Vaselinetjie. Anoeschka von Meck

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Vaselinetjie - Anoeschka von Meck страница 5

Vaselinetjie - Anoeschka von Meck

Скачать книгу

’n nuwe kind nie, sou hy nie eens vir Vaselinetjie gesien het nie.

      “Naam?” vra die meneer sonder om op te kyk.

      “Vaselinetjie.”

      Die kinders skaterlag. Hulle slaan op hulle banke en op mekaar se rûe soos hulle lag.

      “Stilte!” wys die meneer met sy hand.

      Vaselinetjie staan stokstyf in haar bank. Sy voel ongemaklik in die verbleikte skoolklere wat die tannie gisteraand vir haar kom gee het. Die skooltrui is op twee plekke gestop en die een mou is heeltemal uitgerek en te lank. Ouma Kitta sou nooit as te nimmer toegelaat het dat sy só slordig skool toe gaan met ander mense se hand-me-downs nie.

      “Wat is jou volle naam?”

      “Stukkie Vaseline … eh … Bosman.”

      Die meneer sit sy pen en kou terwyl die seuns fluit en ’n groep bruin meisies agter in die klas aanhoudend giggel en aan mekaar stamp.

      “Ouderdom?”

      “Elf, meneer.”

      Die meneer kyk op. “Is jy vroeg skool toe gestuur?”

      Vaselinetjie knik net, want sy wil nie weer praat nie. Gelukkig vra die meneer nie verder uit nie. Onderdeur die lessenaar kan sy sien dat sy een hempsknoop oor sy maag los is.

      “Bly jy gou agter,” sê hy toe die klok vir die eerste periode lui. “Kom staan ’n bietjie nader,” beduie hy met sy gekoude pen. Hy moet gesien het sy’s op die punt om weg te hol, want sy stem is skielik sagter. “Ontspan, kind. Wat noem die mense jou by jou huis?”

      Vaselinetjie hoor hoe die meneer probeer vriendelik wees terwyl hy eintlik haastig is, maar die huil druk haar keel so styf toe dat sy moet sluk voor sy kan praat.

      “My oupa noem my Stukkie.”

      Die meneer se oë glimlag. “Waar kom jy aan dié naam, hè?”

      “My oumagoete sê toe ek klein gewees het, slat my vel baie droog yt. Sy’t my altyd saans ge-vaseline. Wat ek al kon praat, wou ek nog altyd gesmeer word en dan kerm ek vir ’n stukkie vaseline.”

      Nou lag die meneer se oë. “Ek sien. Maar watter naam het hulle by jou ander skool opgegee toe hulle jou gaan inskryf het? Dis eintlik die naam wat ek soek om hier in te vul,” tik hy op die registerboek.

      “O,” knip sy haar trane weg, “dis Helena Bosman, meneer! Maar niemand noem my ooit so nie. Dit was net vir my doopsaligheid by die kerk.”

      Die meneer steek sy hand na haar toe uit. “Nou ja, mejuffrou Stukkie, ek is meneer Du Pisanie. Baie aangename kennis en welkom by ons.”

      Eerste pouse bly staan Vaselinetjie verleë buite die klaskamer se deur. Sy kyk of sy nie dalk vir Killer êrens sien nie, maar dis net vreemde kinders om haar. Sy het nog nooit ’n blanke maatjie gehad nie, want Avril was nie regtig wit nie en sy was te aaklig.

      Die paar meisies wat aanhoudend gegiggel het agter in die registerklas, kom nader gestap. Hulle glimlag, maar nie op ’n vriendelike manier nie.

      Die voorste een kom staan reg voor Vaselinetjie. Haar skoolromp is baie kort en Vaselinetjie kan sien die soom is sommer rofweg met ’n stapler ingeskiet. Haar naam is Nazrene Diergaardt. Vaselinetjie weet dit omdat die meneer haar ’n paar keer moes stilmaak in die klas. Nazrene se hare is gestraighten en styfgetrek in twee bolla-horinkies weerskante van haar kop. Die kort, dik bene wat onder haar skirt uitsteek, het kuiltjies in en laat Vaselinetjie aan ouma Kitta se souskluitjies dink.

      “Meisie, ons hou nie daarvan as ’n whitey met ons spot nie, verstaan jy?”

      “Watse ghaai? Los my! Wat’s verkiert met hoe ek prat? Ek klink nog altyd soe!” Vaselinetjie staan terug, maar haar rug is klaar teen die muur.

      Nazrene kyk oor haar skouer na die ander en rol haar oë. “Is jy for real?” vra sy en staan nog nader aan Vaselinetjie.

      Vaselinetjie wonder of die ander meisies so hard lag omdat hulle kan sien hoe bang sy is. Hulle trek ’n kring om haar.

      “Koop vir ons beechies en suurwurms by die snoepie dat ons kan sien of jy genuine is,” sê Nazrene en dit lyk of sy Vaselinetjie enige oomblik gaan klap.

      “Ek herre niks’ie.”

      Nazrene spoeg langs Vaselinetjie se voet. “Jislaaikit, girlie! Jy ken nie vir my nie! Ek’s nie hier vir popspeel en oulik wees met bastard whiteys nie! Ek kom van die Kaap af en ek weet hoe mense daar praat, so moenie vir my try scheme nie,” sê sy dreigend met haar hande op haar heupe.

      Ek kom van die Nóórd-Kaap, wil Vaselinetjie nog verduidelik, maar net toe lui die klok vir die einde van die pouse en ’n paar onderwysers kom by die gebou uitgestap. Nazrene gee vir Vaselinetjie ’n lang kyk. “Sorg dat jy môre vir ons cigarettes bring, anders …” Sy trek haar vinger stadig oor haar keel voor hulle laggend om die hoek verdwyn.

      Die middag ná skool gaan al die koshuiskinders na die groot eetsaal waar almal saam eet, elke huis aan ’n tafel met hul tannie. Eers staan hulle in lang rye in die gang en dan loop hulle een vir een deur die kombuis waar ’n swart tannie vir hulle kos inskep.

      “Dis tannie S’laki. Haar bra strap steek altyd uit,” fluister Killer oor haar skouer vir Vaselinetjie. Vaselinetjie was baie bly toe Killer vir haar plek gehou het. “Ou S’laki hou nie van whiteys of coloureds nie. Net swart kinders, maar ook nie alle swart kinders nie. Jy sal nog sien. Kyk maar vir wie sy die meeste kos inskep.”

      Die oomblik wat Vaselinetjie by die eetsaal instap, sien sy hoe die kinders eintlik in hul stoele omdraai om na haar te kyk. Van die groot seuns knipoog vir haar, ander trek gesigte, en as dit nie vir Killer was wat onderlangs vir hulle vinger gegooi het nie, sou Vaselinetjie net aanhou loop het tot sy by die deur aan die ander kant uit was.

      Sy is verstom om te sien hoe baie Killer, wat so maer is dat haar vel amper deurskynend lyk, aan tafel eet. Vaselinetjie kan al weer nie gesluk kry met almal wat vir haar loer nie, en toe die tannie nie kyk nie, ruil sy en Killer vinnig borde om.

      “Dis min maar dis in,” praat Killer met ’n vol mond terwyl sy Albie se bord ook nader trek. Albie is al weer opgeruk en weier om te eet. Sy lê halfpad van haar stoel afgegly skuins onder die tafel in.

      “Hoekom is ons tannie se naam Snorre?” fluister Vaselinetjie vir Killer wat besig is om sout op haar hand uit te gooi en dan op te lek. Sy’t haar pinkie met Tippex wit geverf.

      “Is jy dalk blind?” sê Killer en maak of sy ’n snor kam. Vaselinetjie giggel vir die eerste keer.

      Toe middagete verby is, staan al die kinders op. Elke tafel se kinders moet as ’n groep uitloop, sê Killer. Net die kinders wat moet afdek of die opgeruktes soos Albie bly agter. Vaselinetjie is verbaas om te sien dat daar hier en daar nog ’n kind is wat weier om van sy of haar stoel af op te staan of om onder ’n tafel uit te kom.

      Aan die verste kant van die eetsaal merk sy nogmaals die rooikopseuntjie van haar eerste aand. Hy sit kop onderstebo en dit lyk of hy weer gehuil het. Sy probeer sy aandag trek, maar hy kyk nie op nie.

      Die kleutertafel staan eerste op, want hulle kom voor die groter kinders in om te eet. Party is nog so klein

Скачать книгу