Piekfyn Afrikaans Leesboek Graad 8 Eerste Addisionele Taal. Riens Vosloo

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Piekfyn Afrikaans Leesboek Graad 8 Eerste Addisionele Taal - Riens Vosloo страница 7

Piekfyn Afrikaans Leesboek Graad 8 Eerste Addisionele Taal - Riens Vosloo Piekfyn Afrikaans

Скачать книгу

kry ’n bont rok en ’n rooi jas en swart Sondagsklere. Maar later het sy soos Perd gemaak en dit vir haar kinders gegee.

      Terwyl Leeu nog met koei besig is, skree daar ’n stem uit die bondel. “Haai, wat van my? Moenie al die bestes vir Perd en Koei uitdeel nie!” Dis Kameelperd wat sy maniere in die bos vergeet het.

      “Ongepoets!” sê Leeu. “Hoe durf jy vir jou koning skree? Nou sal jy nooit weer praat nie.” En só het dit gekom dat Kameelperd sy stem verloor het.

      Net om die diere te wys hy sal hom nie laat aanjaag nie, stap Leeu eers weer na die horinghoop toe en soek vir Koei ’n klompie uit om by elke uitrusting te pas.

      “Baie dankie,” sê Koei, en sy stap met haar geskenke weg.

      Maar Kameelperd lyk so verdrietig, al kan hy niks sê nie, dat Leeu hom jammer kry. “Hier is vir jou ’n spogpak,” sê die koning. “En ’n paar horings om daarby te pas.”

      Kameelperd trek aan en sit die horings op, en hy lyk al klaar beter. Leeu kyk hom op en af. “En ek sal jou ’n lang nek gee om jou vyande van ver af te sien aankom,” sê hy, want hy weet Kameelperd se horings beteken nie veel nie. “En lang bene om vinnig te kan weghardloop.” Nou is Kameelperd in sy skik, en hy draf tevrede weg.

      Net toe Leeu wil omdraai, roer iets tussen sy voete. “Hiert!” roep hy en wip in die lug, en voor die skrikmaker nog kan padgee, het Leeu hom platgetrap. Dis Koggelmander. Met ’n potblou kop kruip hy tussen Leeu se toonnaels uit. “Dis jou verdiende loon,” sê die koning. “Nou sal jy ’n blou kop hê.”

      Leeu raak haastig, want die son drink water en sy maag begin skree. Melk en heuning is darem nie ’n dierkoning se kos nie.

      Nou moet die diere net aanvat. Bobbejaan kry ’n sekelstert. Dassie en Mol kry elk ’n lang dunne, maar hulle wil dit nie hê nie en gaan begrawe dit skelmpies. Toe het hulle niks. Mol kry so skaam, hy vroetel hom onder die grond in.

      Boerbok kry ’n baard, en voor sy vrou haar oë kan uitvee, het sy ook een. Die diere lag stilletjies, maar koning Leeu druk deur. “Volgende! Volgende!” sê hy.

      Seekoei sit glad met vier slagtande opgeskeep, en Slang kry per ongeluk Leeu se kalbas veldmedisyne wat hy by ’n jagter gesteel het. Slang slaan sommer alles met een sluk weg. Die goed begin gis, en hy wil net spoeg; die goed trek gif, en hy wil net byt.

      “Kap sy bene af!” skree koning Leeu, maar dit help ook nie. Slang is nou so malkop, hy gooi kronkels en draaie en seil glibberig weg op sy maag. Vandag nog byt hy wat voorkom, en sy gif is nou éérs gevaarlik.

      Muishond kry weer vrou Leeu se laventelpotjie in die hande, en hy smyt die hele spul op hom uit. Sie, toe ruik dit darem aardig. Die diere druk neus toe en gryp in die bondel: horing en hoef en waaierstert. Toe maak hulle dat hulle wegkom.

      “Wat van ons?” skree Wolf en Jakkals, wat nog niks het nie omdat hulle te uitsoekerig was.

      Moeg vir die gesukkel kyk Leeu om, maar daar het net ’n tjank en ’n lag oorgebly. “Vat wat julle wil,” sê hy. “En oppas as julle iets laat staan.”

      Die twee moet net gryp wat voorkom. Dis dié dat Wolf vandag nog die groot lagger van die veld is, en daar is geen dier wat saam met Jakkals kan tjank as die volmaan oor die veld hang nie.

      Toe ou Skilpad eindelik by die uitdeelplek kom, is daar geen dier of geskenk meer oor nie. Dis waarom hy vandag nog met die horingdop rondloop wat Krokodil vir hom gemaak het. En Padda woon glad poedelkaal in die water. Met die lang wagtery in die bloedige son het hy later so warm gekry dat hy stilletjies in ’n poel geglip het, maar iemand het sy klere gesteel. Nou is hy te skaam om tussen die ander diere te kom. As hy ’n bietjie in die sonnetjie sit en hy hoor iets roer, duik hy dadelik in die water weg.

      Maar saans in die donker kom hy en sy broers uit, en dan kan jy hulle hoor kerm.

      “Waar? Waar? Waar?” kla die ene.

      “Klere? Klere? Klere?” kla die ander.

      Woordverklarings

      astrant (cheeky; impudent) – parmantig

      glibberig (slippery; slithery) – glad

      sekelstert (arched tail) – krom stert

      verdrietig (sorrowful) – hartseer, treurig

Postlees – Beantwoord die onderstaande vrae in jou werkboek (pas leesstrategieë toe).
1.Noem twee ander kenmerke van volksverhale in hierdie verhaal.
2.Waarom word “Leeu”, en “Boerbok” met hoofletters gespel? Skryf net die regte antwoord neer: Hulle is die belangrikste karakters in hierdie verhaal / dit word hulle name want daar staan nie “die” vooraan nie.
3.Wat is Renoster se “ete en sy drinke”?
4.Verduidelik in een sin wat beteken: “Ai, maar mooi is nie die woord nie!”
5.Wat beteken “glad” in die volgende sin: “Padda woon glad poedelkaal in die water.” Skryf net die regte antwoord neer: heeltemal / glibberig.
6.Hierdie verhaal leer vir ons ’n lewensles / leer nie vir ons ’n lewensles nie. Skryf in twee sinne hoekom jy so sê.
7.As jy nee antwoord op vraag 6, beteken dit dan dit is nie ’n volksverhaal nie? Hoekom sê jy so?
8.Watter persoon het hierdie verhaal vertel? Hoekom sê jy so?

      Sê nou maar die volgende diere was nie by Leeu se party nie. Probeer in vyf sinne vertel wat Leeu vir een van hulle sou gegee het: kat, muskiet, vlieg.

kort_hd_fmt.jpg

      Kenmerke van kortverhale

      Karakters in ’n kortverhaal

      ’n Kortverhaalhet gewoonlik een hoofkarakter; die ander karakters word bykarakters genoem. Omdat ’n kortverhaal juis kort is, is daar nie altyd karakterontwikkeling (character development) by ’n hoofkarakter nie. Partykeer ervaar ’n karakter konflik (conflict) oor iets of iemand en dan kan daar ontwikkeling of verandering by die karakter wees. Karakters kan op meer as een manier aan die leser bekendgestel word:

       Die karakter(s) word direk beskryf (voorkoms, ens.).

       Die karakter(s) se optrede (handelinge) word beskryf.

       Wat die ander karakters sê en dink, m.a.w. hul dialoog en gedagtegang kan beskryf word.

       ’n Karakter se naam kan die karakter beskryf.

      Verteller

      In kortverhale kan die hoofkarakter ook dikwels as die ek-verteller optree. Die meeste kortverhale word in die derde persoon geskryf.

      Die tema (motief of kernidee)

      ’n Kortverhaal het gewoonlik net een motief of kerngedagte. Vra jouself die vraag: Waaroor gaan dit in hierdie verhaal?

      Intrige

      Die intrige is die patroon van gebeure in ’n verhaal. Dit kan kortliks soos volg voorgestel word:

       Die probleem of uiteensetting:

Скачать книгу