Onsigbaar. Deon Meyer

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Onsigbaar - Deon Meyer страница 6

Автор:
Серия:
Издательство:
Onsigbaar - Deon Meyer

Скачать книгу

ander vertakking van Jeanette se diens is dié wat meer subtiele, maar steeds hoofsaaklik denkbeeldige bedreigings moet bestuur. Hulle moet die kliënt se ego streel met ’n curriculum vitae wat amptelike opleiding en hooggeplaaste ervaring weerspieël. Hulle moet die skyn van gevaar bewaar deur aan die periferie te beweeg, onophoudelik waar te neem en te evalueer. Soms in spanne van twee, vier of ses met klein, versteekte oor- en mikrofone, soms alleen, afhangende van die omvang van die kliëntegroep, die beskermde se finansiële vermoë of die aard van die risiko. Hulle moet saamsmelt met die omgewing waardeur die kliënt beweeg, net verskyn wanneer hoflike voorstelle op geleë oomblikke in ore gefluister moet word. Die kliënt verwag dit alles, want film en televisie het ’n standaard van optrede geskep waaraan voldoen moet word. (Ek het ’n Skandinawiese sakevrou gehad wat daarop aangedring het dat ek ’n oorfoon dra, met die kartelende draad onder die kraag in, al het ek alleen gewerk en met niemand kon kommunikeer nie.)

      Daarom sal Jeanette Louw vir elke voornemende klant of hul verteenwoordigers vra: “Do you need a gorilla or an invisible?” In die wêreld van die rykes en beroemdes is dit erkende en bekende terminologie.

      Maar Carel die Alwetende kry dit nie heeltemal reg nie. Sy fout sê iets – dat hy net ten dele ken.

      “As ’n mens ’n lyfwag wil huur, dan vra Jeanette vir jou of jy ’n spook of ’n gorilla wil hê,” verduidelik hy vir die res van die tafel. “Ons het nog net die gorillas gebruik, vir die celebrities wat kom advertensies doen.”

      Ek kan nie aan ’n gepaste reaksie dink nie. Dié situasie is vir my vreemd: Die gehuurde sit nie gewoonlik aan dieselfde tafel as die huurder nie – dit is sosiaal onaanvaarbaar. En dan is daar my eie gebrek aan geesdrif vir sinnelose gesprekke. Maar Carel het nie ’n reaksie nodig nie.

      “Die gorillas is die ou grotes,” sê hy, “wat lyk soos bouncers by ’n nagklub. Maar die spoke is blykbaar die ouens wat ken van. Wat al staatspresidente en ministers opgepas het.”

      Hulle kyk vir my, die hele tafel.

      “Is dit ook jóú agtergrond, meneer Lemmer?” vra Carel. Dit is ’n uitnodiging, maar ek wys dit van die hand deur net ongeesdriftig te knik.

      Carel is teleurgesteld, maar hy steek dit goed weg. “Nou sien jy, Emma. Jy is in goeie hande.”

      Goeie hande. Ek vermoed Carel het nie eerstehandse ervaring van die huurproses by Body Armour nie. Dit is iets wat hy aan onderdane sal oorlaat. As hy dit self hanteer het, sou hy geweet het Jeanette het ’n pryslys en my plek in dié hiërargie is nie hoog nie. Ek is aan die winskoopkant van die markkragte, die een wat nie in ’n span wil werk nie, die een met ’n toegesmeerde verlede en gebrekkige openbare betrekkinge.

      Weet Emma? Seker nie. Jeanette is te professioneel. Sy sou gevra het: “Hoeveel wil jy spandeer?” en Emma sou gesê het sy het geen idee wat dit kos nie. “Enigiets tussen tienduisend rand per dag vir ’n span van vier en sewe-honderd-en-vyftig per dag vir ’n solo-operateur,” sou Jeanette die moontlikhede uitgestippel het, sonder om by te voeg dat sy twintig persent daarvan aftrek, plus ’n administratiewe fooi, werkloosheidsbelasting, inkomstebelasting en bankoordragfooie.

      Wat verdien ’n handelsmerk-konsultant? Hoe ’n groot hap is R750 per dag vir haar? R5 250 per week? R21 000 per maand? Nie kleingeld nie, veral as dit kom by fiktiewe bedreigings. Wat beteken sy lieg dalk nie oor alles nie.

      “Ek is seker,” sê Emma met ’n afwesigheid en ’n dun glimlag, asof haar gedagtes elders is.

      “Daar’s nog roomys,” sê Carel se vrou hoopvol.

      * * *

      Hy nooi my in sy speelkamer in, sy “den” noem hy dit.

      “Nooi” in die breedste sin. “Wil jy nie kom gesels nie?” is die woorde wat Carel gebruik, iewers tussen ’n opdrag en ’n uitnodiging. Hy loop voor. ’n Opgestopte koedoekop staar uit oor die vertrek. Daar is ’n biljarttafel en ’n rottangkroeg, bottels op ’n rak en ’n klein sigaar-humidor. Foto’s teen die muur met Carel-en-geweer by dooie diere.

      “Dop?” vra hy en loop agter die kroegtoonbank in.

      “Nee dankie,” sê ek en leun teen die biljarttafel.

      Hy skink vir homself twee vingers bruin vloeistof sonder verdunning. Hy sluk daaraan en maak die humidor oop. “Kubaans?” Ek skud my kop.

      “Seker? Dis klas,” sê hy ingenome. “Hulle verouder dié goed 24 maande, soos wyn.”

      “Dankie, ek rook nie.”

      Hy trek vir homself ’n sigaar uit, streel met sy vingers oor die dik silinder daarvan. Hy knip die agterkant oop met ’n groot instrument en sit dit in sy mond. “Jou amateur sal dit knip of sny met hierdie goedkoop gemors wat die ding kneus hier agter.” Hy hou sy knipper vir my om te sien. “Dis wat hulle ’n .44 Magnum noem. Maak ’n perfekte, ronde gat.”

      Hy reik na ’n dosie vuurhoutjies. “En dan kry jy fools wat die goed natlek voor hulle aansteek. Dit kom uit die dae toe jy plaaslike sigaartjies in die kêffie gekoop het. As jy die voggehalte bewaar, lek jy niks.”

      Hy trek ’n vuurhoutjie en laat dit eers hoog brand. Dan hou hy dit voor die sigaar. Hy trek daaraan in kort, vinnige teue terwyl hy die sigaar in sy vingers draai. Wit bolle rook wolk om hom, die diep aroma vul die vertrek. Hy skud die vuurhoutjie tot die vlam verdwyn. “Hulle sê die beste manier om ’n sigaar aan te steek, is die Spaanse sederspil. Stukkie sederhout, jy steek eers die hout aan en dan gebruik jy dit vir die sigaar. Suiwer, skoon vlam wat nie jou sigaar se smaak beïnvloed nie. Maar waar kry ons Spaanse seder, vra ek jou?” Hy glimlag vir my, sameswerend, asof ons dieselfde probleem deel.

      Hy trek diep aan die sigaar. “Kubaans. Daar’s niks wat daarby kom nie. Jou Jamaikaans is ook nie sleg nie, lekker lig, jou Dominikaans so tussenin, jou Honduras is te wild. Niks kom by die room van ou Fidel se goed nie.”

      Ek wonder vlugtig hoe lank hy ’n monoloog aan ’n onbelang-stellende gehoor van een kan volhou, maar dan onthou ek hy is ’n Ryk Afrikaner. Die antwoord is: Onbepaald.

      Hy trek ’n asbak nader. “Het jy geweet die storie dat jy nie ’n sigaar se as afskud nie, is ’n totale mite? Twak.” Hy hê-hê vir sy woordspeling. “Dis omdat ouens swak sigare rook en dan sê hulle die bitter smaak is van die as se afskud.”

      Carel gaan sit op ’n kroegstoel, sigaar in een hand, dop in die ander.

      “Daar’s baie bullshit in die wêreld, my vriend, baie bullshit.”

      Wat wil hy hê?

      Nog ’n trek aan die sigaar. “Maar kom ek vertel jou een ding, daar’s niks bullshit aan Emmatjie nie. Niks. As sy sê daar’s mense wat haar wil kwaad doen, dan glo ek haar, verstaan jy?”

      Ek het nie lus vir dié gesprek nie. Ek reageer nie, en weet hy hou nie daarvan nie.

      “Wil jy nie sit nie?”

      “Ek het te lank gesit al, vandag.”

      “Sy’s soos ’n dogter in hierdie huis, my vriend. Sy’s soos een van my eie. Dis hoekom sy na my toe gekom het met hierdie ding. Dis hoekom jy hier is. Jy moet verstaan, sy’s deur baie dinge in haar lewe. Diep waters …”

      Ek probeer my irritasie temper deur te dink hoe fassinerend ’n man

Скачать книгу