Verstevlei. Jaco Fouché

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Verstevlei - Jaco Fouché страница 9

Автор:
Серия:
Издательство:
Verstevlei - Jaco Fouché

Скачать книгу

Daardie tehuis moet tog iets kos.”

      “Ek dink eintlik daaraan om weg te gaan.”

      “Waarheen?”

      “Weet nie. Miskien weer Kaap toe.”

      “Maar wat gaan jy doen?”

      “Ek gaan herinneringe bymekaarmaak. Waarvoor anders leef ’n mens? Nou goed, ek wil my wortels ontdek. Ek wil my bewapen vir die volgende fase van Afrikaans wees.”

      Bester is ’n rukkie stil. Dan vra hy: “Is jy polities?”

      “Hoe bedoel jy?”

      “Glo jy in die Afrikanersaak?”

      “Is daar nog so iets?”

      “Natuurlik is daar.”

      “Ek het my bedenkinge daaroor. Weet jy dat Britse lesers meen die Afrikanerskrywers is óf selfhaters óf fanatici? Hulle sê hulle kry genoeg daarvan uit die Joodse letterkunde. En die Joodse letterkunde is heelwat beter.”

      Bester bly weer stil.

      “Wat?” vra ek.

      “As jy nou geglo het …”

      “Wat dan?”

      “Ek kan jou dalk in ’n rigting stuur.”

      “Praat, ek kan mos net luister.”

      “Ek ken ’n paar manne … Die een ou was prominent in Valskermbataljon. Hy het nog militêre belange.”

      “Van hierdie Boeremag-ouens?” maak ek ’n grap, sien dan sy gesig. “Jy speel! Hy dra seker baard.”

      “Jy is self besig om een te kweek, sien ek.”

      Ek vee verleë oor my kenbaardjie.

      “Hy is ’n verstandige man,” sê Bester. “Jy kan luister na hom.”

      “Wat moet ’n mens vir hom doen?”

      “Stel net belang. Miskien kan hy iets vir jóú doen.”

      “Nee, dis nie ’n goeie idee nie.”

      Ons koffie is klaar en ons staan op. Bester betaal en ons ry terug tehuis toe. Hy hou in die straat stil.

      “Nou ja, laat dit goed gaan. As jy belangstel, hier is sy kaartjie.”

      Ek kyk daarna. Die naam Rhyn de Wet en ’n telefoonnommer, dis al.

      “Waar is die nommer?”

      “Ou Wes-Transvaal.”

      “Geen verdere besonderhede nie? Diskrete man.”

      Bester gee ’n laggie. “Bel hom wanneer jy die dag regtig verveeld voel.”

      V

      Pamela laat weet ’n tyd, en ek berei my voor op weggaan. Ons gaan met die bus af. Al wat dit eintlik beteken, is dat ek my woonstel se geiser moet afsit en my rekeninge vroeër moet betaal, want veel meer is daar nie wat my in Vereeniging hou nie – as ek inersie buite rekening laat.

      Eintlik betaal ek my rekeninge ’n maand of wat vooruit. Miskien is daar ander dele van die Kaap om te ondersoek. Hoe lank is ek nie al hier nie, en hoe maklik kan ek my nie losmaak nie.

      Ek loop vir Sanet raak, ’n vrou wat saam met my op laerskool was. Ons gesels oor destyds en oor haar kinders, sy wil weet wanneer trou ek, en dan gaan ons weer uitmekaar.

      Ek stap langs die rivier en kyk na gesinne op die gras onder die bome.

      Ek loop terug dorp toe, verby ’n fabriek waar dinge raas: ’n geklap, ’n gestamp, ’n dreuning. By die drankwinkel op die grondvloer van die woonstelblok koop ek ’n bottel sjerrie en gaan lê daarmee in my sitkamer onder die duvet, ’n storieboek oor ’n dapper wit man in Afrika in my ander hand.

      Ek bel vir Pamela, maar sy antwoord nie.

      Dae gaan verby. Ek lê en dink aan my lewe in die Transvaal. Onthou dan ’n skoolvriend wat verlig van Knysna af teruggekom en gesê het: “Swak is die Kaap. Dis beter in Transvaal.”

      Later stap ek na Pamela se kamer. Sy huur in Huis Helderlig, naby die treinspoor. Dis ’n ou buurt met rooisteenhuise en kinders wat my agternastaar en kwaai honde.

      By Huis Helderlig gaan ek by ’n veiligheidsdeur in en word na die intensiewe eenheid verwys. Die matrone, wat ek al van groet ken, vra of ek Pamela se naaste familie is. Iets laat my ja sê en ek volg haar na ’n vertrek onder in die gang.

      Hier lê my vriendin Pamela op ’n bed en gaap na lug. By haar is ’n dokter en twee verpleegsters. Die vertrek ruik na ontlasting.

      “Sê iets vir haar,” sê die matrone.

      Maar wat is daar om te sê? Ek staan met ’n mond vol tande en kyk hoe sy sterf.

      Die dokter druk my eenkant toe en wys na die deur. Buite in die gang gaan staan ek. Toe die matrone uitkom, hou sy Pamela se selfoon na my uit. Sy sê sy sal dit waardeer as ek Pamela se mense sal kontak.

      In die straat begin ek bel. Dis almal AA-mense.

      AA is spesiaal, weet ek uit Pamela se voorbeeld. Ek sien dit ook toe ek dae later langs die hoop grond met die blomkranse staan. Iemand het ’n plaket van plastiek aan die bopunt van die graf ingedruk en daarop staan: Ek is verantwoordelik.

      Ek staan daar terwyl dit al krapperiger in my bors raak. Ek ween. Niks dramaties nie, net trane wat loop.

      5

      Middagete in die eetkamer, vier aan ’n tafel, en die stemme styg op saam met die klank van messegoed. Twee vroue en Abel sit by my, maar ek probeer om nie baie aandag aan hom te gee nie. Hy is behoeftig en raak gou ’n probleem, hy sal sommer ’n dag lank agter ’n mens aanloop.

      “Renier,” sê hy vir my. “Ek het vir jou werk.”

      “Ek het nie werk nodig nie, Abel.”

      “Jy kan iets doen.”

      “Nee dankie.”

      “Dis my kamera, man. Ek wil hom verkoop. Dan kan jy ’n fliek oor die huis maak.”

      “Behoede ons,” sê een van die vroue.

      Ek knik. “Z-tv vat sulke flieks wat amateurs maak. Dis om die samelewing gereflekteer te sien. Hulle sê Oblique reflekteer die tydsgees.”

      Abel frons.“Hoe nou?”

      “Hy is soos die Nar wat snags ry, die Buiter sonder ’n bende.”

      “Wat doen hy?”

      “Hy ontset gevange mense. Hy red ons van verveling.

Скачать книгу