Anna Atoom en die digitale draak. Elizabeth Wasserman

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Anna Atoom en die digitale draak - Elizabeth Wasserman страница 1

Anna Atoom en die digitale draak - Elizabeth Wasserman

Скачать книгу

      

      Anna Atoom

      en die

      digitale draak

      Elizabeth Wasserman

      Tafelberg

      Vir Burhinus capensis,

      en al die ander spesies wat hul kleintjies met soveel moeite grootmaak.

      Alfabetiese lys van begrippe

      AardWag – Die weerstasie op MonPetit-eiland, met al sy gesofistikeerde toerusting, word soms die AardWag genoem omdat die aarde se klimaat daar dopgehou word.

      BioTron – ’n Mens of dier wat gedeeltelik ’n robot is, soos Pip, Anna se boetie. Gewoonlik lyk ’n BioTron net soos sy maats, maar het ’n rekenaar vir ’n brein. Sommige spiere en sintuie kan versterk wees met elektronika. Daarom kan ’n BioTron soms verbasende dinge doen, maar dit hang af van watter funksies ingebou is.

      Digitaal – Rekenaars en ander datasisteme verwerk die wêreld in syfers. Klank en liggolwe, byvoorbeeld, is aan­eenlopend, maar om dit na ’n sein om te skakel, kan dit afgebreek en omgesit word in ’n spesifieke waarde, soos ’n syfer. Rekenaars gebruik gewoonlik net die syfer 1 en 0, of ’n ander vorm van ’n ja/nee-boodskap, in oneind­ige kombinasies.

      Gasmasker – ’n Gevorderde filter wat oor jou mond en neus pas om jou teen giftige gasse te beskerm. Die gasmaskers wat die Atoom-familie gebruik, is lig en gemaklik en het ook ’n ingeboude katalisator wat suurstof uit waterdamp kan herwin.

      Hologram – ’n Driedimensionele beeld wat geskep word met ligstrale. Die organisasie waarvoor Anna se ouers werk, gebruik hologram-kommunikasiestelsels. Dit be­teken dat hul lewensgetroue beelde onverwags op ’n ander plek kan verskyn.

      JetKopter – Dit is ’n gevorderde soort vliegtuig waarmee die Atoom-familie reis. Die vlerke kan roteer soos die lemme van ’n helikopter, wat die JetKopter in staat stel om loodreg op te styg en weer te land.

      Kwantumfisika – Dit is die afdeling van die wetenskap waarin die eienskappe van subatomiese deeltjies van materie en energie beskryf word volgens ’n stel matematiese formules. Vir gewone mense klink die beginsels wat dit beskryf ongelooflik vreemd, maar wetenskaplikes gebruik dit om die heelal en alles daarin te verklaar. Kwantumfisika vorm ook die basis van ongelooflike uitvindsels soos atoomenergie en rekenaars met supergeheues.

      MonPetit-eiland – Dit is een van die kleiner bewoonbare eilande in die Seychelle-eilandgroep, net suid van die ewenaar in die Indiese Oseaan. Dit is die tuiste van die merkwaardige Atoom-familie.

      Persoonlike Kommunikeerder – ’n Kompakte kommunikasietoestel wat elke lid van die Atoom-familie aan die arm dra soos ’n polshorlosie. Dit het ’n klein beeldskerm waarop jy die persoon kan sien met wie jy kommunikeer.

      Kunsmatige intelligensie – Masjiene wat slim genoeg is om vir hulself te kan dink. Hulle kan dinge op hul eie doen sonder om bevele van mense te ontvang. Maks, die superrekenaar wat MonPetit-eiland se weerstasie beman, is ’n goeie voorbeeld hiervan. Hy is dolverlief op U6, die rekenaar wat die RuimteArk beheer.

      Molekulêre Verplaser – Hierdie apparaat kan die aantrekkingskrag tussen die molekules in jou liggaam kanselleer. Dan kan jou losgemaakte molekules teen ’n hoë spoed na ’n ander plek verplaas word en daar weer aanmekaargesit word in jou oorspronklike vorm. As dit werk, sal dit ’n fantastiese manier wees om van een plek na ’n ander te reis. Verkeersknope sal iets van die verlede wees! Ongelukkig kon niemand nog ’n Molekulêre Ver­plaser bou wat veilig werk nie.

      Molekulêre Versteller – ’n Instrument wat tydelik die beweging van die molekules in jou liggaam verander. Dit kan gebruik word om sekere siektes te genees, en ook om jou breingolwe en denkpatrone te verander. Admiraal Atoom het dit oorspronklik ontwerp om dit makliker te maak om met gevaarlike diere te werk, aangesien die Versteller hulle heeltemal mak maak – minstens vir ’n tydjie lank.

      Ondergrondse Skandeerder – ’n Instrument wat die samestelling van grondlae en voorwerpe onder die grond ondersoek. Dit werk met klankgolwe, amper soos ’n X-straal van die grond of seebodem.

      Onderwater-verkenner – Die klein duikboot wat die Atoom-familie gebruik om die see te verken. Dit is goed toegerus om verskillende opmetings van die see en die seebodem te doen, en monsters te neem vir verdere ont­leding in die laboratorium op MonPetit.

      RuimteArk – Dit is die ruimtestasie waarin die admiraal bly. Dit dien ook as ’n versamelplek vir alle dierespesies op aarde. ’n Wyfie en ’n mannetjie van elke spesie word daar bewaar ingeval iets rampspoedigs met die aarde sou gebeur.

      Siklotron – Dit is ’n gesofistikeerde apparaat waarmee wetenskaplikes subatomiese partikels tot ’n geweldige hoë spoed kan laat versnel. Dit word gebruik in eksperimente wat ons meer leer oor atome en wat probeer ver­klaar hoe die heelal dalk kon ontstaan het.

      Vlione – Bioniese vuurvliegies propvol tegnologie wat gebou is om die toestande in vulkaniese grotte te monitor. Hulle versend data na die AardWag, en dit help om vulkaniese uitbarstings en aardbewings te voorspel.

      Waterlong – ’n Klein toestel waarmee jy suurstof direk uit die water kan suig, baie soos die kieue van ’n vis. Dit stel jou in staat om so lank as wat jy wil onder die water te swem sonder die lomp suurstofbottels wat duikers gewoonlik gebruik.

      Die karakters in die boek

anna.jpg

      Anna Atoom

rule.jpg

      Anna is amper veertien jaar oud. Sy het kort, donker hare wat net nie plat wil lê nie. Sy is mal oor die see en hou seeslakke aan as troeteldiere. Sy het ’n boetie genaamd Pip.

sabatina.jpg

      Professor Sabatina Atoom

rule.jpg

      Sy is Anna en Pip se ma. Sy is ’n wetenskaplike wat die weerstasie op MonPetit-eiland monitor. Haar werk hou haar baie besig.

abraham.jpg

      Admiraal Abraham Atoom

rule.jpg

      Anna en Pip se pa. ’n Ongeluk vroeër met ’n Molekulêre Verplaser het die aantrekkingskrag tussen die molekules in sy liggaam verbreek. Daarom kan hy nie meer die swaartekrag van die aarde weerstaan nie en moet hy in die ruimte bly.

pip.jpg

      Pip Atoom

rule.jpg

      Anna se boetie. Hy is ’n BioTron en dus half mens, half robot. Hy kan wonderlike dinge doen,

Скачать книгу