Amber maan, oker son en ander verhale. Elize Parker

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Amber maan, oker son en ander verhale - Elize Parker страница 6

Amber maan, oker son en ander verhale - Elize Parker

Скачать книгу

      Sy haas haar terug na die hotel en laat Lee weet sy ver­trek die volgende dag na Lissabon. Met die terugstap neem sy afskeid van Luanda. Die eeue oue woonplek van sovele nasies is ’n senusiek, rustelose stad. Inwoners lyk of hulle ’n doodsvonnis gegee is. Hulle dra die stempel van oorlog: ’n deurmekaar paniek.

      Die sypaadjies en strate is stil. Met die Portugese se uittog het die stad veel van sy praal verloor. Soos wanhopige waaghalse wag die inwoners hulpeloos op die afrekening. Tuis luister sy na die radio, maar die inligting is bloot gerugte, vals berigte en MPLA-propaganda. ’n Oker skemerson verdwyn agter wolke. In die bos is dit nou oorlogstyd. Maar sy wil nie daaraan dink nie. Sy wens sy kan Gerard in die hande kry en hom oorreed om saam te kom. Tot dusver het dit nie saak gemaak dat sy bitter min van hom weet nie. Liefde is nie van feite aanmekaargesit nie. Sy nuus­agentskap het baie kantore regoor die wêreld. As hy ’n Afrika-korrespondent is, moes sy hom al raakgeloop het of ten minste sy naam by ’n artikel of berig ­gesien het. Dit is darem ’n leidraad om hom mee op te ­spoor.

      Sy weet net sy is onweerstaanbaar aangetrokke tot hom. Nie bloot op die sensuele, aardse manier van hul Benguela-hotelkamerervaring nie. Ook op ’n dieper gees­tes­­vlak.

      6

      Later die aand word sy wakker toe iemand aan die deur klop. Tot haar verbasing staan Gerard daar met ’n sak vol eet- en drinkgoed in sy arms.

      “Aandete,” sê hy en haal vir haar ’n bottel mineraalwater uit. Die kraanwater is afgesluit.

      “Dankie. Ek is jammer oor gisteraand se tjankery.”

      “Sommige meisies koop mans met hul trane, maar ek dink nie dit is jou styl nie.”

      Hulle ruil nuus uit en skakel die radio aan. ’n Aantal aankondigings oor Onafhanklikheidsdag word vanaand verwag. Op wêrelddienste hoor hulle praatjies van moont­like wapenstilstande in Angola, ’n sterk Kubaanse mag wat reeds in Afrika is en internasionale konferensies wat oor Angola gehou gaan word.

      Sy lyk uitgerus in tante Helena se wit katoenrok in ’n outydse boeremeisiestyl met ’n kartelhals, middel ingetrek met ’n vetergordel en uitskopromp. Haar denim en T-hemp hang nat op die draad. Haar kaal voete is rustig onder haar ingevou. Eenkant staan ’n gepakte tas gereed. Sy hoop sy mag dit saamneem. Dit is vol van tante Helena se aandenkings vir familie in Portugal.

      So sprankelend mooi het Gerard haar nog nie gesien nie. Sy lyk koel en vars waar sy teen die bankskouer sit-lê. Skielik wil hy meer as Benguela of die lang reis uit die suide van haar oorhou. Hy sit die transistorradio eenkant neer. Veraf klink geweervuur deur die reën op. Sy leun af­wagtend terug toe sy hande aan haar raak om die veters van haar toeryggordel los te knoop.

      Sy begeer hom met die hartseer verlange van iemand wat weet net hierdie een liefdesnag is haar dalk beskore. Die suiwer reuk van mineraalwater rus skoon op sy lippe. Verbysterend verleidelik glip sy koue tong na die warm plekkies agter haar nek.

      “Dit is malligheid,” prewel sy.

      “Wat anders is oorlog? Een lang, uitgerekte waansinnigheid. Jou skouers verlei my.” Hy vryf oor die kuiltjies in haar nek na die spiertjies tussen haar blaaie. Met twee duime masseer hy meer as die afgelope dae se moegheid weg. “Kom uit jou ivoortoring.”

      Vinger vir vinger vryf hy ’n sidderende warmte in haar in. Sy mond is meedoënloos: hy eis onverbiddelik soene op. “Die eerste keer toe ek jou op die stoep sien sit het, het ek geweet vanaand is ’n moet. Miskien is dit die verkeerde plek en verkeerde tyd, maar ek wil nie langer wag nie. Ons tyd saam is te kort.” Hy trek sonder seremonie sy hemp uit.

      “Ek ry môre Lissabon toe,” sê sy, maar dit is asof hy haar nie hoor nie. Dieselfde harde armhare wat haar in die trok van Benguela af gekrap het, vryf teen haar bors­deining. Die erotiese reuk van dag oue sweet gemeng met skerp seep kleef aan sy bolyf. Sy druk haar neus teen hierdie neuterige aroma. “Ek het jou die eerste dag oor jou rug begeer. Elke goddelike sentimeter van jou.”

      Liefdesloom neem hy sy tyd om haar dors vir hom te maak. “Jy is ’n droom,” sê hy en buig sy hande om haar heuprondings. Met elke aanraking weet sy liefde, hoe kortstondig dan ook al, is die enigste uitkomkans in hierdie wêreld op pad na selfvernietiging. Vanaand kies sy die kort­pad na geluk.

      “Jy is my reddingsboei,” bely sy en verstaan skielik verhale oor bemindes in die Tweede Wêreldoorlog en hul dringendheid om met hulle liggame aan mekaar te behoort. In enige oorlog is die grootste genade om nog ’n lewensdag saam met jou beminde in liefde te gedenk.

      Dan lê hulle naak langs mekaar, verwonderd oor die ligte sweetdruppels tussen hulle, al suis die reën koud en stormagtig neer. ’n Muur water hou die wêreld van hulle weg. Sy vingers rus tergend op al haar polse van begeerte – hemelse hartkloppies.

      Om die syerige ligbruin rosies van haar bolyf mandjie sy hande. Sy vryf sy nekspiere totdat hy sy oë toemaak en rustigheid oor hom spoel. “Moenie ophou nie,” smeek hy.

      Slap sak sy kop teen haar borsbeen. Golwend gly sy tong oor haar bolyf. Haar hande glip af na sy rugkruis en druk hom teen haar aan. Sy voel vreemd veilig, geborge en toevertrou aan hom. In hierdie genadelose wêreld is die band tussen hulle die enigste eerbied vir menslike lewe. Sy het geen waarborg die Yanks gaan terugkom nie. Waar sy vantevore sou aarsel omdat sy te veel gee en te min neem, is daar ’n ongelooflike vrede in haar.

      “Wat nou?” fluister hy, ingestel op elke stemming van haar geil liggaam. Sy skud haar kop asof dit nie saak maak nie, maar hy weet. “Môre het sy eie ongekende wonderwerke,” sê hy en sluit haar liggaam se grense oop. Sy leer geleidelik sy lyf se geborge geheime en raak bekend met sy driftige dieptes. Met gevoelige geduld ontdek hy haar lyf se verskuilde sonne totdat nuwe daerade stralend in haar breek. Vir ’n paar oomblikke ken hulle ’n onsterflike liefde se unieke geborgenheid: wanneer siel, liggaam en hart mekaar ontmoet en waarlik vry is.

      Hy trek die bank se gehekelde kombers oor hulle. ’n Fyn speseryerige reuk kleef aan hul velle. Buite val vlaag op vlaag reën. Sy voel ’n onomkeerbare stroom liefde vir Gerard. Dit is nie tiener-kalwerliefde nie of warmbloedige, onversadigbare wellus nie. Ook nie die diep, besitlike liefde van getroudes nie. Eerder ’n onvervangbare, onaantasbare brug wat tyd, plek en afstand oorspan.

      Sy hoor hom nie vroegoggend opstaan nie. Hy trek teer die tjalie oor haar en vee ’n paar los krulle uit haar gesig. Daarna stap hy uit sonder om om te kyk – te bang hierdie knus liefdesnessie trek hom weer in. Sy lyk onweerstaanbaar mooi.

      Esperanza skrik ’n uur of wat later wakker en sien verbaas die lug het oopgetrek. ’n Vliegtuig dreun laag oor tan­te­ Helena se huisie. Vanaand twaalfuur kry Angola sy ­onafhanklikheid. Vandag vlieg buitelandse afvaardigings ­in.

      Die gehekelde kombers tjalie haar naakte liggaam gesellig. Hunkerend lig sy dit om die speseryreuke daaraan te koester. Dit was ’n nag van geure: reën, rosekranse en vervulling. Sy wens sy was wakker toe hy geloop het. Daar is soveel dinge wat sy hom nog wou vra. Eenvoudige dinge wat minnaars van mekaar moet weet, soos ’n adres in Frankryk of selfs net ’n telefoonnommer.

      Dit is seker veels te veel om te verwag dat hierdie groot liefde langer as haar Luanda-besoek moet duur. Sy sal haar daarop moet instel, anders sal die teleurstelling soveel groter wees wanneer sy die werklikhede in Johannesburg in die oë moet kyk.

      Dalk was dit vir hom net nog ’n oorlogsavontuur. ’n Kantaantekening in sy dagboek langs die feite van die oorlog. Dié dat hy sonder om haar behoorlik te groet adresloos verdwyn het.

      Sal

Скачать книгу