Anna Atoom en die digitale draak. Elizabeth Wasserman

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Anna Atoom en die digitale draak - Elizabeth Wasserman страница 6

Anna Atoom en die digitale draak - Elizabeth Wasserman

Скачать книгу

dusver was ook nie merkwaardig nie. Hy is die middelste van drie kinders. Sy pa is die posmeester op ’n klein plattelandse dorpie en het hom na ’n redelike goeie skool gestuur, waar sy prestasie net ­sodanig was dat die onderwysers nooit spesiale moeite met hom hoef te gedoen het nie. Daarna is hy na ’n universiteit met ’n gemiddelde reputasie en hy het al sy vakke deurgekom sonder om homself te onderskei.

      Maar in Hannes Haringblad se hart brand daar ’n vurige ambisie. Teen sy kamer se mure het hy foto’s van Einstein, Niels Bohr en ander beroemde wetenskaplikes opgeplak. Hy droom daarvan om eendag die Nobelprys vir fisika te wen, al twyfel hy diep in sy hart of dit hom ooit beskore sal wees.

      Sy hardwerkendheid en stille betroubaarheid het hom wel ’n pos in een van die wêreld se voorste navorsingsfasiliteite besorg. Hy is nou al die afgelope vyf jaar ’n junior assistent by die Instituut vir Atoomontleding in Switserland, maar dit het nie gelyk of hy gou ’n bevordering gaan kry nie. Totdat hy doktor Uranus Draak ontmoet het!

      Die rooikopwetenskaplike het geweet net hoe om Ha­ringblad om sy pinkie te draai. Haringblad kon nie sy geluk glo dat iemand soos Uranus Draak hom aan ’n junior assistent sou steur nie, en boonop heel gretig gelyk het om saam met hom te werk nie. Hy het hom selfs gereeld heel vriendelik raad gegee met sy eksperimente.

      Hannes Haringblad sou nie graag wou erken dat Uranus Draak sy eksperimente deesdae só voorskryf dat hy dit nie meer regtig sy eie werk kan noem nie. Boonop sal hy sekerlik in die moeilikheid beland by die ander wetenskaplikes van die Instituut as hulle moet weet waarmee hy hom deesdae in die geheim besig hou. Hy is bloot daarvoor verantwoordelik om die toerusting in stand te hou en chemikalieë te meng ter voorbereiding vir die werk van die senior wetenskaplikes van die Instituut. Maar doktor Draak help hom om laat in die nag, wanneer al die ander al huis toe is, die gesofistikeerde apparate te gebruik om sy eie navorsing te doen.

      Uranus praat hoflik met Hannes en vlei hom, asof al die wonderlike idees wat hy vir hom voorskryf eintlik sy eie werk is, en per e-pos gee hy raad en metodes wat hom, Hannes Haringblad, dalk sowaar ’n kans gaan gee om eendag daardie Nobelprys te wen.

slakke.jpg

      Die boublokke van die heelal

      Atome is die boustof waaruit alles gemaak is. As jy enigiets (roomys, jou hond se stert of selfs die planeet Mars) sou kon opbreek tot heel basiese deeltjies, sou jy uiteindelik kom by die atome, die kleinste boustene van alle dinge. Maar as daar net een soort atoom is, hoe is dit moontlik dat daar so ’n verskeidenheid van dinge kan wees?

      Atome is ingewikkeld. Hulle is saamgestel uit verskillende subatomiese deeltjies: ’n digte kern wat protone en neutrone bevat, en elektrone wat in die spasie rond­om die kern rond­beweeg. Die hoeveelhede van hierdie verskillende deeltjies kan verskil. Atome is dus nie almal dieselfde nie. Verskillende soorte atome word elemente genoem, gekenmerk deur die aantal protone, neutrone en elektrone wat elkeen bevat. Die onderskeie elemente word beskryf deur ’n syfer wat die getal protone in hul kern aandui.

      Elke element het ook sy eie naam, wat afgekort kan word.Waterstof (H) is byvoorbeeld die eenvoudigste element, met net een proton en een elektron. Die swaarste element bekend is ununoctium 118 (Uuo), wat deur wetenskaplikes in Rusland vervaardig is. Dié element kom nie normaalweg in die natuur voor nie en het allerhande vreemde eienskappe.

      Die elemente word volgens hulle atoomgewigte in volgorde geplaas. Hierdie rangskikking van elemente word die periodieke tabel genoem.

slakke.jpg

      Die vaal mannetjie vryf sy hande en hurk oor die glasblad van die werkstasie waar hy besig is om met behulp van ’n robot-arm radioaktiewe materiaal in ’n staalsilinder te laai. Dit is middernag en die laboratorium is verlate. Hy weet hy is nie veronderstel om hier te wees nie, maar dit is al wanneer hy ongesteur kan werk.

      Vanaand is die aand dat sy drome waar gaan word!

      Die ingewikkelde masjinerie begin brom en die staalsilinders van die siklotron word in plek geskuif. In die siklotron kan atome versnel word tot ’n geweldige spoed. Hy staan op die punt om ’n ongewone eksperiment te doen. Die atome van die element tellurium word eers in ’n vakuum verhit totdat dit verdamp, en dan word dit na mekaar toe versnel om teen ’n geweldige hoë snelheid te bots.

      Volgens doktor Draak sal so ’n botsing lei tot die vor­ming van die element met die perfekte atoomgetal: Dra­­k­ium 100.

      Vanaand beplan Haringblad om ’n klein hoeveelheid te maak, net om te kyk of dit werk. Indien wel, het hy opdrag om later nog daarvan te maak. Wat doktor Draak daarmee wil doen, weet hy nie, maar hy het hom belowe dat hy wat Hans Haringblad is al die erkenning sal kry vir hierdie wetenskaplike wonderwerk.

      En boonop ook ’n vet klomp geld wat oorgeplaas gaan word na ’n bankrekening in sy naam!

      Haringblad sleutel ’n kode op die kontrolepaneel van die siklotron in, en die gebrom van die masjinerie word stelselmatig al hoe harder …

      Diep onder die Aarde

      Anna wonder of sy nie maar moet omdraai nie. Die vloer van die tonnel waarin sy stap, daal skerp en die lug is donker en swaar. Haar flitslig speel oor die pienk graniet waardeur die tonnel kerf. Graniet is die boustof van die middelste eilandgroep van die Seychelle-argipel waar sy en haar familie woon. Haar ma het haar vertel dat hierdie eilande eens die toppe van ’n groot vasteland was wat in vervloë dae met die skuif van die tektoniese plate onder die see in verdwyn het.

      Verbeel jou: ’n hele kontinent, weggesink onder die see!

      Sy wip soos sy skrik toe iets skielik laag oor haar kop fladder. ’n Vlermuis! Die wande van die tonnel rek verder oop, en dan hoor sy ’n gedruis voor haar. Sy koes toe ’n stroom vlermuise skielik oor haar kop duik. Die lug om haar is gevul met die gewarrel van hulle vlerke en ’n onaardige tjirgeluid. Sy skrik so groot dat sy amper haar flits laat val.

      Sy ken die groot vrugtevlermuise van die Indiese Oseaan goed. Hulle hang in die dag onderstebo en slaap in die toppe van die hoogste bome. Hulle kan goed sien, selfs in die nag. Saans kom hulle soos reusevlieërs uit die boomtoppe geseil om hul strooptog op die vrugtebome rondom Anna-hulle se huis uit te voer. Veral die mango’s is vir hulle onweerstaanbaar!

slakke.jpg

      Hoekom is spesies op eilande so kwesbaar vir uitwissing?

      Diere wat goed aangepas is om in alle omstandighede te oorleef, is versprei oor die hele wêreld en sal nie sommer maklik uitsterf nie. Dink maar aan die kraai: ’n mens vind hulle oral, selfs in plekke waar die meeste ander diere al verdwyn het.

      Eilande is egter afgesonderd, en oor die eeue heen het baie eilandspesies so goed aangepas by die unieke toestande op hul tuiseiland dat hulle nêrens anders kan oorleef nie.

      Neem nou maar die dodo. Die afwesigheid van roofdiere op Mauritius het hulle so lui gemaak dat hulle ophou vlieg het. Die res is geskiedenis.

      Wat is die les wat ons hieruit leer? Dat dit gevaarlik is om te gespesialiseerd te raak!

      Die vlermuise wat op die Seychelle-eilande voorkom, is kieskeurige eters. Hulle eet slegs sekere insekte wat net daar voorkom,

Скачать книгу