Anna Atoom en die digitale draak. Elizabeth Wasserman

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Anna Atoom en die digitale draak - Elizabeth Wasserman страница 8

Anna Atoom en die digitale draak - Elizabeth Wasserman

Скачать книгу

kêrel!” sê Ton. Maar Brak het net een ding in sy rekenaarkoppie: hy wil by Anna uitkom. Toe sy wakkerwordprogram vanoggend aangeskakel het, op die kop sesuur soos gewoonlik, was sy eerste gewaarwording dat Anna nie in haar bed is waar sy hoort nie. Sy sensitiewe elektroniese neus het hom dadelik vertel in watter rigting sy is en hy het haar reuk gevolg.

      Hy is geprogrammeer om by haar te wees, en hy sal aanhou spartel totdat hy hom kan loswoel om weer by haar uit te kom.

      “Jy sal haar kan kry, nè, outjie?” besef Ton. Hy druk die wriemelende robothond ferm maar versigtig onder sy een groot arm vas, terwyl hy die Persoonlike Kommunikeerder wat hy om sy pols dra met die ander hand losgespe. Hy stel die Kommunikeerder sodat dit klank en videobeeld na Maks sal versend, en glip dit oor Brak se kop. Dan gespe hy dit stewig vas sodat die lens van die miniatuurkamera vorentoe kyk.

      “’n Mooi nuwe halsband vir jou!” sê Ton en sit Brak weer netjies op sy pote neer. Soos blits glip die outjie weg en verdwyn deur die spleet in die rots. Ton hoor sy geblaf al hoe verder wegkwyn agter die rotswand.

      Ton onthou die kaart van die netwerk tonnels en grotte wat Maks vir hulle op die rekenaarskerm gewys het. As Anna onnosel genoeg was om haar in hierdie tonnel te begewe, is die kans baie goed dat sy sal verdwaal.

slakke.jpg

      Tyd en tydsones

      Ure, minute en sekondes is hoe ons tyd meet. Horlosies is die instrumente waarmee dit gemeet word. Vir ons voorvaders was dit genoeg om tyd te meet volgens die seisoene, die fases van die maan, en dag en nag. Maar soos wat die beskawing ontwikkel het en mense besiger geraak het, was dit nodig om die tyd in fyner stukkies op te sny. “Kom ons ontmoet die dag na die nuwe maan, sodra die son hoog sit!” Die kans is goed dat julle nie al twee op presies dieselfde tyd by daardie ontmoeting gaan aankom nie. As jy baie ander dinge het om te doen, gaan dit jou irriteer.

      Die ou Egiptenare was die eerste mense wat daaraan gedink het om die ure van daglig en donker elk in twaalf op te deel, en so het die 24 uur-horlosie soos wat ons dit ken, ontstaan. Elke uur is later nog fyner verdeel in 60 minute, en elke minuut in 60 sekondes.

      Die presiese lengte van ure, minute en sekondes is aanvanklik volgens die beweging van ons planeet om die son bereken. Maar later het ons agtergekom dat dit nie so konstant is as wat ons eers gedink het nie, en deesdae definieer ons ’n sekonde as “die duur van 9 192 631 770 periodes van die straling wat oor­eenstem met die oorgang tussen twee hiperfyn vlakke van die grondstaat van die sesium 133-atoom”.

      Dit is nogal moeilik om sin daarvan te maak.

      Om tyd te meet, raak nog meer ingewikkeld omdat dit nie ewe laat is op verskillende dele van die aardbol nie. Die dag breek eerste in die Ooste, en wanneer ma’s in Tokio hul kinders uit die bed boender vir die nuwe skooldag, is die outjies in New York nog besig om na die vorige aand se televisieprogramme te kyk. Om te keer dat dit chaos veroorsaak, is die wêreld opgedeel in tydsones. Al die streke wat in dieselfde tydsone val, stel hulle horlosies op dieselfde uur.

      Hoe laat is dit nou in New York?

      Besoek http://www.timeanddate.com/worldclock/ om uit te vind!

slakke.jpg

      Anna se robothond kan selfs beter ruik as ’n gewone hond. Ton is seker Brak sal vir Anna kan opspoor, en haar hopelik ook kan help om haar pad weer terug te kry. Met die Persoonlike Kommunikeerder om Brak se nek het hulle minstens nou ’n kans om te sien wat daar diep onder die aarde gebeur, en om hopelik weer kontak met Anna te maak.

      Ton sug. ’n Mens sou dink dit is maklik om kinders groot te maak op ’n afgesonderde plek soos MonPetit-eiland, sonder besige strate en rondloperboewe. Met Anna weet mens egter nooit nie: die meisiekind het ’n onfeilbare talent om gedurig in die moeilikheid te beland!

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4AAQSkZJRgABAQEBLAEsAAD/4RMkRXhpZgAATU0AKgAAAAgADAEAAAMAAAABDSAAAAEBAAMA AAABCdQAAAECAAMAAAAEAAAAngEGAAMAAAABAAUAAAESAAMAAAABAAEAAAEVAAMAAAABAAQAAAEa AAUAAAABAAAApgEbAAUAAAABAAAArgEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAeAAAAtgEyAAIAAAAUAAAA 1IdpAAQAAAABAAAA6AAAASAACAAIAAgACAAtxsAAACcQAC3GwAAAJxBBZG9iZSBQaG90b3Nob3Ag Q1M1IE1hY2ludG9zaAAyMDEzOjA3OjA0IDEwOjA0OjEwAAAEkAAABwAAAAQwMjIxoAEAAwAAAAH/ /wAAoAIABAAAAAEAAAZAoAMABAAAAAEAAAoAAAAAAAAAAAYBAwADAAAAAQAGAAABGgAFAAAAAQAA AW4BGwAFAAAAAQAAAXYBKAADAAAAAQACAAACAQAEAAAAAQAAAX4CAgAEAAAAAQAAEZ4AAAAAAAAA SAAAAAEAAABIAAAAAf/Y/9sAQwAIBgYHBgUIBwcHCQkICgwUDQwLCwwZEhMPFB0aHx4dGhwcICQu JyAiLCMcHCg3KSwwMTQ0NB8nOT04MjwuMzQy/9sAQwEJCQkMCwwYDQ0YMiEcITIyMjIyMjIyMjIy MjIyMjIyMjIyMjIyMjIyMjIyMjIyMjIyMjIyMjIyMjIyMjIyMjIy/8AAEQgAeABLAwEhAAIRAQMR Af/EAB8AAAEFAQEBAQEBAAAAAAAAAAABAgMEBQYHCAkKC//EALUQAAIBAwMCBAMFBQQEAAABfQEC AwAEEQUSITFBBhNRYQcicRQygZGhCCNCscEVUtHwJDNicoIJChYXGBkaJSYnKCkqNDU2Nzg5OkNE RUZHSElKU1RVVldYWVpjZGVmZ2hpanN0dXZ3eHl6g4SFhoeIiYqSk5SVlpeYmZqio6Slpqeoqaqy s7S1tre4ubrCw8TFxsfIycrS09TV1tfY2drh4uPk5ebn6Onq8fLz9PX29/j5+v/EAB8BAAMBAQEB AQEBAQEAAAAAAAABAgMEBQYHCA

Скачать книгу