Piekfyn Afrikaans Leesboek Graad 8 Eerste Addisionele Taal. Riens Vosloo

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Piekfyn Afrikaans Leesboek Graad 8 Eerste Addisionele Taal - Riens Vosloo страница 4

Piekfyn Afrikaans Leesboek Graad 8 Eerste Addisionele Taal - Riens Vosloo Piekfyn Afrikaans

Скачать книгу

van die haarkapper se asem. Die woorde is uit en hy sug van verligting.

      Maar toe, een lang, skroeiwarm somer, droog die put se water op en onder in die modderige klamte skiet ’n rietbos wortel en begin groei. Al hoër en hoër, op na die son toe, strek die lang rietstele tot die koppe vry in die wind rondwieg.

      ’n Eensame skaapwagter kom met sy troppie verby, hy sien die riete en gaan sny vir hom een af. Hy maak daarvan ’n fluit en begin daarop speel. Maar daar sing die rietfluit hoog en helder oor berg en dal: “Hal-lie-hié, hal-lie-há, hallie-hop-hop-hóp, die koning het ’n horing op sy kop-kop-kóp!”

      Natuurlik hoor die mense dit wyd en syd en hulle vertel dit van oor tot oor: “Haai, o, ons koning het ’n horing op sy kop!”

      Net gou hoor die koning ook wat daar om die hoeke in sy paleis geskinder word. Hy druk sy kroon vaster op sy kop en laat haal heel eerste die haarkapper. “Vir wie het jy dit vertel?” vra die koning kwaai, sommer met die inkomslag.

      Die haarkapper bewe. “Vir … vir g’n enkele m-mens nie,” stotter hy. Net een keer, toe ek dit nie meer kon hou nie, het ek dit in die ou put uitgeroep.”

      Toe laat die koning die skaapwagter kom wat die fluit uit die riet gesny het wat uit die put gegroei het waarin die haarkapper die geheim uitgeroep het. “Speel dat ek hoor,” sê die koning streng.

      Die skaapwagter druk die fluit teen sy lippe en daar sing die fluit hoog en helder sodat almal in die paleis dit hoor: “Hal-lie-hié, hal-lie-há, hallie-hop-hop-hóp, die koning het ’n horing op sy kop-kop-kóp!”

      Almal se oë is op die koning. Die hele paleis is doodstil …

      Toe sit die koning agteroor op sy troon en hy sê baie rustig en doodtevrede: “Nou ja, dan weet almal dit nou. En dis goed so. Wat ’n verligting!”

      Die mense babbel en klap hande, want ag wat, ’n ou horinkie op die koning se kop is mos nou nie die einde van die aarde nie.

      Daarna wink die koning die sekretaris van die hof nader en hy sê vir hom: “Skryf bietjie op in Die goue boek van wysheid: Woorde kan ook wortelskiet.”

Postlees: Beantwoord die onderstaande vrae in jou werkboek (pas leesstrategieë toe).
1.Wie se skuld was dit in die eerste plek dat die koning se geheim uitgelap is?
2.Watter lewelose voorwerp kry in hierdie verhaal ’n stem soos ’n mens?
3.Skryf twee sinne om die lewensles in hierdie verhaal te verduidelik.
4.Dink jy die koning is ydel? (’n Ydele mens is iemand wat baie gesteld is op sy/haar voorkoms.) Hoekom sê jy so?
5.Die vaste uitdrukking “keer op keer” beteken elke keer gebeur dit weer. Skryf ’n soortgelyke uitdrukking in hierdie verhaal neer.
6.Daar is nie een Engelse woord vir “inkomslag” nie. Hoe sal jy dit in Engels omskryf?
7.Gee een Afrikaanse woord vir “as he was going out”.
8.Hierdie verhaal kom uit die Griekse vertelkultuur. In Indië word ’n verhaal met dieselfde basiese storielyn vertel maar dit is ’n radja (’n Indiese prins) wat met ’n horing op die kop gebore word en dit is tromme wat die verhaal uitblaker. Is dit genoeg om te sê hierdie verhaal is ’n volksverhaal? Skryf in een sin hoekom jy so sê.
9.Noem twee ander kenmerke van volksverhale in hierdie verhaal.

      Postaktiwiteit

      Teken die pad wat die koning se geheim gevolg het. Gebruik pyltjies om aan te dui by wie dit begin het en laat elke volgende pyltjie lei na die een wat die geheim verder gedra het tot dit die koning weer bereik het.

      Die keiser en die nagtegaal

      Linda Rode

      Prelees – groepbespreking

nagtegaal.jpg

      Die verhaal

      In die groot land China was daar jare gelede ’n keiser met ’n lang dun baard wat in ’n pragpaleis gewoon het en sy groentee uit die fynste porseleinkommetjies gedrink het.

      Rondom die keiser se paleis was ’n reusetuin met ’n regte woud tot onder teen die see. In die digte takke van daardie woud het ’n nagtegaal gewoon, ’n voëltjie wat allerliefliks kon sing.

      Mense het van verre lande oor die see gekom om die keiser se porseleinpaleis en sy tuin te kom bekyk.

      Hulle het links en regs gekyk, die kop geknik, die hande saamgeslaan. Maar as hulle eers die nagtegaal gehoor het, het almal gesê: “Dis die mooiste van alles!”

      Die keiser het nooit uit sy paleis gekom nie, nooit in sy tuin en in die woud gaan stap nie, omdat hy altyd besig was met Baie Belangrike Sake. Toe, op ’n dag, lees hy in ’n boek van ’n nagtegaal wat wondermooi sing … in sy eie paleistuin, in die woud by die see.

      “Hoe is dit moontlik?” raas die keiser. “Ek lees in ’n boek van die nagtegaal en ek het haar nog nooit self gehoor nie. Gaan soek die nagtegaal en bring haar vir my.”

      Die keiser se ou hoofhofmeester en die kamermeisies en die kok en die kombuismeisies hardloop die woud vol om die nagtegaal te soek. Die ou hoofhofmeester kom ook nes die keiser nooit in die woud nie, en as ’n paddatjie net iewers plienk-plienk! roep, dink hy sommer dis die nagtegaal.

      Maar die jongste kombuismeisie ken die nagtegaal. “Sjuut,” sê sy en wys na ’n vaal voëltjie wat op ’n tak begin sing. Soos die fynste glasklokkies in die aandwind klink die lied.

      “Liewe nagtegaal,” pleit die ou hoofhofmeester, “sal jy asseblief vir die grote keiser kom sing?”

      Daardie aand sit die nagtegaal op ’n goue staander in die paleis en sing vir die keiser. Sy sing so mooi dat die keiser trane in sy oë kry. Van toe af woon die nagtegaal in ’n goue koutjie en net twee keer per dag en een keer in die nag mag sy uitgaan woud toe. Daar is ’n sylint aan haar een pootjie gebind en iemand hou haar altyd daaraan vas.

      Toe word die nagtegaal treurig, want net as sy vry is, kan sy op haar mooiste sing.

      Op ’n dag kry die Chinese keiser toe ’n kosbare present van die Japannese keiser: ’n nagemaakte nagtegaal van goud en diamante en robyne. Wanneer die keiser die goue nagtegaal opwen, sing sy prettig, maar nie so mooi soos die ware nagtegaal nie. En tog, die mense was dol oor die skitterende goue voël. Hulle wil niks meer weet van die ware nagtegaal nie; sy kom los van haar sylinte en vlieg stilletjies weg, terug na die woud toe.

      Elke dag laat die keiser die goue nagtegaal opwen om te sing. Dieselfde liedjie, soggens, smiddags, saans. Op ’n dag maak die kunsvoël net gggrrrts, woer-woer, en bly doodstil.

      Al die beste juweliers werk hard aan die goue nagtegaal. “U Hoogheid,” sê hulle vir die keiser, “sy kan weer sing, maar net saggies en tussenin moet daar heelwat tyd verloop.”

      Kort daarna word die keiser baie, baie siek. Hy lê bleek en met toe oë op sy bed. Die beste dokters kan hom nie gesond maak nie.

      Een nag voel dit vir die keiser hy kan nie asem kry nie. Dit voel vir hom asof iets swaars op sy bors sit. Hy is bang en eensaam. “Kosbare voël,” sê hy vir die goue nagtegaal, “sing tog vir my.” Maar daar is niemand om die goue nagtegaal met ’n sleuteltjie op te wen nie.

      Toe begin ’n voël voor die

Скачать книгу