Sondag op 'n voëlplaas. Johann Nell

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Sondag op 'n voëlplaas - Johann Nell страница 2

Автор:
Серия:
Издательство:
Sondag op 'n voëlplaas - Johann Nell

Скачать книгу

hoofopstal, die kroon van die plaas, staan hoog teen ’n alleen­staande heuwel. Die kurwes van die gewels is inderdaad ’n ryklik versierde kroon bokant die breë, koel stoep van waar die be­woners kan afkyk op die rivier regs daarvan. ’n Lang plaaspad volg die kronkels van die rivier tot by die opstal waar ryk gaste voor die groot grasperk onder reuse koel eike- en dennebome kan parkeer.

      In die smeulende somermaande droog die rivier soms op, maar dit reën net ’n druppel of twee in die boberge dan lóóp die rivier. Verder af, anderkant die plaashek, loop die stroom af deur die Schoemanspoort en word dit uiteindelik die Grobbelaarsrivier wat deur Oudtshoorn se middedorp vloei. Aan die een kant van die rivier is die ouer deel van die dorp en aan die ander kant die nuwer Wesbank.

      Op somersdae styg die kwik tot by die veertig grade, maar die land­skap word laatmiddag afgekoel deur ’n lafeniswindjie wat hoog uit die klowe van die Swartberge afrol. Winters is straf. Alles, plant, mens en dier, word dan groenvaal asof ’n laag grys oor alles kom lê het. Die klipharde ryp en die kort sonskyndae pers die lewe uit elke stuk­kie groen totdat net droë stoppels oorbly, die landskap ’n ver­bleik­te kleurfoto.

      Dit was op een van hierdie verbleikte dae dat die geweerskoot hoog bo in ’n kloof van die Kangovallei geklap het en soos donder­weer in die vallei af weergalm het.

      Nog nooit het ’n skoot so hard in daardie kontrei weergalm nie. Nie eens as daar in die winter jag gemaak is op die rondloperluiperds op die hoë klippe nie, of as daar geskiet is op die bosduiwe in die wilgerbome nie.

      Twee dae later eers is die lyk opgespoor, waar dit half regop vas­gepen was voor ’n plat klip wat soos ’n natuurlike kateder tussen twee groot rotse gestaan het. ’n Dooie predikant op ’n klipkansel wat nikssiende oor sy gemeente uitkyk. Stokstyf en yskoud.

      Ek kon my dit voorstel: Die lyk, met die gapende wond agter die regteroor, wat uitstaar oor die groot plase weerskante van die rivier en al die bedrywighede daar onder tussen die landerye, in die volstruiskampe, die pakstore, in die voorhuise en slaapkamers, tot in die kombuise en studeerkamers van die opstalle in die vallei, met glasige oë dophou.

      3

      Die Bruwers het op Sterling Gold gewoon. John en Maggie. Diep in die sestig was hulle destyds. Welvarend. John het die plaas uit niks opgebou, en die boerdery sou oorgeneem word deur hul enigste seun, John Junior. Die Bruwers het dus min gehad om hulle oor te bekommer. As welgesteldes kon hulle kom en gaan soos hulle wou en hulle het soms weke aaneen die paaie van Suid-Afrika deur­kruis en selfs later Europa op luukse bustoere verken. John Junior was toe in sy vroeë twintigs en met diensplig besig nadat hy sy land­bou­diploma op Elsenburg behaal het.

      Langs die Bruwers het die De Jagers geboer, Dawid en Emily de Jager op die plaas Prachtig. Vir my het die De Jagers se geskiedenis op Sondag 1 Junie 1967 begin, die dag toe hul jongste kind gebore is. Ma het my vertel dat Andries Francois de Jager in die agter­ste kamer van die mooi plaasopstal op Prachtig gebore is. Enkele minute voor middernag. ’n Ongoddelike pikswart uur toe al die werkers op die erf in die donker en koue moes begin skarrel om Dawid de Jager se vrou in haar barensnood by te staan. Emily de Jager was agt maande swanger toe sy deur die kraampyne oorval is. Van dorp toe jaag was daar nie sprake nie, en om dokter Myburgh te ontbied sou minstens ’n uur of wat neem en is daarom nie eens oorweeg nie. Alles het te vinnig gebeur.

      Ousan, die enigste vroedvrou in die omgewing, is laat kom. Die bywoners in die eenvertrek-huisie agter die tabakskuur is wakker gemaak sodat een van die groter seuns Ousan kon gaan roep. Sy het so ’n halfuur se ry van Prachtig op die plaas van die Le Rouxs gewoon.

      Emily se vorige vier geboortes was makliker en vinniger. Vier dogters. Die oudste Amelia. Daarna Hendrina. Presies ’n jaar later is Karolina gebore. En toe die vierde baba weer ’n dogter was, het Dawid moedeloos hande in die lug begin steek, maar nie ’n woord gesê nie. Hulle het haar Susan genoem. ’n Niksseggende naam – sy is na niks of niemand genoem nie, want Dawid wou ’n seun hê wat sy erfgenaam kon wees.

      Ma het vertel dat die vroedvrou met die inkomslag ’n duif op die dak gehoor het en nogal daaroor gevra het. “Vir wat sal ’n duif dié tyd van die nag op die dak sit en fladder?” het sy gevra. Maar niemand het notisie geneem nie, want die baba was al gebore, en al hulle aandag was by die blougesigkind. Ousan was net betyds om die styfgedraaide naelstring van die nek af te knip. Emily de Jager was swak en uitgeput, maar het nog genoeg krag in haar ge­had om die pasgebore baba ’n rukkie vas te hou voordat Ousan haar weggevat het om in ’n flenniekombers toe te draai. Die ouer dogters het ongestoord en onbewus van alles in hulle beddens aan die ander kant van die huis geslaap. Onbewus daarvan dat nog ’n dogter gebore is.

      Die nag toe die vyfde dogter gebore is, het van die plaaswerkers Dawid de Jager langs die rivier gehoor waar hy hardop die Almagtige Vader gesit en uitskel het. Hulle het gedink ’n dronk lekkerlyf maak amok daar by die oorhang-wilgerboom langs die water. Toe hulle rivierlangs agter die lawaai aan gaan soek, het hulle verskrik tussen die grasse bly staan toe hulle hom daar in die middel van die nag hande-viervoet soos ’n brullende leeu sien worstel en vloek.

      Die werkers het by die huis kom vertel dat hulle die baas daar onder die sterre sien geraas maak het. Toe hulle mooi luister, kon hulle hoor die baas bid tot die liewe Here in die hoë hemelse heiligheid. Nee, die baas was nie kwaad nie, het hulle gelieg, seker maar net dronk van dankbaarheid gewees oor sy vrou se vrugbare lende.

      Dawid de Jager was egter verpletter. Hy het in sy bitterheidbe­sluit dat die vyfde baba teen wil en dank Andries Francois sal heet; en Emily was slim genoeg om nie die naam te bevraagteken of teen te staan nie. Sy het dit so aanvaar, soos so baie ander dinge wat maar deur die jare hul loop geneem het daar aan die voete van die Swartberge. So het die lewe op Prachtig aangegaan. Dawid de Jager se boer­dery het floreer. Emily was ’n boervrou by uitstek. Haar hande kon enige ding raak vat en in goud verander. Van klere maak en bak kon nie­mand haar iets leer nie. Haar en Dawid se vyf dogters het groot­geword en elkeen het sy eie plekkie op die plaas ge­vind. Tus­sen skool en plaaswerk het hulle die lewe geniet. En dit het gou dui­delik geword dat Andries Francois die enigste dogter was wat in die boerdery geïnteresseerd was.

      Die ander meisies was huishenne wat eerder sou kyk hoe ma Emily die groot skottels brooddeeg knie, laat uitrys in die halwe paraf­fienblikke en in die buiteoond bak. Later kon enigeen van hulle toe-oë die smaaklikste wildspasteie en geurigste melkterte op­tower. Niemand kon volstruisbiltong soos hulle hang nie. Op basaars het die vier meisies hulle eie koektafel gehad, selfs die bynaam Die Koekie­susters gekry. Dan het hulle koekstruif, fluweelpoeding en regte mosbeskuite uitgestal en verkoop.

      “Man, dis trifle,” het Ma altyd geïrriteerd uitgeroep as sy hoor hulle praat van koekstruif. “Dis pure ghrêndgatgeite om so te praat. Ons almal hier in die Kangovallei eet trifle! Nie eens die queen van Engeland eet koekstruif nie. Sondagmiddae eet sy plein boere-triflevir poeding!”

      Terwyl Emily en haar vier kuikens op die groot eetkamertafel nuwe stukke lap uitgemeet, opgesny en aanmekaargewerk het vir ’n nuwe seisoen se kerkrokke, het Andries Francois saam met haar pa volstruiseiers in die boonste broeikampe getel.

      “Van nou af noem ons jou Andri,” het Dawid de Jager een oggend uit die bloute aangekondig. So asof hy vrede gemaak het daarmee dat sy jongste kind met die mannetjiesnaam ’n meisiekind is, en dalk later toe half spyt was oor die naam. Nooit sal daar ’n manlike erfgenaam vir Prachtig wees nie, maar dalk was die laaste kind ’n troos – en dalk meer as net in naam.

      En destyds kon ek nie ophou dink oor die meisiekind met die seunsnaam nie. Hoe het dit gebeur dat ’n meisiekind ’n seunsnaam kon hê? ’n Seunsnaam verander mos nie ’n plaasmeisie in ’n boer­seun nie? Pa kon my nie antwoord oor die meisiekind met die seunsnaam nie. Ma ook nie. En

Скачать книгу