrifte lees, is ons soos mense wat in ’n spieël kyk. En in die spieël sien ons vir Christus, sien ons – so staan daar – sy heerlikheid.

      Maar dis ’n vreemde spieël dié. Gewoonlik, wanneer ons voor ’n spieël staan, weerspieël die beeld daarin vir ons wat vóór die spieël staan. En as ons sou beweeg, verander die beeld in die spieël om ons bewegings te volg.

      Met die spieël van die Woord is dit egter presies omgekeerd!

      Terwyl ons in dié vreemde spieël kyk, sê 2 Korintiërs 3:17-18, word óns van gedaante verander! Ons begin al meer lyk, al meer word, soos die beeld in die spieël. Ons word deur God se Gees verander, van heerlikheid tot heerlikheid. Ons raak al meer gelykvormig aan die beeld van Jesus! Só maak die Gees ons lewend, deur die Woord, en word ons al méér beelddraers van Christus, die Here. Die gevolg is dat ons “lewende briewe” van Christus word, sê dié hoofstuk, vir almal om te lees. Sodat mense hopelik iets van die heerlikheid van Christus, van sy genade en ontferming, in ons weerspieël sal sien.

      Deur die eeue sou dié gedagtes die kerk boei, en geen wonder nie! Ook die 16de eeuse Hervormer Johannes Calvyn was hieroor verwonder. Hy begin sy [17]Institusie, ’n handboek wat lidmate moes help om die Bybel te lees, deur te sê dat Godskennis en selfkennis hand aan hand gaan. Ons sal onsself nooit waarlik leer ken as ons God nie ken nie, sê hy. En as ons God ken, sal ons ook onsself leer ken. Want in die Christelike Godskennis gaan dit om óns.

      Geloof, so skryf Calvyn, is om “na te dink oor die gesig van God”. Geloof is om in Jesus Christus die liefdevolle, barmhartige gesig van God te sien, en om die res van ons lewe daaroor te peins en ons te verwonder oor dié heerlikheid. En terwyl ons só nadink oor die gesig van God, dink ons eintlik ook na oor onsself; leer ons onsself ken. In dié gesig, soos in ’n spieël, sien ons die heerlikheid van Jesus én tegelyk onsself; ons sien wie ons in der waarheid is, naamlik – hoe onbegryplik ook al! – voorwerpe van God se ewige liefde.

      Elke jaar weer, ’n week ná Pinkster, vier die kerk Drie-eenheidsondag. Dit is asof ons in die ritme van die kerklike jaar dán eers die heerlikheid van die gesig van die drie-enige God voluit sien. Met Advent en Kersfees skemer reeds iets deur van God se vriendelike gesig in die Seun wat vlees word vir ons. Met Lydenstyd, Pase en Hemelvaart word daar ál meer sigbaar van die ontfermende liefde van die Vaderhart. En met Pinkster kom woon die lewegewende Gees in en onder ons, in kosmos en kerk. Dán aanskou ons God se heerlikheid, in die spieël van die evangelie, God se liefdevolle gelaat, en óns daarin weerkaats – as voorwerpe van dié skeppende, verlossende, vernuwende liefde van die Drie-eenheid, Vader, Seun en Gees.

      Wie wil sien wie ons ten diepste is, en kan wees en behoort te wees, hoef nie verder te soek as dié spieël nie.

      Wat ’n beeld!

      Woorde ontbreek ons

      Hulle sê dat Eskimo’s glo tot sestig woorde het vir sneeu. Dalk is dit so, dalk nie. Ander vertel weer dat Eskimo’s vele verskillende woorde vir robbe het. Die punt is: Mense ontwikkel tale, woordeskat, vir dié lewensterreine waarmee hulle intiem vertroud is en elke dag leef. Dié ryke woordewêreld help om ons leefwêreld beter te verstaan en daarin tereg te kom. Met ons woorde benoem ons, verken ons, begryp ons, orden ons ons alledaagse lewe.

      In Die Burger vertel Maureen Joubert eenkeer in ’n onderhoudende “Van Alle Kante”-rubriek van “die vreemde jargon van begeesterdes”. Mense, skryf sy, ontwikkel ’n eie “speak” om hulle belangstellings te verwoord en te deel met ander wat ook dié “speak” ken. Dink aan die spesifieke terminologie van sportmalles, diereliefhebbers, viertrek-fanatici, hengelaars, bonsai-kwekers, en wat nog meer, sê sy.

      Juis daarom, só sê die Katolieke moraalfilosoof Josef Pieper op ’n keer, is dit so veelseggend dat moderne tale so merkwaardig min woorde het om oor deugde en ondeugde te praat, oor goed en kwaad, oor heilsaam en boos. Ons is morele analfabete, sê hy, vergeleke met die antieke tyd en die tradisies waarin ons staan. Dié gebrek aan morele taal vertel eintlik veel meer van ons as wat ons graag erken, sê Pieper. Ons praat so swak, want ons dink so swak. Moderne mense is o so slim, ja, oor alles onder die son, oor allerlei nuwe wêrelde. Dié verstaan ons tot in die aller-detail en ons benoem dit met ’n verstommend komplekse woordeskat. Maar oor eenvoudige morele kwessies stamel en struikel ons, geslaan met die swye van onkunde.

      Hier in Suid-Afrika kla ’n lid van die Menseregtekommissie onlangs dat ons nie regtig die kultuur van gewelddadigheid in ons land verstaan nie. Hy vra dat geleerdes ons moet help met antwoorde, met verklarings en oplossings.

      Maar watter geleerdes? Wie speak vandag dié speak?

      Vra net bietjie in enige geselskap hoe ons dink oor oplossings vir, sê maar, geweld en misdaad. Luister hoe stamel en stotter ons dán. Hoor ons simplistiese slagspreuke, ons oppervlakkige opmerkings, ons patetiese planne.

      Woorde ontbreek ons, maar daarmee sáám ook veel meer . . .

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4Sb7RXhpZgAATU0AKgAAAAgABwESAAMAAAABAAEAAAEaAAUAAAABAAAAYgEbAAUAAAABAAAA agEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAeAAAAcgEyAAIAAAAUAAAAkIdpAAQAAAABAAAApAAAANAALcbA AAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENTNS4xIFdpbmRvd3MAMjAxMzowMj

Скачать книгу