Amper Einstein. Christien Neser

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Amper Einstein - Christien Neser страница 5

Amper Einstein - Christien Neser

Скачать книгу

het.”

      Sy vertel. Micha het baie goed met juffrou Gerda oor die weg gekom. In sy eie woorde is sy fantasties.

      “Toe ek instap met Micha en hom voorstel, toe sê die juffrou: ‘Fantasties!’ En nou is alles vir Micha ook fantasties. Hy is só ’n na-aper!” Sy lag met rooi oë. “Ek het in die motor gaan wag; ek weet mos die eerste dag is dinge gewoonlik stormagtig. ’n Uur later toe bel die juffrou. Micha het sy eerste uitbarsting gehad. Hy het gebyt en twee kinders geklap. En sy gewone skreeusessie gehad.”

      Leonard kyk na sy ma se hangskouers. Sy lyk soos ’n mis­handelde hond, ’n SPCA special wat gewoond is aan koes vir skoppe. Maar sy sal steeds opstaan om haar kind te be­skerm.

      “Ek het probeer verduidelik, maar die hoof wou glad nie na rede luister nie. Ek het in die klas gaan kyk waar die petalje gebeur het en dit was eintlik so onskuldig, as die juffrou net geweet het hoe om dit te hanteer. Jy weet mos hoe hy altyd sy karretjies in pare pak?”

      Leonard knik. Ja, hy ken Micha se manier van speel.

      “Nou ja, vanoggend het hy glo al die rooi karretjies en al die blou karretjies in pare gepak. Ongelukkig het hy die tasse­rak daarvoor gebruik. Toe die klok vir eerste pouse lui, het sy klasmaats hulle tasse uitgepluk om by hulle kosblikke te kom en natuurlik het hulle Micha se netjiese rye karre omgegooi en afgestamp. En toe …”

      Leonard kan hom die res voorstel: En toe verloor Micha dit. Soos soveel kere vantevore. Hy is eintlik bly dit het al op dag een gebeur.

      “Ma het nie veel van ’n keuse nie. As die skool ’n ultimatum gestel het, sal Micha ’n dokter moet gaan sien. So nie gaan Ma hom moet home-school.” Hy draai weg. “Bly ek is nie Ma nie!”

      Hy hoor haar snik toe hy met die trap opdraf na sy kamer. Die loft is vrek warm in die somer en yskoud in die winter, maar dis sy eie spasie. Die rukkie wat hy ’n kamer met Micha gedeel het, was die ergste tyd in sy lewe. Toe het sy pa die plafonspasie bokant die eetkamer vir hom in ’n kamer laat omskep. Dis geld wat sy pa baie beter kon gebruik het: om sy praktyk uit te brei, ’n nuwe rekenaar te koop, ’n assistent aan te stel, ’n moderner rolstoel te kry. Sy pa is ’n stil ou, maar wat hy doen, vertel dat hy omgee. Sy pa is oukei. ’n Bietjie heavy, maar hy’s oukei.

      Leonard rol die sak met brughoute oop wat Greeff vanoggend vir hom gegee het. Elkeen in die brugbouspan het dieselfde getal houte gekry. Hiermee moet hulle oefen om die sterkste moontlike brug te bou vir die kompetisie aan die einde van die maand.

      Hulle het al ’n hele paar modelle uitgetoets. Hulle het die gewig wat die brug kan dra elke keer verhoog, maar hy is steeds nie gelukkig nie. Daar móét ’n beter manier wees om die brug sterker te maak.

      Niemand weet presies wat hulle op die dag van die kompetisie in hulle brugboustel gaan kry nie. Ook nie hoe groot die spanwydte van die brug oor die afgrond gaan wees nie. Wat hulle wel weet, is dat hulle tou, tekenbord, gom en houte gaan kry. Hulle sal self die brug moet ontwerp, die houte sny, die laste lym en dan die ding bou. Estetika tel ook ’n paar punte, maar dis die dra­krag van die brug wat die belangrikste is. En dit alles moet binne vyf of ses ure gebeur. Wow, sug hy vir die hoeveelste keer, sal ’n zol hom kan help om ’n beter brug uit te dink?

      “Wat maak jy?” Dis Micha se robotstemmetjie agter hom.

      “Niks. Voetsek.”

      Hy draai sy rug op Micha en probeer die houte vinnig wegsteek. As die klein vloek dit beetkry, is dit klaarpraat. Hy moes verlede jaar twee projekte in die asblik gooi, want Micha het albei opgemors. Die kind is ’n eenmanverwoes­tingspan!

      “Wat het jy by die skool aangevang?” lei hy Micha se aandag af.

      “Juffrou Gerda is my juffrou. Juffrou Gerda is fantas­ties.”

      Leonard ken al sy boetie se manier om moeilike vrae te ont­duik. Die klein pes weet hy’s uitgevang: sy hand begin al klaar by sy oor rondflapper.

      “Ek hoor jy was stout. Het jy iemand gebyt?” vra Leonard ekstra gevoelloos.

      “Ja.”

      “Gespoeg?”

      “Ja.”

      “Geskop?”

      “Ja. Micha wil jou stokkies sien. Micha wil ietsie maak.”

      “In jou drome! Loop voordat ek jou vir die hond gaan gooi. Sommer nou?” Leonard staan dreigend op.

      Micha retireer gang toe en begin kermend huil.

      Leonard ignoreer hom. Hy begin weer die foto’s van hul brugboupogings deurkyk wat hy met sy selfoon geneem het. Iewers mis hulle nog iets. Laas jaar se wenbrug was die lelikste een van die lot, maar dit kon die swaarste gewig dra. Hy kou ingedagte aan die punt van sy hempskraag. Net jammer dis onmoontlik om hulle na te boots, want alles hang af van die spesifikasies wat hulle gaan kry.

      Toe hy sy ma se voetstappe op die trap hoor, spoeg hy sy kraag se punt uit. Hier kom al weer ’n uittrapsessie. Hy eet sy hemde op en geld groei nie aan bome nie, verwyt sy ma gereeld.

      “Leonard.” Sy verskyn in die deur en kom stadig nader.

      Hy ken haar al: sy soek ’n guns.

      “Ja, wat?” vra hy ongeskik.

      “Wat doen jy volgende Vrydagmiddag?”

      “Hoekom wil Ma weet? Ek is altyd Vrydae by Greeff of Jarred. Ma weet mos.”

      “Ek het jou hulp nodig. Pappa kan my nie help nie, hy doen Vrydagmiddag sy voorlegging, voor die hoofbestuur van Inkomste.” Haar oë skiet vol trane. “Asseblief, Lennie, ek kan nie alleen gaan nie. Ek sal Micha nie alleen kan hanteer nie!”

      “Waarnatoe, Ma?”

      Sy snuit haar neus en vee haar oë af. “Juffrou Gerda het gebel. Die skoolhoof het vir Micha ’n afspraak by ’n neuroloog gekry. Volgende Vrydag drieuur. Ons sou twee maande moes wag vir ’n opening, maar daar was ’n kansellasie.”

      Hy prop die houte terug in die seilsak en glimlag stram vir haar. “Oukei, Ma. Ek sal saamgaan.”

      Hy voel omtrent hoe sy ribbes kraak toe sy hom vasdruk. Iets in hom verkrummel en hy vee oor haar hare.

      “Wat eet ons vanaand? Moet ek en Micha van lug lewe?” Hy sien nou eers sy boetie wat doodstil agter sy ma weggekruip het.

      Leonard gryp hom en dra hom spartelend en kop onderstebo trap-af. Micha gil van lekkerkry. Hoe rowwer jy met die outjie speel, hoe meer geniet hy dit, besef Leonard opnuut. As Micha so lekker lag, is dit moeilik om nie vir hom lief te wees nie.

      Maar vir die soveelste keer gooi Micha ’n spanner in Leonard se ratwerk: Vrydagmiddag se brugbou is in sy kanon in.

      5

      “Wil jy een hê?” Hannelore hou ’n kosblik met versierde kolwyntjies na Leonard uit. Die een lyk lekkerder as die ander.

      “Dis my ma, jong,” sug sy. “Sy dink ek is te maer. Nou kry ek elke dag genoeg kos om ’n kindertuin te voed.”

      Leonard haal die

Скачать книгу