Helene de Kock Omnibus 7. Helene de Kock

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Helene de Kock Omnibus 7 - Helene de Kock страница 19

Helene de Kock Omnibus 7 - Helene de Kock

Скачать книгу

grappie ná die ander wat op die arme, uitgehongerde Ethiopiërs sinspeel; eindig kopskuddend dat dit net kinders is wat só uiters wreed kan wees. Maar sy gee Henk ’n kyk wat hom bepaald by daardie kategorie insluit, sodat Danien net nie kan help om weer uit te bars van die lag nie. Sy merk egter dat Hilda tog die derde skeppie van die bredie net so in die pan laat bly het. Sou sy werklik omgee wat Henk dink, wonder sy verbaas. Want dit skyn asof Hilda haar eie reëls maak. Toe sy loop om die geskiedenistoetse te gaan nasien, sê Henk met ’n glimlag: “Steur jou nie aan haar nie, Danien. Ons loseer al twee jaar saam. Hilda is ’n vreeslike goeie mens. Daar’s nie baie van haar soort nie. En moenie dink ek is ongevoelig omdat ek vir haar sê sy’s oorgewig nie. Sy is self nie gelukkig daaroor nie, en sy luister nogal soms vir my.”

      Danien sit nog oor sy woorde en nadink toe die skemer lang skadu’s op die mat in haar woonvertrek maak. Sy wil net opstaan om ook maar voor te berei vir die volgende dag toe mevrou Breda se skugter kloppie aan die deur klink.

      “’n Man vir jou,” sê sy skalks. “En nogal ’n aansienlike een!”

      Danien se hart mis ’n slag en dit kramp in haar binneste van opwinding en angs en wilde hoop. Alfons …? Sy kyk nie in die spieël nie en vergeet dat haar hare in ’n los warboel op haar skouers is soos wat sy dit losgemaak het toe sy van die skool af gekom het. Sy spring die krakerige trappe van die gesellige ou huis twee-twee af.

      Doodbedaard staan Paul Hough haar en betrag. ’n Skewe laggie om sy mond. Maar dit verdwyn stilweg toe sy woordeloos na hom bly kyk.

      “Het jy nog die kraffie en die kelkies?” vra hy verleë.

      Sy knik haastig, teug na asem en sê toe vriendelik: “Natuurlik, Paul. Kom boontoe. Ek het al gewonder waar bly jy … Enne … toe my pa my hierheen gebring het, het hy spesiaal ’n bottel van sy beste sjerrie saamgestuur. ’n Delikate fino …” Sy glimlag op na hom en vervat haastig: “My pa wil natuurlik nog eendag ander soorte sjerries ook maak. Hy praat van ’n manzanilla. Dit het mos so ’n diep bruinsuikerglans. Fleur du Vin lê glo na genoeg aan die see om dit te probeer doen. Die klimaat is reg, en so aan … Jy moet maar eendag kom kyk hoe lyk dit daar.”

      Hy knik glimlaggend, sy oë nie ’n oomblik van haar mond af nie, wat sy ná elke paar woorde in ’n klein senugebaartjie saampers.

      Maar toe hulle bó kom en sy voor stap na die smaakvolle woonvertrek wat sy met Henk en Hilda deel, het haar onstuimige hart sy normale funksie hervat, sodat sy met ’n kalm glimlag die bottel sjerrie uit mevrou Breda se deftige jonkmanskas te voorskyn haal en die kraffie en twee kelkies met ’n glimlaggie vir hom wys.

      “Sien, ek het dit gebêre vir die keer dat jy kom kuier.”

      “Ek sien,” sê hy sag, “en ons moet ’n heildronk drink op jou koms hierheen.”

      6

      Die dag ná Paul se onverwagte besoek kom Danien moeg tuis. Dit was ’n vermoeiende dag en sy het tennis afgerig en na ’n klomp voornemende sprekers vir die graadagts se debat geluister. Sy het skaars klaar gestort en ’n geel langbroek en bloes aan­ge­trek, of sowel Henk as Hilda maak hul verskyning. Sy moet lag kry, want hulle lyk so openlik nuuskierig en sy weet mos hulle wonder oor haar besoeker van die vorige aand.

      “Is jy lus vir slap skyfies?” wil Henk luiters weet, maar sy wakker grys oë bly ondersoekend op haar.

      “Ek het hom opgesteek,” sê Hilda, “want ek kan doodgaan van lus vir iets lekkers!”

      “Oor my dooie liggaam,” sê Danien kwaai. “As julle twee dan nou weer te lui is om vir julle self kos te maak, laat dit aan my oor. Loop doen solank iets anders, dan kom julle weer oor sowat ’n halfuur. Ek gaan paella maak. En daar’s nog sjerrie van gisteraand oor.”

      Hulle bly staan asof hulle geplant is.

      “Sjerrie?” sê Hilda. “Dit klink mos lekker! Wie’t dit vir jou ge­gee! Jou broer …? Was dit hy wat gisteraand hier was?”

      “My broer is op die plaas besig om my pa met parstyd te help. Soos julle seker weet, is dit nou tyd daarvoor. En hy het nie die sjerrie gegee nie. My pa het. En hy het dit gemaak ook. Of liewer, hy het gesorg dat die mos in die vate kom. Die res het die tyd en genade gedoen.”

      Hilda kyk haar fronsend aan. “Goed, goed. Maar wil jy nou hê ons moet glo dit was jou pa wat gisteraand hier was?”

      Danien draai haar om om ’n vrolike voorskootjie van ’n hakie aan die muur af te haal, en buk by ’n rooigeverfde kas om die pak met rys te kry.

      “Dit was dokter Paul Hough,” sê sy styf. “En loop nou. Ek kook nooit voor ’n gehoor nie.”

      Toe hulle byna ’n uur later terugkom, is dit half bedees en elkeen met ’n klein bossie rosies wat hulle ongetwyfeld van die ry miniatuurboompies in mevrou Breda se tuin gegaps het. Hulle loer na mekaar en sê gelyktydig asof hulle iets voordra: “Ons is jammer dat ons te veel vrae vra.”

      Danien pers haar mond saam, maar neem die rosies uit hul uitgestrekte hande.

      “Dankie, maar skaam julle. Nou voel ek sleg.”

      “Moenie,” sê Hilda gemaklik, toe hulle instap. “As jy ons niks wil vertel nie, moet dan nie. Maar as jy natuurlik wil, sal ons dit op prys stel.”

      “Hilda,” maan Henk, “moet nou nie weer alles bederf nie. Jy sien mos Danien het nie lus vir ons nie. Netnou weier sy nog om vir ons kos te gee ook.”

      Oplaas kan sy dit tog nie hou nie, en begin lag. “Ek gee op. Julle is eens te veel vir my. Sit tog, dan vertel ek julle van die man.”

      Sy skink van die sjerrie in Paul se silwerkelkies, en Hilda maak haar tuis op die bank voor die venster. En byna sonder dat sy dit besef, beslis sonder dat sy dit vooraf so gewil het, vertel Danien hulle van Die Vallei. Haar stem word dromerig, huiwer soms tussen woorde, raak selfs heeltemal weg, sodat sy doodstil voor haar sit en kyk en hulle onderlangs veelseggend na mekaar loer.

      “Dit moet voorwaar ’n wonderlike plek wees,” sê Henk. “Ek het nie geweet daar is nog sulke plekke in ons land nie.”

      “En het jy dié … dié Paul dáár ontmoet?” vra Hilda, soos gewoonlik op die man af.

      “O ja, maar baie lank gelede al. Ons ken mekaar sedert ons kindertyd. Elke vakansie gaan ons soontoe. Ons en hulle, en nog baie ander gesinne wat oor jare heen hegte vriendskappe gesmee het.”

      Sy vertel nog, sien hoe die verwondering en ’n soort verlange op hul gesigte groei. Maar oor Alfons sê sy niks. Sy vertel van die breë wit strand, waar ’n mens soms só vry voel asof jy die hele wêreld in jou hand het; van die bosbedekte berge en die strandmeer, waar die wind so lekker saamspeel as ’n mens wil seil. Sy beskryf hul houthuis, Meeue, en die houtkerk en ook vir Vuur­vliegie, waar daar eens op ’n tyd ’n baie liewe ou dame gewoon het. Maar oor Alfons swyg sy asof hy nooit ’n spoor op die duine gelaat het nie.

      “Ek dink julle twee moet Aprilmaand saam met ons gaan vakansie hou,” sê sy eindelik. “Dan sal Frans en Anel al weg wees en dit sal bra alleen wees daar sonder hulle. Ja, tóé,” raak sy eens­klaps entoesiasties. “Kom saam met ons. My ouers sal net so bly wees as die huis nie leeg is nie!”

      Hilda se gesig straal.

      “O, ek sal beslis gaan, al moet ek heeltyd

Скачать книгу