Stukkies van die hemel op aarde. Dirkie Smit

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Stukkies van die hemel op aarde - Dirkie Smit страница 9

Автор:
Серия:
Издательство:
Stukkies van die hemel op aarde - Dirkie Smit

Скачать книгу

gelaster sal word nie, maar geprys sal word. Gee ook dat u Naam nie om ons ontwil gelaster sal word deurdat ons U nie reg ken nie en omdat ons nie leef soos wat dit pas by u Naam nie.” Dít is wat ons vra wanneer ons (soms so ligtelik) bid: “Laat u Naam geheilig word.” In navolging van Calvyn sou dié strewe – om die Naam van God te verheerlik – in die gereformeerde tradisie ’n oorheersende verlange word. Die slagspreuk soli Deo gloria, alles tot die eer van God, sou oral bekend word as uitdrukking van dié passie. Daarmee bedoel gereformeerdes: Laat ons U tog reg ken, en laat ons tog so leef – in ons woorde, denke en dade, in ons sienings, ons standpunte en ons strewes – dat mense U in ons mag herken en ook aan U die eer mag bring wat U toekom.

      Ook vir die bekende Karl Barth – net soos Calvyn ’n Switserse gereformeerde teoloog – was dit só. Sy hele lewe deur was dit sy passie om die “ja” van die liefdevolle God vir alle mense te verkondig, ook onder die moeilikste omstandighede. En daarom moes dié passie ook heel dikwels by hom die vorm aanneem van ’n opspraakwekkende, omstrede “nee”-sê teenoor spesifieke gestaltes van menslike onreg en geweld in sy eie tyd (byvoorbeeld teenoor Hitler en die Nazisme).

      In sy heel laaste reeks voorlesings voor sy dood lê Barth die Ons Vader uit, en praat op aangrypende wyse oor dié bede: “Laat u Naam geheilig word.” Hy doen dit onder die opskrif: “Ywer (passie, zeal) vir die eer van God.” Sy biograaf, Eberhard Busch, het dan ook ’n studie oor Barth se werk die lig laat sien wat hy tereg noem: [13]Die verterende passie (Die grosse Leidenschaft) – en hy verwys spesifiek na hiérdie passie.

      Ja, ons heilig die Naam van ons God as ons deur ons woorde en dade só leef dat mense, álle mense, in ons die ontfermende, genadige liefde van God kan sien en ervaar.

      Wie kan die waarde bereken van gelowiges, gemeentes, ’n kerk wat deur dié ywer verteer word?

      So is die lewe

      Só is die lewe, sê die jongman in die hospitaalbed langs myne. Hy praat met oortuiging en sekerheid, gebore uit eie ervaring. Hy was fiks en sportief toe ’n fratsongeluk by die werk sy ingewande so erg vergruis het dat dokters dit oor etlike jare van nuuts af moes opbou.

      In een enkele oomblik het alles verander. Ja, só is die lewe, sê hy, ’n mens weet nooit wat volgende wag nie.

      Wat natuurlik inhou dat niks in die lewe vanselfsprekend is nie. Ook nie die mees gewone, die sogenaamd “alledaagse” nie. Niks is eintlik gewoon nie, hoe gewoond ons ook al daaraan mag raak. Niks is alledaags nie, want op ’n dag kan alles verander tot iets van die verlede. Dis dié dat sommige ons aanraai om met potlood in ons kalenders en dagbeplanners te leer skryf, sodat dit maklik weer kan uitvee. Want môre is nie in ons hand nie.

      Ons moet leer dink volgens as-die-Here-wil-en-ons-lewe, sê Jakobus (4:15).

      En wie dít eers geleer het, herinner my saalmaat my, sien alles voortaan in ’n nuwe, anderse lig. Wie eers gesien het dat die lewe só is – broos, verganklik, en daarom wonderbaar, góéd, héérlik, juis in die aller-eenvoud daarvan – dié ontdek die ewige in die alledaagse, die wonder ín die gewone, die genade in die vertroude, die liefde van God in die kleinste gawes. Dié leer met nuwe vreugde, verwondering en erkentlikheid die sogenaamde vanselfsprekendhede van die lewe ontvang en opnuut waardeer.

      Hy was die afgelope naweek huis toe, vertel die jongman, en elke oomblik met hulle twee kleintjies was wonderlik, héérlik, genade – voor die pyn hom sou terugbring hospitaal toe.

      Vir elkeen is die soort klein genades ánders. Dit kan klank en melodie wees, of kleur en skoonheid, warmte en koelte, geure en assosiasies, herinnerings en drome, geselskap en vriendskap of alleen-wees en dink, eenvoudige ervarings. Vir wie geleer het dat niks sommer gewoon is nie, maar alles wonderbaar, is elke oomblik die ene inspirasie, om te wil vasvang en vashou in derduisende potloodsketse van dankbare verwondering. Want só is die lewe.

      Oor drome

      Ons word nogal dikwels herinner aan Martin Luther King Junior se inspirerende “I have a dream”-toespraak van 28 Augustus 1963, al goed meer as veertig jaar gelede, wat steeds bly tref en ontroer. Van die woorde wat in mense se koppe bly vassteek het, was: “Ek het ’n droom dat my vier jong kinders eendag in ’n samelewing sal woon waar hulle nie op grond van die kleur van hulle vel beoordeel sal word nie, maar volgens die kwaliteit van hulle karakter.”

      Soms vergeet ons egter dat sy droom nie daar geëindig het nie. Enkele jare later het dit gelyk of dit vervul word, toe die Voting Rights Act van 1965 aanvaar is, met wye dankbaarheid oor die bevryding wat dit vir slagoffers van rassevooroordeel sou bring. Maar binne enkele maande skryf King nóg ’n aangrypende boek, dié keer somber en waarskuwend, [14]Where do we go from here: Chaos or community? Dis ’n boek met ’n vraagteken, ’n oop einde, ’n onsekere antwoord, wat lesers self sal moet gee.

      Binne ’n jaar na die vreugde oor die vryheid, sê hy daarin, het die werklikheid aangebreek. Die droom is nie vervul nie. Die kragte van rassisme, onreg en geweld – en hy ontleed hulle elkeen – was besig om die droom te verslind. Stemreg het nie die harmonie, geregtigheid en vrede gebring soos gehoop is nie. Die gemeenskap, juis ook die pas bevrydes, is opnuut aan flarde geruk, diep verdeel deur klowe en konflik. In plaas van gemeenskap het chaos gedreig.

      Die laaste hoofstuk van King se boek is profeties. Dit kon net sowel vandag geskryf gewees het, ná globalisasie, ná 11 September se terroriste-aanvalle in die VSA, ná die oorlog in Irak, ná die botsing van beskawings. Dáár gebruik hy sy eweneens beroemde metafoor van die groot wêreldhuis waarin ons almal woon, Oos- en Westerlinge, heidene en Jode, Katolieke en Protestante, Moslems en Hindoes, swart en wit . . . “’n familie, nog té erg verdeel deur oortuigings, kulture en belange, maar wat, omdat ons nooit weer apart kan leef nie, sal moet leer hoe om in vrede mét mekaar te leef.”

      In aangrypende prediker-retoriek wys King op die erns van die oomblik: “Ons staan voor die wete dat môre reeds vandág is. Ons het nou nog ’n keuse: vreedsame saam-bestaan, of gewelddadige saam-vergaan. Dis dalk ons laaste kans om te kies tussen chaos en gemeenskap.”

      Ja, drome verg harde werk. Inspanning, en opoffering. Maande later sou hy self met sy lewe die prys betaal. Maar sy droom leef voort, én sy vraagteken.

      Jack-wie-ook-al

      Die figuur in die T-hemp was enorm, met lang, wilde hare, ruie baard, skor stem – en voor op die hemp, in yslike letters geskrywe: You don’t know Jack if you don’t know Jesus.

      Vermoedelik was hy Jack en was dit sy hemp, maar wat sou hy met dié woorde bedoel? Sommerso tydens die saamdrom daar by die pizza-wegneemtoonbank, met almal klaar ongeduldig en iesegrimmig, was dit net nie die regte tyd en plek om hom daaroor uit te vra nie, al het Paulus ook gedink tydig én ontydig is goed.

      Maar wat Jack self ook al bedoel het, gee dié woorde tog rede tot nadenke.

      Onder dié wat hulle geloof so graag op hulle mae dra, sou ’n mens tog eerder die omgekeerde belydenis verwag? Iets meer in die gees van: You don’t know Jesus if you don’t know Jack. Met die bedoeling, dalk, van: As jy wil weet wie Jesus is, ja, wie God is, vra vir my. Ek weet, óns weet, trouens, nét ons weet, en almal anders is mislei en verblind – dís tog eerder die godsdienstige gees van ons tyd?

      Maar nee, sy hemp getuig nie van geestelike arrogansie en fanatisme nie, maar verwoord eerder ’n diepe oortuiging van die Christelike tradisie, al vanaf Paulus se tyd, naamlik dat die eintlike geheim van ’n mens se lewe nie in jouself geleë is nie, maar in God. Dat wie iets wil snap van wie ons is, nie na óns moet kyk nie, maar na Jesus Christus. Dat ons almal veel, veel meer is as die totaal van

Скачать книгу