Verstevlei. Jaco Fouché

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Verstevlei - Jaco Fouché страница 4

Автор:
Серия:
Издательство:
Verstevlei - Jaco Fouché

Скачать книгу

graag Colin Wilson, die Britse skrywer wat ’n fenomenale reputasie met sy eerste boek opgebou het, net om daarna verdag te raak en as prul bekend te staan. Maar hy skryf gereeld verstandige dinge, soos oor Fakulteit X, wat gemoeid is met die sin van die lewe.

      Dit wil sê, ek lees as dit nie te raserig in die woonstelblok gaan nie. Wanneer mense rumoerig raak, werk ek my op. Ek het al selfs so ver gegaan as om by die deur uit te stap om die raasbekke te gaan stilmaak. Hulle het bedaar, maar te oordeel na die houdings en kyke wat ek sedertdien in die gang kry, maak ’n mens net vyande só. Ek vermoed my pos is al gesteel. Dus weerhou ek my deesdae van inmenging. Ek verduur die aanslag op my privaatheid.

      Bedags is ’n dooierige tyd, vol tam uitsigte oor die buurt met sy ou huise en groot tuine tussen regop mure. Honde blaf. Gedurig. Ek dink nie hulle wil hier wees nie. Van my woonstel op die eerste vloer kyk ek af in die agterplase van die mense wat honde aanhou – ’n Jack Russell, selfversekerd soos sy reputasie sê, Staffordshire-terriërs in die tuin langsaan wat soms aan die baklei gaan. Dis geluidlose baklei. Jy hoor hulle nie blaf en grom nie, net snuif en steun terwyl hulle tande in mekaar ingeslaan is. Dit neem lank voor hulle woede bedaar. Ek staan by die venster en kyk hoe hulle eienaar hulle natspuit, met ’n stok slaan, op hulle skree. Die honde steur hulle nie aan die man nie, byt net vas. Dan raak hulle moeg vir die speletjie en los mekaar en gaan lê, of drink water. Op vriendeliker dae snuif die staffies gereeld aan die tuinmuur, en dan raak die Jack Russell aan die ander kant gek en draai in die rondte terwyl hy skril blaf. Die hond is eensaam, maar selfs al sal hy ’n maat kry, sal hy net baklei, glo ek.

      Snags kan ek nie gou aan die slaap raak nie, al probeer ek teen tienuur die lig afsit. Ek lê op my rug, op my sy, op my rug, op my ander sy, en beplan die res van my lewe totdat slaap my uiteindelik oorval en ek van badkamers en vreemde stede droom. Die idee van vreemde stede is soms so sterk dat hulle nie meer vir my vreemd is nie. Ek ken nie die name nie, maar die buurte lyk bekend: die winterse landskappe van Skandinawië, die eenvormige woonstelblokke van Oos-Europa, die sierlike argitektuur van bekender, meer bereikbare plekke.

      Maar dit bly by droom en ek gaan nêrens heen nie. Ek lees dat Tolkien sy lewe aan boeke en geleerdheid gewy het. Ek lees dat Ibsen Noorweë vir baie jare verlaat het en op sy oudag wou teruggaan. Ek lees dat Kerouac in sy laaste jare amok gemaak het tydens onderhoude.

      Maar waarom lees ek oor skrywers? Dis nie asof ek nie weet dat die lewe groter is as boeke nie. Maar ek hou van verhale oor ontevrede mense, en verder hou ek daarvan om my verliteratuurd voor te doen. Ek is die soort fariseër wat in ’n kafee gaan sit sodat mense my moet sien lees, het ’n vriend, Lucky, vir my gesê.

      Soggens slaap ek tot halfelf en voel soos Proust, opgekluister in sy siekte en sy kurkuitgevoerde kamer in Parys en sy ambisie om sy wêreld onder woorde te bring. Ek, daarenteen, is gekoester in my skemer kamer tot die skoonmaker die gang voor die kombuis- en badkamervenster begin vee, of tot ander mense in die woonstelblok deure oopmaak, toeslaan en in die gang gesels.

      Ek bestudeer die digkuns terwyl ek wag dat iets moet gebeur. My lewe lank al wag ek op ’n gebeurtenis, ’n daad, ’n krisis. Iets met die omvang van ’n wetenskaplike teorie van alles, wat die wêreld sal bedek en sin maak van elke herinnering wat my bybly, folter of terg, iets om ’n einde te bring aan hierdie tydelike heenkome waarin ek my al weer bevind. Sonder werk. Sonder veel geselskap. Sonder Fakulteit X, wat dui op die vermoë om die sin van die lewe waar te neem.

      2

      In die aand sit ek en agt ander mense in die televisiekamer. Die helfte is wit, die ander bruin of swart. Daar is sewe vroue en net een ander man. Die voertaal is Afrikaans. Die nuus is aan, maar niemand stel belang nie en die klank is sag gedraai sodat jy net-net kan hoor hoe mense weens rampe, ongelukke, moorde en toevallighede sterf. Ek kan die woord Oblique op die skerm sien. Wanneer die sepies wys, is die kykers redelik stil, maar werklike gebeure interesseer nie die inwoners van Huis Genade nie. Ek teken nie beswaar aan nie. Werklike gebeure interesseer my deesdae net so min. Die lewe het iets geword om agter die rug te kry met so min as moontlik distraksies.

      Tog dink ek aan die suster se versoek, of opdrag. Ek moet eintlik weggaan. Ná ’n ruk kwyn enige mens weg wat te lank op een plek was. Dis seker waarom ek dink daar bly niks interessants vir my oor nie. Maar wat sal ek doen? Waarheen sal ek gaan? Terwyl ek voor die televisie sit, besluit ek om my oop te stel vir moontlikhede. Ek sal ontvanklik wees vir leiding.

      Die man skuins voor my sê: “Ek verlang darem na my werksdae. Toebroodjies voor die shop terwyl die grinders grind. My baas was ’n stoeier. Hulle het Saterdagaande in die Masonic gaan baklei.”

      ’n Vrou op die rusbank sê: “My hoof het later net aan sy aftrede gedink.”

      “Die Masonic was spesiaal. As jy een jaar lank elke dag daar gedrink het, het hulle jou ingelyf. Dan moes jy onder die vloer ingaan en uit ’n skedel drink.”

      “As strontpraat ’n haartjie was, het jy soos ’n gorilla gelyk.”

      “Jy weet niks van die Masonic nie. Ons het ’n spesiale groet gehad.”

      “Wanneer kom Michelle terug?”

      “Weet nie. Sy’s nie lekker nie.”

      “Sy het die ondersteuning van haar mense nodig.”

      “Sy’s nuts.”

      “Jou silly little fool, jy’s net so nuts. Wat dink jy maak jy in Huis Genade?”

      “Renier.”

      Ek kyk op. Die man het na my oorgeskuif; die vroue praat nog, nou oor breiwerk en bobotie en iets oor pasgebore babas wat ’n mens vir ’n paar dae nie moet was nie.

      “Renier, wat maak jy hier?” vra die man.

      “Ek wag op beter dae.”

      “Is dit waar dat jy …”

      “Wat?”

      “Dat jy … jy weet … dat jy niks makeer nie.”

      Ek kyk na die man. Sy naam is Abel. Hy praat sag en bewerig en hy kou sy wange. Eers wil ek hom afjak, maar hy is so ’n sagte teiken dat ek my skaam vir die impuls.

      “Ek het geen benul nie,” sê ek geduldig.

      “Jy’s hier oor Michelle, nè?”

      “Sy is my suster.”

      “Jy het geld, nè?”

      “Watse geld?”

      “Hulle sê jy betaal vir Michelle ook.”

      “En?”

      “Ek dink maar net jy kan mos beter doen op ’n ander plek. Jy lyk of jy kan werk. Ek kan jou help,” fluister hy.

      “Wat kan jy vir my doen?”

      “Koop my kamera, man. Jy weet mos, daardie digitale kamera wat ek het. Ek sal jou die guns doen.”

      “Maar dis jou kamera.”

      “Die ding is net ’n bekommernis. Ek is bang iemand steel hom.”

      Die deur gaan oop en ’n vrou kom in, Karen. Sy is rietskraal en bleek en sy frons. Sy is deesdae weer in ’n maniese fase.

      “Het

Скачать книгу