Anna Atoom en die digitale draak. Elizabeth Wasserman

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Anna Atoom en die digitale draak - Elizabeth Wasserman страница 5

Anna Atoom en die digitale draak - Elizabeth Wasserman

Скачать книгу

hierdie omgewing. Die seun waai vir die lang man wat staan en kyk hoe sy twee werkers pakkies en kruideniersware uit die kattebak van ’n gehuurde trok laai. Die seun se ma verkoop gereeld kaas en melk aan die lang rooikopman, en omdat sy ’n gawe vrou is, het sy vir hom ’n mus gebrei baie soos die een wat haar seun dra. Sy wou hom welkom laat voel hier in die afgeleë berge.

      Uranus, wat van uitspattige kleredrag hou, het die mus onmiddellik opgesit en gereken dit pas uitstekend by sy donkergroen fluweeljas. Hy het ‘n paar rooi Cowboy-stewels aan wat hy op die klein dorpie onder in die vallei gekoop het. In die koue weer dra hy sy geliefde pienk hasiepantoffels slegs wanneer hy by sy lessenaar sit en werk.

      Brik en Frik steun onder die gewig van die pakkies.

      “Sjoe, wat het jy hierin, baas?” wil Brik weet. Hy sukkel nog om aan die dun lug hier bo in die berge gewoond te raak, en hy hyg na sy asem.

      “Hou op kla en roer julle!” snou Uranus en stap vooruit na die skuur toe.

      Dit is nie ’n weelderige woonkwartier nie. Brik en Frik slaap in die solder op twee lendelam ysterkatels met matrasse homperig gestop met hooi. Uranus slaap bykans nooit nie, want hy werk dag en nag aan sy nuwe plan. Brik en Frik beskou nie sy aktiwiteite as werk nie, want vir hulle lyk dit net asof hy op die gehawende rusbank voor die vuurherd lê terwyl hy voor hom uitstaar. Nou en dan spring hy kiertsregop en krabbel iets in ’n groot nota­boek.

      “Dink jy die baas is depressief?” wil Brik by Frik weet.

      “Wetie,” antwoord Frik stompweg. “Met hom weet mens nooit nie. Hy is half gek, as jy my vra.”

      “Maar hy betaal ons goed!” grynslag Brik, en die twee lag saam voor hulle weer begin kaart speel in die hoek.

      Doktor Draak is glad nie so lui as wat hy vir sy twee handlangers lyk nie. Sy briljante brein was nog selde so aktief. ’n Man soos hy pak nie al sy eiers in een mandjie nie. Sy plan met die oorgroeiing van alge en ook met die verskuiwing van die aarde se magnetiese as het toe nie gewerk nie. Maar deur sy lang loopbaan as wetenskaplike het hy al aan meer as een manier gedink om van die oormag van mense op aarde ontslae te raak.

      Want Uranus Draak haat die feit dat daar agt miljard Homo sapiens is wat die aarde in ’n stadige wurggreep beklem, en stelselmatig alle natuurlike ekosisteme uitwis om aan hul behoeftes van kos en brandstof te voldoen.

      “Verkeersknope!” gil hy skielik.

      Die twee wat sit en kaart speel, kyk skeef op. Het hulle baas ingedommel en ’n nagmerrie gehad? Of is dit maar net weer een van sy streke?

      “Inkopiesentrums!” gil Uranus weer, en koue sweet slaan oor sy bleek voorkop uit.

      As hy kan ontslae raak van die massas mense, sal die natuur gou weer die oorhand kry met behulp van die tegnologie wat hy saam met GROEN ontwikkel het. Die Bio­Golf-tegnologie wat hy ontwikkel het, kan die reënwoude en natuurlike grasvelde weer supervinnig laat groei, terwyl die diere in die RuimteArk weer hul regmatige plek kan inneem.

      ’n Nuwe aarde, sonder die besoedeling van die twee­beenparasiete!

      Hy pluk ongeduldig aan die twee vlegsels van sy baard. Wat vat Haringblad so lank? Hy is doodseker dat die berekeninge wat hy aan hom deurgestuur het, korrek is. Teen hierdie tyd moes Haringblad dit al reggekry het om die nuwe element te sintetiseer.

      Hoekom hoor hy niks van hom nie?

      Hy vroetel weer met sy skootrekenaar. Geen nuwe e-posboodskappe nie! Dat hy, Uranus Draak, die grootste wetenskaplike wat die wêreld nog ooit gesien het, moet afhanklik wees van gewone e-pos op ’n skootrekenaar om met Haringblad te kommunikeer, steek hom dwars in die krop.

      Hy was gewoond daaraan om deur middel van U6, sy superrekenaar wat vanaf die RuimteArk opereer, in kontak te wees met alles en almal. Haar kragtige databanke het sy briljante brein aangevul en met haar holografiese projektors kon sy haar baas se beeld onmiddellik na al sy kollegas in GROEN versend, sodat hulle so te sê van aangesig tot aangesig kon gesels net wanneer hulle wou. Doktor Uranus Draak het mag gehad.

      Nou het GROEN teen hom gedraai, U6 weier om met hom te praat en hy word gesoek deur die Internasionale Polisiediens op aanklag van sabotasie en poging tot moord. Twee keer het hy probeer om admiraal Abraham Atoom van kant te maak, maar elke keer het sy ou vriend die aanslag oorleef. Hy knel sy vuiste saam in woedende desperaatheid totdat die kneukels blou deur sy bleek, sproe­terige vel wys. Dit is alles so frustrerend! Hy staan weereens op die punt om iets wonderliks te verrig – om iets te maak wat die wetenskap vir altyd sal verander. Maar weens sy ballingskap moet hy staatmaak op die werk van die lamlendige Haringblad, ’n tweederangse wetenskaplike wat toegang het tot die atoomversnellerfasiliteite in Switserland.

slakke.jpg

      Hoe voel jy oor syfers en getalle?

      Baie mense is versigtig vir somme en syfers. Sommige is so bang daarvoor dat daar selfs ’n naam is vir hulle toestand: aritmofobie. Dit klink nogal baie soos aragnofobie, wat ’n vrees vir spinnekoppe is.

      Maar syfers is glad nie so grillerig soos spinnekoppe nie.

      Dink daaroor: syfers bestaan nie regtig nie. Het jy al een oggend opgestaan en jou toon teen ’n syfer, ’n nommer of ’n getal gestamp?

      Getalle is bloot woorde wat ons gebruik om abstrakte begrippe van hoeveelheid te beskryf. Vier boontjies, tien tone. Eenvoudig genoeg, maar dit het die slim mense nie lank geneem om te besef dat syfers ’n mens in staat stel om allerhande dinge omtrent die wêreld waarin ons leef uit te werk en te verklaar nie – byvoorbeeld die roete van die planete en hoeveel skape nodig gaan wees om genoeg wol te hê om veertien truie te brei.

      Wiskunde is gebore. Sommige entoesiaste beskryf dit as die taal van die heelal: as jy vriende kan maak met syfers, mag jy dalk die storie van die sterre ontsluit.

slakke.jpg

      As Haringblad net sy instruksies ordentlik uitvoer … Hy gaan weer sy berekeninge na. Die blaaie van die verslete notaboek is gevul met ingewikkelde wiskundige berekeninge. Iemand wat hierdie vreemde taal kan lees, sou verstaan dat wat daar neergeskryf is, die spoed en omstandighede aandui waarteen ’n komplekse chemiese reaksie kan plaasvind. ’n Reaksie wat sal lei tot iets wat bykans ondenkbaar is: die skepping van ’n splinternuwe element!

      Doktor Draak spring orent en stap na die muur waarteen ’n groot kaart van die periodieke tabel opgeplak is. Hy druk met sy benerige vinger op die punt regs onder, waar die tabel ophou. Hier, net hier, gaan hy wat Uranus Draak is ’n verandering maak. Binnekort sal hierdie tabel oor gedruk moet word om die wonderlike nuutste element te bevat – hy het besluit om dit Drakium te doop.

      Hy glimlag selftevrede.

      Die wêreldgeskiedenis sal Uranus Draak nog lank onthou.

      Die nuwe element

      Hannes Haringblad is ’n valerige man. Hy is van gemiddelde lengte, en sy kuif kleef dun aan sy olierige voorkop.

      Hy is die soort ou by wie jy sal verbyloop sonder dat jy agterna ’n beskrywing van hom sal kan gee.

Скачать книгу