Tiferet Yisra'el. Die roem van Israel. Marzanne Leroux-Van der Boon

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Tiferet Yisra'el. Die roem van Israel - Marzanne Leroux-Van der Boon страница 6

Tiferet Yisra'el. Die roem van Israel - Marzanne Leroux-Van der Boon

Скачать книгу

toe ek hulle moes identifiseer. Ek moes die lakens waarmee hulle toegemaak was een vir een oplig. Op party van hulle was ek voorbereid omdat ek geweet het daar kon nie rekenskap van hulle gegee word nie. Maar toe ek onder die eerste bedekking inkyk, was dit Yonadav.” ’n Paar sekondes sukkel hy om sy emosies onder beheer te kry. “Hy was een van my studente van verlede jaar … Dit was ’n ontsettende skok om sý liggaam daar te sien … Ek het bly hoop dat dié wat ek ken en van wie ek geweet het dat hulle vermis word, in die hospitaal sou wees. Maar toe ek die liggame begin uitken, sien ek die een na die ander is my studente! Dit was … moeilik!”

      “Het jy gevoel asof jou krag jou verlaat?”

      “Nee, nee. Maar ek is diep getref deur ’n gevoel van onbeskryflike verlies …” Hy verduidelik hoe hulle besluit het om die oorlewende studente te laat huis toe gaan vir Shabbat sodat hulle saam met hul ouers kon huil en dan weer vernuwe kon terugkeer.

      “U dink dis goed om te huil?” vra Dayan.

      Die rabbi bly ’n rukkie stil voordat hy antwoord: “Om te huil is ’n gesonde noodsaaklikheid van die lewe. Iemand wat nie huil nie, kan nie voel nie. Hoe is dit moontlik om ses studente te verloor,” sy stem breek weer, “en nie te huil nie? Ek het vir die oorlewende studente gesê ek sal saam met hulle huil; dit was nie eens nodig om vir hulle te sê dis in orde om te huil nie. Hulle het dit instinktief geweet.”

      “Wat is die moeilikste vraag wat hulle jou gevra het?”

      Die rabbi dink ’n oomblik na. “Hulle wou weet wát presies gebeur het en hoé dit gebeur het. Dit was intens belangrik vir hulle om al die besonderhede te hoor. Toe het ek met hulle gaan sit om met hulle te praat oor wat gebeur het. Daar was baie verwarring, en pyn … Die verlies van lewe is die verlies van geloof.”

      “Dis ’n baie betekenisvolle sin daardie, Rabbi. Ek wil dit graag saam met jou probeer verstaan. As ons daar ’n deurbraak kan maak – en ek is nie seker ons sal kan nie – dan het ons iets geleer. Wat jy nou net gesê het – ‘die verlies van ’n lewe is die verlies van geloof’ – laat my dink aan wat jy by die roudiens hier in Jerusalem gesê het voordat die oorledenes in hul tuisdorpe begrawe is. Daar op die terrein voor die yeshiva met duisende studente en oudstudente wat luister, en met die agt liggame in talliyot gehul voor jou, was dit kompleet asof jy self êrens anders was. Asof jy in ’n totaal private diskussie gewikkel was met die Heilige, baruch Hu. Is ek reg?”

      “Ja. Ja en nee. Ek was nie op ’n heeltemal ander plek nie, maar ek was op die plek van daardie komplekse vraag: Hoekom?” Sy stem breek. “Hoekom het U my verlaat?”

      “Is so ’n vraag dan toelaatbaar, Rabbi?”

      “Dis noodsaaklik! Ek was op die plek tussen daardie vraag en die seker wete dat alles waar en reg is.”

      “Verduidelik daardie kompleksiteit vir my, Rabbi. Vir my het dit geklink asof u HaShem aanspreek toe u praat oor die ‘groot vreugde’ wat Hy vir Hom toegeëien het deur daardie vroom jong Torastudente tot Homself te neem …”

      “Nee, nee. Ek wás inderdaad bly dat hulle by Hom is. Ek sal dit probeer verduidelik in ’n taal wat … ’n buitestander kan verstaan. Stop my as ek nie duidelik is nie.”

      “Ek sal. Baie van ons joernaliste het die afgelope twee dae gevoel asof ons van buite af binnetoe kyk en nie regtig verstaan wat aangaan nie. Ek sal veral graag wil verstaan waarom u so sterk standpunt ingeneem het teenoor HaShem – en dit skaars ’n paar minute nadat u vir die ouers gesê het: ‘HaShem gee en HaShem neem.’ Hoe gaan dié twee dinge saam?”

      “Hulle móét saamgaan. Om te vra, om uit te roep, om te huil kom nie van ’n plek waar ’n mens jou losgemaak en afstand geneem het van die gebeure nie. Dis eerder soos ’n kind wat vir sy ma vra: ‘Waarom gaan jy nou van my af weg?’ Ek het vir HaShem gesê: ‘Kyk, u Tora sê Adar is die maand van vreugde – en ek soek daardie vreugde wat U my beloof het.”

      “Maar dit het soos ironie geklink toe u gesê het: ‘Kyk watter vreugde het U vir U toegeëien.’”

      “Nee, nie ironie nie, maar ’n baie diepe waarheid wat diep in geloof gegrond is. Hierdie jong lewens wat so aan Hom toegewy was, hét groot vreugde in die hemel veroorsaak.”

      “Daar is seker op hierdie oomblik studente wat na ons luister en wat ’n geweldige geloofskrisis ervaar?” por Dayan hom.

      “Vir seker! En as dit nié die geval is nie, is daar iewers iets verkeerd. Hulle moenie van gedagte wees nie: ‘Ek is gelowig, daarom verdien ek dit nie.’ Hulle het alreeds na my toe gekom met dié soort vrae. Die mees basiese vraag – en ek weet nie hoe dit moontlik is om dit nié te vra nie – is hoe dit kon gebeur het dat die studente doodgemaak is terwyl hulle die Tora bestudeer het. Nou ja, ek wil nie hê hulle moet ooit die gedagte hê dat mense wat gelowig is nooit sal seerkry nie …”

      Toe rabbi Weiss verder in die onderhoud vertel dat hy ’n halfuur voor die aanvang van Shabbat van ’n begrafnis af by sy huis gekom het, vra Dayan hom: “Watter soort Shabbat was dit vir u?”

      Die rabbi dink ’n paar oomblikke na. “Ons wysgere leer: ‘Shabbat hi mi-lizók’ – op Shabbat huil ons nie. Ons probeer om op Shabbat weg te draai van ons pyn en smart. Dit mag gekunsteld klink, maar dit is in werklikheid baie diep en maak ’n mens sterker. Ons vergeet nie wat gebeur het nie, maar daar is ’n soort … instemming om dit te aanvaar …”

      “Instemming wáártoe, rabbi Weiss? Wat is daar om mee in te stem? Met die verlies van agt lewens? Met die sinloosheid van die lewe? Waarmee kan ’n mens saamstem?”

      “Met die feit dat drie honderd studente nog lewe. Met die feit dat die volk van Israel sal oorleef. Ons kan saamstem oor die hoop van om te lewe, oor die geloof van om te lewe, oor die krag van om te lewe …”

      “Verskoon my dat ek jou in die rede val, Rabbi, maar ek probeer regtig verstaan. Is daar enigiets in hierdie ‘instemming’ wat die belangrikheid van die lewens wat kortgesny is, minder maak?”

      “Jy het my gevra waaroor ek nog op hierdie Shabbat gelukkig kan wees en ek sê dat ek gelukkig is met wat léwe beteken, met die glimlag van my kleinkinders, met die feit dat die lewe voortgaan. As jy my vra of die feit dat ek instem met wat HaShem verorden, die waarde van hulle wat gesterf het minder maak, dan sê ek: Nee, net die teenoorgestelde. Dit mag wees dat hulle uitverkies is om ’n soort brandoffer vir die hele volk te wees, maar sou ék enigsins so iets kon wéét? Al dié hemelse geheimenisse is totaal bo ons verstand, dit lê in ’n ander sfeer. Ons wysgere het dit op ’n aanskoulike manier gestel: Die sleutels tot lewe en dood is in die hande van HaShem, ons het geen beheer daaroor nie.”

      “Het jy in die loop van hierdie Shabbat vrae aan jouself gestel wat jy nooit vantevore gevra het nie?”

      Daar kom ’n pynlike trek om die rabbi se mond. “Ja, ek het die vrae gevra wat ek al ’n tyd lank nie meer gevra het nie. Ons lewe lank worstel ons met hierdie vrae oor Goddelike regverdigheid en oor boosheid …”

      Ten slotte wil die joernalis weet of die rabbi al begin het om sy studente te mis. Sy gesig verwring van pyn en hy kan beswaarlik die woorde uitkry. “Vir seker.”

      “En sou u geloof u darem in dié opsig kon help?”

      Sy stem is dadelik weer sterk. “Dít is ’n totaal ander saak. Geloof is my verhouding met HaShem, en die verskriklike verlies wat ons gely het, is iets anders. Lewe begin met die Een wat lewe gee, en daaraan is geen einde nie. Met die dood word ons vrygemaak van die las van die fisieke liggaam en

Скачать книгу