Slagyster. Rudie van Rensburg

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Slagyster - Rudie van Rensburg страница 7

Автор:
Серия:
Издательство:
Slagyster - Rudie van Rensburg

Скачать книгу

Karoostilte. Hoe de fok het ek gedink ek kan hiermee wegkom? flits dit deur Carl se gedagtes. Meteens sien hy die gate in sy patetiese Lotto-storie. Hy moes tog geweet het Wessels sal nie vir so ’n kakstorie val nie. Hoe het die man geweet om onder die krans te gaan snuffel?

      Carl swyg, pers sy lippe opmekaar. Wat is daar om te sê?

      Toe Wessels weer praat, doen hy dit stadig, elke woord afgemete. “Carl, ek weet van die geld wat jy gevat het. Jy moes jou redes hê. Ek het dit nie van jou verwag nie, maar ek was nie in jou situasie nie. Dalk sou ek dit ook oorweeg het.”

      Hy tik met sy vingers op die stoel se armleuning. “Net ek weet hiervan. Ek is nie hier om jou te kom arresteer nie. Ek is hier om jou ’n aanbod te maak. Een wat jy ongelukkig nie van die hand kan wys nie.” Hy bly ’n oomblik stil. “Anders sal ek my plig as polisieman moet nakom.”

      Sy voorkop is geplooi. “My aanbod is die volgende: Jy hou jou geld, jou plaas. In ruil vir my stilswye doen jy vir my een laaste taak. Ek het ’n mol nodig vir ’n ernstige aangeleentheid. Die CIA was al by my daaroor. Die druk is kwaai op ons om die ding op te los. Dit het wêreldwye implikasies. Ons gaan dit nie regkry deur die gewone strukture nie. Ons kort iemand met jou talente om hom in te grawe, soos jy met die dwelmsindikate gedoen het.”

      ’n Benoudheid kom sit in Carl se borskas. Nie wéér nie. Die fok alleen weet, hy sien nie kans daarvoor nie. Hy het daardie nagmerrie diep ingespit tussen sy herinneringe.

      Maar het hy ’n keuse?

      “Ek plaas my posisie op die spel deur jou diefstal te verswyg en hierdie aanbod te maak. Ek is bereid om die kans te waag. Die erns van die saak regverdig dit. As daar een persoon is wat dit kan oplos, is dit jy,” sê Wessels.

      Carl se besoeker kom skielik orent, die doel van sy besoek oënskynlik afgehandel. “Ek verwag nie nou ’n antwoord van jou nie. Ek gee jou twee weke kans om daaroor na te dink en om moontlik ’n voorman te kry om jou plaas in jou afwesigheid te bestuur.”

      Hy glimlag, maar daar is ’n siniese trek om sy mondhoeke. “Ek weet immers jy kan so iemand bekostig.” Hy kug. “Die opdrag kan lank neem, moontlik ses maande, ’n jaar, dalk twee.”

      Hy stap voordeur toe. Carl volg hom in stilte, soos soveel kere as hulle ’n vergadersaal verlaat het.

      “Bel my as jy besluit het. Dan spreek ons af wanneer ek jou volledig kan inlig,” sê Wessels op die stoep.

      Carl wil hom aan die arm gryp, hom vertel waarom hy dit gedoen het. Dat dit in ’n oomblik van swakheid was dat hy die geld gevat het. Dat hy nou bitter spyt is daaroor. Dat sy gewete hom tot in die diepste afgrond ry en hy eintlik ’n leuen leef. Sy gedagtes spring rond tussen verskeie relase.

      Maar toe Wessels sy motordeur oopmaak, vra hy net: “Die opdrag. Waaroor gaan dit?”

      Wessels tuur vir ’n oomblik in die verte, asof hy nie nou al inligting daaroor wil verstrek nie. Hy draai sy kop terug na Carl. “Onwettige wapenhandel.”

      Hy staar die Merc se stofstreep agterna. Sy mond is droog. Hy weet nie of hy verlig moet wees nie.

      6

      Dis Lea. Sy hoor onmiddellik daar is groot fout. Lea se woorde kom hortend tussen die snikke: “Hulle het Ryan ontvoer! Die soldate en werkers wat saam met hom was, is doodgeskiet!”

      Amelia Smit probeer haar bes om die paniek uit haar eie stem te weer. “Ek kom onmiddellik.” Sy sit die gehoorbuis neer en gryp haar motorsleutels.

      Lea gaan haar ondersteuning nou broodnodig hê. Sy kan haar net indink watter emosies haar beste vriendin moet beleef. Dit moet skrikwekkend wees om te hoor jou man is in die wildvreemde deur ’n klomp barbare ontvoer. Sy weet Lea het haar dood bekommer oor Ryan se werk in Nigerië. As ingenieur was hy voortdurend blootgestel aan gevaarlike omstandighede in die rebelgeteisterde olievelde. Maar hy sou oor ’n week huis toe kom vir sy halfjaarlikse besoek en Lea kon die afgelope paar weke nie uitgepraat raak oor dié vooruitsig nie.

      Dit was reeds vir Lea moeilik om die verantwoordelikheid van ’n huishouding alleen te dra. Hul tweelingdogters is vanjaar hoërskool toe en Ryan kom net elke ses maande vir ’n week of twee. Amelia weet Lea beskou haar nie net as ’n vertroueling nie, maar ook as ’n steunpilaar wat haar in haar enkelouerpligte onderskraag en die las van haar man se afwesigheid ligter maak. Sy het weer in Lea ’n nuttige klankbord as sy ’n sekere soort artikel skryf. Haar insig in die joernalistiek is soms verstommend vir iemand wat oënskynlik in ’n droomwêreld rondsweef.

      Die spitsverkeer in Johannesburg laat Amelia swets. Dit gaan nie help om ongeduldig te raak nie, maan sy haarself. Sy gaan minstens vir nog ’n uur op die pad vasgevang wees.

      Haar gedagtes keer onwillekeurig terug na haar druk werkslading. Die dringendste spertyd is nou dié van Finweek, wat wag vir haar artikel oor patentregte. Gelukkig het sy klaar al die onderhoude gevoer, haar notas is reg en sy kan net begin skryf. Dan wil Time ’n artikel oor die Suid-Afrikaanse regering se grondhervormingsplanne hê. Dit gaan ’n klomp sweet verg. Sy het al die rolspelers gelys, maar moet nog met hulle onderhoude voer. Rapport soek ’n diepliggende artikel oor die Chinese militêre ontwaking. Sy sal navorsing moet doen. Vandat sy drie maande in China deurgebring het vir Time, word sy as ’n kenner van dié wêrelddeel beskou. Sy het egter nooit op hul militêre spierkrag gefokus nie.

      Maar niks daarvan is nou belangrik nie. Sy kan altyd mooipraat om die spertye te verleng. Haar vriendin is haar eerste prioriteit. Sy glimlag. Snaaks hoe haar en Lea se paaie ses jaar gelede toevallig gekruis het, en nou is hulle haas onafskeidbaar, minstens twee keer ’n week bymekaar.

      Amelia het haar ontmoet toe sy nog by die koerant was. Sy het as ’n guns vir die kunsredakteur ingestaan by ’n uitstalling van ’n klomp belowende skilders. Lea was een van hulle. Amelia was versot op haar werk en het drie skilderye gekoop. Sy en Lea het begin gesels en hulle het onmiddellik by mekaar aanklank gevind.

      Hulle het baie gemeen. Dink dieselfde oor goed. “Ons is soos bloedsusters!” het Lea uitgeroep toe hulle onlangs vir die soveelste keer soortgelyke opmerkings maak, dié keer oor ’n gemeenskaplike kennis. Dit is asof hulle mekaar se gedagtes kan lees, daarom weet Amelia deur watter hel haar vriendin nou gaan.

      Amelia neem die afrit na Lea-hulle se huis in Sandton.

      Terwyl sy voor die groot dubbelverdieping uitklim, hardloop Lea en haar twee dogters haar tegemoet. Lea huil en die tieners lyk bleek en beangs. Hulle stap saamgebondel na die huis.

      Lea bewe toe hulle by die voordeur instap. “Hier was ’n man van Ryan se maatskappy. Hy het my kom vertel Ryan is gister deur ’n rebellegroep ontvoer. Hulle was besig om iewers in die boendoes ’n oliepypleiding te herstel. Die rebelle het hom en twee van sy Europese kollegas ontvoer, die ander is doodgeskiet. Daar was ’n offisier en twee en twintig Nigeriese soldate en werkers.”

      “Wil hulle ’n losprys hê?” vra Amelia.

      “Hulle het nog nie met die maatskappy kontak gemaak nie, maar die man sê hy vermoed hulle sal binnekort hul eise stel.”

      “Hoe hanteer die maatskappy sulke eise? Betaal hulle net voor die voet?”

      “Ek weet nie … Ek was nog nie in só ’n situasie nie … en ek het nie daaraan gedink om die man te vra nie,” stotter Lea. “Ek neem aan hulle betaal … Here, ek vertrou so.”

      Amelia

Скачать книгу