Op die spoor van hoop. Jacqueline Leuvennink

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Op die spoor van hoop - Jacqueline Leuvennink страница 12

Op die spoor van hoop - Jacqueline Leuvennink

Скачать книгу

“die outjie wie se pa niks het nie, is dalk ’n beter rugbyspeler”. En die Here het gesorg. Peter kan vandag kies en keur wat rygoed betref.

      “Daar is mense wat dink jy is niks as jy nie met ’n Mercedes toilet toe kan gaan en met ’n BMW kan terugkom nie.” Sy ouers se eerlikheid het nooit ruimte vir grys areas gelaat nie. “Stiptelikheid is so by my ingeskerp dat ek, sedert ek as afrigter oorgeneem het, nog nooit laat was vir ’n afspraak nie.”

      Dinge moet eenvoudig bly. Hy hou byvoorbeeld nie van kos wat “soos ’n losgemaal” lyk nie. As hy lus het vir brood, stap hy steeds na sy ma toe wat “die lekkerste brood in die wêreld bak”.

      “En dan eet hy dit stoksielalleen op,” voeg sy pa geamuseerd by.

      As middelkind wou hy hom altyd bewys. Hy het graag sy eie pad ingeslaan en systap tot vandag toe partytjies as hy kan. “Die Here het my seker maar só voorberei vir die eensaamheid van hotelkamers.”

      “Ek was altyd in kompetisie met almal. Tot ek op ’n dag besef het as jy álles gee en sesde kom, is dit net so goed. Jy kan nie dat wen of verloor jou as persoon definieer nie. Die proses is belangri­ker. Vandag aanvaar ek myself, die goeie en die slegte.”

      Ná die Bokke se swak vertoning onlangs teen Italië het hy twee nagte wakker gelê en besef foute is gemaak; deur hom én die spe­lers. “Ek moes al vir my ’n nuwe stel tande kry omdat ek snags so lê en kners.” Maar hy hóú van druk. Dit sal hom doodmaak as hy niks doen nie. “Jy moet maar leer om die wind te gebruik anders gaan jy moeg én nêrens eindig.”

      Hy het van die begin af “die job vir die Here teruggegee”. Op sy getuieniskaartjie wat deur Radio Tygerberg uitgegee word, laat hy hom uit oor die oppe en affe van sport en die lewe. “Ek het egter een konstante werklikheid in my lewe gevind wat my help om oor­winnend te leef. Dit was om Jesus as my Verlosser te aanvaar en in ’n lewensveranderende verhouding met Hom te groei. Nou weet ek God is nie net daar in die moeilike tye nie. Hy is ’n God vir elke dag.”

      Peter de Villiers is ’n man “sonder fênsie leestekens”. Hy is be­wus van die vooroordele teenoor hom. “Maar dit hou my op my tone. Dis die mense wat op my vertróú wat ek nie wil teleur­stel nie.”

      2010

      Wat ’n “mensch” van ’n Marlene!

      Marlene le Roux

      Verlede jaar in Desember het Marlene le Roux skaamteloos voor driehonderd uitgelese gaste in Keulen gehuil. Dit was toe die voormalige Duitse president Horst Köhler aan haar en Pieter-Dirk Uys die Duits-Afrika-prys toegeken het – vir albei se uitsonderlike bydraes tot vrede, demokrasie, menseregte en ontwikkeling in Afrika.

      Nou, drie maande later in haar eie huis, straal sy. Sy trek haar seun Adam (11) dig teen haar vas en soen hom keer op keer terwyl sy dwarsdeur alles gesels.

      “’n Mens doen mos nie werk vir toekennings nie. En my en Pie­ter-Dirk se agtergronde verskil so hemelsbreed. My ouma was ’n druiweplukker, my ma ’n fabriekwerkster … Keulen en al die prestige was net …”

      Om in die geselskap van hierdie direkteur van Kunstekaap te wees is soos om teenaan ’n rooshoutklavier te sit wat sing. Een wat eindelose kombinasies van klank kan voortbring.

      Op 46 is Marlene gemeenskapsleier, wêreldreisiger, kunstenaar, filantroop, Vrou van die Jaar, Chevalier des Ordres et des Lettres … Sy dien onder meer in die kommissie vir die bevordering en be­skerming van die regte van kultuur-, godsdiens- en taalgemeen­skappe. En tog kan al die toekennings in die wêreld haar op hierdie laat-Vrydagmiddag in Boston, Kaapstad, nie skeel nie. Ná nog ’n stampvol week het sy het net oë vir Adam en hy vir haar.

      Maar Adam kan nie regtig sien nie. En hy is serebraal gestremd.

      Sy verskuif sy lyfie – soos dié van ’n gekweste voëltjie met willose, dun armpies en beentjies – op haar skoot en sê: “Hy is totáál ge­stremd; hy kan níks doen nie. Ek sê elke dag dankie vir die wonderlike ondersteuning van sy twee verpleegsters, Yolanda Titus en Jean Bailey. Wanneer ons Rooi Kruis toe gaan, sien ek nog mense met sulke kinders – vroue wat brandarm is omdat hulle nie kán gaan werk nie – hulle moet 24 uur na die kind kyk. Dis vir daai mense dat ek nog hierdie week met president Zuma op televisie baklei het – ons móét meer na hulle begin omsien. Met die onlangse sensus was daar nie één vraag oor mense met gestremdhede nie – ons weet dus nie eens hoeveel daar is nie.”

      Sy verteder opnuut wanneer sy na haar seun kyk. Dis asof sy hele wesentjie op haar gerig is, hulle één word. “Jy verstaan als, nè, Adam?” Sy lag kop agteroor.

      “Soggens as hy my stem hoor, smile dié kind. Ek het kort na ons troue ’n breingewas gehad. Die dokters het gesê ek sal nie ’n kind kan hê nie. Toe kry ons eers vir Aimee (16) en vyf jaar later vir Adam. Niemand het gedink hy sal lank leef nie. Nou is hy al elf jaar die spil waarom alles in hierdie huis draai.”

      Marlene, deesdae direkteur: gehore-ontwikkeling en op­voed­kun­de van Kunstekaap, het destyds pas daar begin werk – die eerste bruinvrou in ’n bestuursposisie – toe Adam op ses maande met serebrale gestremdheid gediagnoseer is.

      “Dit was bitter. My skoonma, Valerie George, was die engel wat my hierdeur gehelp het. ’n Mens róú oor so ’n kind. En dan, eers dan, raak jy verlief op hom en hy op jou. Maar ek moes besluit: Ek gáán hierdie kind aanvaar en liefhê soos hy is. Dit was asof alles toe net ligter geword het, die nag weer begin oopmaak het.”

      Die oudmusiekonderwyseres met die uitbundige lag se gesig en hande vertel saam. In die nousluitende hemelsblou rok wat haar mooi figuur beklemtoon, lyk sy soos die danser wat sy is. “Jy moes die mense by die dansklasse sien toe ek al hinkende daar kom aanmeld het,” giggel sy. Vir wals, tango én salsa.

      Oor grasieus bo-oor gebreke klim, kan hierdie Le Roux uit Versaillesstraat, Wellington ’n boek skryf. Trouens, hét sy al boeke ge­skryf. Met Look At Me, een oor 20 formidabele gestremde vroue wat ondanks alles presteer en hul vroulikheid geniet, wou sy die negatiwiteit rondom gestremdes “by die deur uitgooi”.

      Marlene is, soos die danse wat sy dans, vurig. Vlamrooi lipstif­fie in die een hand, swepie in die ander. Mense van alle soorte kom gou agter hulle het hier met ’n kryger op beenstutte te make. Een wat veral jongmense “uit hulle hokke uit gaan haal om te oefen en déél te neem”. Daarvoor is sy met geloof, krag en liefde toegerus: Vír versoening en benadeeldes, téén laksheid en sy tweelingboetie uitspattigheid. “Hoeveel gála-dinners moet ons nog doen terwyl jou hart elke dag bietjie-bietjie breek oor mense wat dit heeltyd opdraand het?”

twirl.jpg

      Hulle woon lekker in die huis agter die rooi posbus. Op die hoek van Krom- en Broadwaystraat – daar waar dit wat krom en skeef was, insig en deernis gebring het en ’n blik op die breër prentjie. Simeon, hoofdirekteur van sekuriteit en risikobestuur by die Wes-Kaapse provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid, is die een wat eintlik die medaljes verdien, sê sy van haar man. Hulle het mekaar ontmoet toe hulle nog aktiviste aan die “Universiteit van die Wilde Kleurlinge” (haar naam vir die UWK) was.

      Dit was in daardie tyd, nog vóór 1994, dat my en Marlene se paaie gekruis het. Ons was albei stigterslede van die eerste permanente veelrassige koor in die land, die Stellenbosse Libertas-koor onder leiding van prof. Johan de Villiers. Die jong, dapper Marlene het as solis gehoor ná gehoor ontroer met haar vertolking van die Negro Spiritual “Sometimes I feel like a motherless child”.

      Maar

Скачать книгу