Plesierengel. Leon van Nierop

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Plesierengel - Leon van Nierop страница 5

Автор:
Серия:
Издательство:
Plesierengel - Leon van Nierop

Скачать книгу

op pad deur toe. “Jy het nog nie geleef voor jy hulle hamburgers geëet het nie.”

      ’n Kelnerin staan gereed met hul kos. Hy moes dit vooraf so bespreek het. Maar sy wil nie ’n verdomde apie hê wat hulle aangaap nie! Die vrou moet haarself in die koelkamer gaan toesluit!

      Sagte musiek speel. Outyds. “Smoke gets in your eyes” nogal. Mooi.

      Die kelnerin draai om, draai die bordjie op die deur om sodat OPEN nou na hulle toe wys, skakel die ligte af sodat net die speelkasliggies die tafel verlig, en verlaat die restaurant. Oomblikke later vertrek ’n motor.

      Santa sien wat gebeur in die flitsende lig van die angelier voor die restaurant. Die angelier wat oop- en toemaak.

      Tristan Hansen sit agteroor in sy stoel sodat sy hom behoorlik kan beskou. Toe leun hy vorentoe, lig die broodjie van die vleis af en neem een van die gebraaide uie en kyk daarna. Plaas dit tussen haar lippe, vee die tamatiesous uit die hoek van haar mond, streel met sy vinger oor haar vel.

      Sy kou en sluk die soetigheid stadig in, sy vinger oor haar keel toe sy sluk. Net daardie beweging laat haar onderlyf ruk.

      Hy plaas nog ’n gebraaide ui tussen sy lippe dié slag, kom nader, gee nog ’n ui vir haar, help haar om dit in haar mond te neem.

      Sy dink te midde van die duiseligheid wat haar wil oorweldig dat sy tog net nie moet flou word nie, want wat sal die man van haar dink? En netnou beroof hy haar sommer ook nog.

      En sy is nat. Nie net van die reën nie.

      “Santa.” Sag. Sexy. Amper onhoorbaar. “Dis lekker om hier by jou te wees.”

      Tristan praat met haar terwyl hulle eet. Oor haar familie. Haar werk. Die baie ritte. Die depots. Die tolhekke. Haar kollegas. Die ongeduldige Gauteng-bestuurders wat altyd so op haar stert sit, die tekens wat mans gooi wanneer hulle verbyjaag. Die verdomde taxibestuurders met die arms wat altoos by die vensters uithang en eendag nog aan die teer gaan raak.

      En die wit strepe in die pad wat mens hipnotiseer. Die verdomde wit strepe.

      Hulle praat en praat en praat oor alles wat vir haar saak maak en waaroor sy met niemand kan praat nie. En dit alles met daardie Magnum Death By Chocolate-stem.

      Sy verloor tred van die tyd, merk dat hy nie sy vleisbroodjie eet nie, maar net met haar praat. ’n Uur, dalk ’n uur en ’n half? Hy praat oor die paaie wat sy al moes gery het en hoe hy as jong man daardie selfde lang paaie Baai toe en Durban toe en Kaap toe en Musina toe saam met sy ma gery het en die woordspeletjies wat hulle gespeel het. Hoe hy fietsgery het op lang paaie en die lekkerkry van teen bulte op trap en sy boude wat styf en seer word en hoe hy een keer ’n orgasme gekry het terwyl hy gery het van die broek se materiaal wat teen hom geskuur het.

      Hy staan op om koffie te gaan haal en sy dink: Die jeans span mooier as mooi om daardie boude, so perfek in proporsie dat Patricia Lewis dalk ’n liedjie daaroor moet sing.

      Geen alkohol nie. Dit was haar voorwaarde. Sy wil nie dronk gemaak word nie. Netnou gooi hy iets in haar drank, want sy het al van date-rape drugs gehoor. Hy moenie tricks met Santa Ferreira probeer nie.

      Maar na hierdie gesprek, na hierdie wegstap, is hý haar dwelm. Kan hy met haar maak presies net wat hy wil.

      Hy kom terug, praat oor sy ma, hoe lief hy vir haar is, die kanse wat sy hom in die lewe gegee het, die mooi plekke wat sy hom al gewys het. En die beeldskone plekke in Europa en Amerika waar hy vir twee jaar gebly het. “My gap-jare.”

      “Hoekom doen jy dit? Die, e … werk?” vra sy kort duskant middernag.

      “Ek hou van plesier,” antwoord hy terwyl hy sy oë toemaak.

      Toe staan hy weer op en trek sy T-hemp uit, hang dit oor die stoel, die fyn baba-haartjies onder sy naeltjie sag en belofteryk.

      En die onderbroekrek wat wys.

      Geen boeremeisie kan dit meer hou nie.

      Sy leun oor die tafel en knip die jeans se boonste knoop los. Vir die eerste keer oor ’n plat, gespierde maag.

      Hy steek sy vinger in die tamatiesous, druk dit in sy naeltjie, lei haar tong daarheen, bewe wanneer sy oor sy maagspiere lek, die geur van sweet en tamatie en reën en water op haar tong.

      Nou, met sy hand in hare uit die gebou. Dit reën steeds fyntjies.

      Hulle gaan staan teen die restaurant se klipmuur, die druppels oor sy gesig. Haar hande stroop die res van sy klere af. Sy sien ook die effense skeel manier waarop hy na haar kyk asof hy behoorlik op haar probeer fokus.

      Hy maak die bandjie agter haar rug los, laat haar bra van haar borste afsak terwyl hy sy onderlyf teen haar druk, terg haar tepels met sy vingers en laat toe dat sy haar hand tussen hulle lywe insteek. Dit sak af en af tot sy hom behoorlik vasvat.

      Hierna sy boude in haar hande, ongewoond aan die warm gevoel van sy vel, die soepel manier waarop die spiere beweeg, die effense rimpeling van sy maagspiere teen haar kaal maag.

      Toe, baie later, dalk nadat hy haar ’n halfuur lank gesoen het en toegelaat het dat sy met hom speel, beweeg hy ondertoe.

      Sy tong weet net waar om te raak, te terg, te tintel. Hy raak presies op die plek waarvan sy altyd gehoor het, waaraan sy al geraak het, maar wat sy nog nooit ten volle laat lewendig word het nie.

      Haar bene vou onder haar in toe hy daar aan haar raak.

      Weer verloor sy tred met die tyd terwyl hy ’n vuur in haar aansteek. Dis soos lopende lawa wat deur haar stroom. Sy vrees dit, want dit is tegelyk seer omdat sy dit nie ken nie en eers as pyn ervaar, en tog vreemd lekker. Dit het nog nooit só gevoel nie.

      Sy verwonder haar oor wat met haar gebeur terwyl hy haar op die gras neerlê. En sy dink skielik hoe heerlik dit is om ’n vrou te wees. Besef dat sy tot dusver net ’n plesier­spelonk vir die mans in haar lewe was.

      Spierpuntjies begin saamtrek. Sy raak bewus van plekke in haar en sensasies wat sy nog nooit tevore ervaar het nie. Hy soen haar weer oor haar bolyf en soek na haar lippe terwyl hy ’n kondoom oor hom laat glip.

      “Vergeet alles. Wees net.”

      Sy gryp sy skouers vas. Hy praat saggies met haar, moedig haar aan, hou aan met praat al weet sy nie wat hy sê nie. Soms skemer woorde deur asof hy haar lei, verduidelik hoekom hy dit doen. Omdat sy wonderlik en mooi is.

      Haar onderlyf raak lam. Dan ontplof sy met ’n intensiteit wat haar alle beheer laat verloor.

      Santa Ferreira haal vir die duur van haar orgasme nie asem nie. Die lewe, die behoefte om asem te haal verlaat haar liggaam en ’n ruk lank sweef sy in ’n plek sonder grense wat haar omarm met bevrediging, en haar toelaat om te voel waar sy nie eers geweet het sy kan voel nie.

      Hy raak baie later in die vroeë oggendure stil teen haar, die gloed in haar liggaam nog onbedaarlik. En sy voel hom ruk en haar naam saggies sê.

      “Kyk,” beduie hy skielik na die neonlig, “is dit nie die mooiste ding wat jy nog ooit gesien het nie?” Sy sien hoe hy met verwondering na die neonlig kyk wat ’n angelier naboots wat oop- en toegaan, sy oë blink.

      “Ek het jou lief,” kry sy die woorde uit terwyl hy sy kop weer

Скачать книгу