Stukkies van die hemel op aarde. Dirkie Smit

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Stukkies van die hemel op aarde - Dirkie Smit страница 10

Автор:
Серия:
Издательство:
Stukkies van die hemel op aarde - Dirkie Smit

Скачать книгу

is dat ons voorwerpe is van God se ewige liefde – ondanks onsself.

      As meer mense dit maar van hulself wou glo. Dat hulle waardevol is, kosbaar in God se oë. As meer teleurgestelde, wanhopige, verbitterde, eensame mense hulself tog kon leer sien soos Jesus hulle sien!

      En as meer van ons dit tog van ons naastes kon leer glo. Dat hulle meer is as wat ons met die blote oog van hulle kan sien. Dat hulle heiliger is, waardiger, meer wonderbaar, meer kosbaar as wat ons ooit sou vermoed terwyl ons hulle bloot meet aan wat ons sien. As ons tog maar kon leer glo dat dit geld vir wie ook al. Van ons kinders, ons kennisse, die vreemdelinge op ons pad, ja, juis ook van ons teenstanders en vyande.

      Daarom sê die bekende Karl Barth: “Die één belangrikste gedagte wat ons oor élke mens mag dink, en behoort te dink, is dat Jesus vir háár en vir hóm gekruisig en opgewek is.”

      Dié oortuiging, dié belydenis skuil immers agter die siening van die waardigheid van die mens, van álle mense, ongeag wie of wat hulle is; en van hulle regte – beginsels wat oor eeue heen so moeisaam sou ontwikkel tot ons dit vandag hopelik byna as vanselfsprekend aanvaar.

      Het Jack dit alles geweet? Het hy dit só bedoel? Wie weet? Maar as hy hét, kon hy net so goed in plaas van “Jack” sommer net “die mens” geskryf het, of “enigeen”, hoi polloi, ja, Jan Rap en sy maat.

      Om te weet wie wie ook al is, moet ons weet wie Jesus is. En as ons weet wie Jesus is, mag ons dalk net verbaas staan oor enige Jack-wie-ook-al.

      Draai om en slaap

      Efesiërs 4:26 sê iets oor kwaad word wat veronderstel dat dit ons álmal van tyd tot tyd gaan oorkom: “As julle kwaad word, moenie sondig nie, en moenie ’n dag kwaad afsluit nie.” Die implikasie is duidelik: Ons moet vrede maak voor ons gaan lê. Want wie weet wat in die nag alles kan gebeur – en of die kans vir versoening nie dalk vir altyd verby kan wees nie? Of watter dwase idees ons nie dalk gaan kry as ons met harte vol woede en wrewel op ons bed lê en rondrol nie?

      Nou kom dié woorde wat in Efesiërs aangehaal word net so uit die Septuagint, ook die LXX genoem, die ou en invloedryke Griekse vertaling van die Hebreeuse Ou Testament. Die Jode in die destydse Griekssprekende wêrelddele, soos Noord-Afrika en Palestina, en ook die Nuwe Testamentiese gelowiges – immers óók meestal Jode – het dié vertaling gebruik. Efesiërs se aanhaling was vir hulle bekende woorde, want dit kom direk uit Psalm 4:5 van húlle Bybel.

      Maar hier gebeur iets merkwaardigs. Want hierdie Griekse vertaling – wat húlle ken, en wat Efesiërs daarom gebruik – sê iets effe anders as wat dié Psalm oorspronklik in die Hebreeuse Bybel sê en wat ook tot vandag in ons Ou Testament voorkom.

      Dáár gaan dit naamlik nie om kwaad word nie, maar om besorgdheid! “Sidder (van vrees, ontsteltenis, bekommernis), en moenie sondig nie; spreek in julle hart op julle bed, en wees stil,” het die Afrikaanse Bybelvertaling van 1953 die Hebreeus van Psalm 4:5 – heeltemal korrek – vertaal. En die 1983-vertaling doen dit selfs nog mooier: “As jy ontsteld raak, moenie sondig nie; dink in stilte daaroor na as jy gaan lê, en laat dit daarby!”

      Ons bewing van bekommernis, ons siddering van skrik, ons hartkloppings van ontsteltenis en besorgdheid – dís waarvan die Ou Testament hier praat! En ons weet maar alte goed hoe maklik ontsteltenis ’n mens kan laat sondig, veral as jy in stilte en eensaamheid op jou bed lê, en die vrees en ongeloof met jou paniekbevange gedagtes op loop gaan, tot dit jou keel toedruk.

      Nee, as iemand dink dat woede ons laat sondig, laat hulle weer dink – besorgdheid, bekommernis, vrees, onrus in die hart, kwellinge doen dit nog veel meer! Trouens, vir die Bybel láát vrees ons nie net sondig nie, maar is vrees as sodanig reeds sonde. Dit word ’n gebrek aan vertroue in die Een wat nie sluimer of slaap nie (Ps 121), ook deur ons donkerste, langste nagte. Al duur dié nagte soms maande, ja, jare.

      Ja, seker, ons kan besorgdheid nie verhelp nie. Ons kan vrees en kwellings nie van ons wegkeer nie. Dit gáán oor ons kom, so seker soos wat ons gaan kwaad word. Die Here weet dit, daarom gaan die Ou én Nuwe Testamente van die veronderstelling uit.

      Bekommernis en vrees sal daar altyd wees. Dis daar van nature, dit vreet aan ons gedagtes, veral in die skemer van die aand en deur die eensame ure van die nag.

      Vir seker gaan ons ontsteld raak. Vir seker gaan ons sidder. Maar dan kan ons met onsself praat, in die stilte van ons eie hart, ook in die donker van die donkerste nag, as die vrees ons keel toedruk – vrees oor ons kinders, ons dierbares, onsself, oor die dag van môre . . . Ons kan ons daarin berus dat ons aan God behoort. En dan omdraai, en tot rus kom.

      Want Hy sal nie slaap nie.

      Berou

      Naberou is galberou, so leer die volksmond. Spyt kom altyd te laat. Gedane sake het geen keer nie. As die koeël eers deur die kerk is, is dit verby.

      Net al uit dié talle spreuke blyk dit hoe wyd dié algemene wysheid loop, gegrond op talle mense se ervarings oor baie geslagte en dekades heen, en bittere ervarings daarby, galbitter, soos naberou.

      Ja, berou kom altyd te laat, altyd agterna, wanneer sake nie meer herstel kan word nie; wanneer wat gebroke is nie meer geheel kan word nie; wanneer die woorde wat seermaak reeds gesê en gehoor is; wanneer die kloue van verslawing reeds vasgryp.

      Berou kan hóé galbitter wees, dit kan nie ongedaan maak wat is nie.

      En ons weet dit so goed.

      Juis daarom moet ons versigtig wees met wat ons sê en doen. Nie oorhaastig wees nie. Oorhaastigheid is dwaasheid, het die Grieke al geleer. Praktiese wysheid, die froneisis wat hulle wou kweek, was juis die teenoorgestelde van oorhaastigheid, van dwase aktivisme, wat instorm en praat en doen sonder dink.

      En ook dít weet die gesonde verstand van die volkswysheid: Besin eer jy begin, hoor ons van kindsbeen af, want haastige hond verbrand sy mond.

      Daarom dat Jesus – in ’n merkwaardige Bybelgedeelte (Luk 14:25-32) – sy navolgers waarsku om nie oorhaastig agter Hom aan te kom nie! Hulle moet liewer eers die koste bereken, sê Hy, die implikasies bedink, die eise van die evangelie! Want watter dwaas, vra Hy, sal ’n huis begin sonder om vooraf te bereken of hulle die bouwerk sal kan voltooi? Wie fondamente lê, maar nie die projek kan deursien nie, is ’n bespotting.

      Of watter dwase sal in ’n oorlog betrokke raak, vra Jesus, sonder om eers haarfyn te dink wat die gevolge mag wees, die langtermyn-implikasies, ook vir komende geslagte? Sonder om te oorweeg watter onreg, bitterheid en wraak dalk gesaai gaan word? Watter ellende dalk oor mense gebring gaan word, wat vermy kon wees? Watter dwase sal tog so iets aanvang as daar ander weë, ander optredes moontlik is?

      Net hulle wat vergeet het van naberou se galberou . . .

      Gebed

      Ons harte hunker om tot rus te kom in U

      – só bely ons saam met die kerk van die eeue, Here.

      Al ons verstommende ontdekkings,

      al ons verbeeldingryke skeppings,

      al ons voortdurende soeke

      – dit groei alles uit ons onrustige verlange na U.

      Al ons nuuskierigheid, al ons leergierigheid,

      al

Скачать книгу