Tiferet Yisra'el. Die roem van Israel. Marzanne Leroux-Van der Boon

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Tiferet Yisra'el. Die roem van Israel - Marzanne Leroux-Van der Boon страница 8

Tiferet Yisra'el. Die roem van Israel - Marzanne Leroux-Van der Boon

Скачать книгу

20 Maart word ’n mandjie, wat soos ’n Purimgeskenk vermom is, by die voordeur van die Ortiz-gesin se tuiste op die derde vloer van ’n woonstelblok in Ari’el gelaat. Onbewus van die dodelike gevaar wat daarin skuil, bring Ami dit na binne en maak dit op die kombuistafel oop. Daarmee aktiveer hy die kragtige bom wat die woonstel in puin laat lê. Selfs die ruite van motors onder in die straat word deur die geweldige slag versplinter.

      Die Jerusalem Post berig later dat Ami se ma, Leah, pas die gesin se vullisdrom ondertoe geneem het toe die bom ontplof. Toe sy vlamme deur die woonstel se vensters sien bars, het sy boontoe gehardloop en haar seun dodelik gewond op die grond aangetref. Onder meer was daar ’n twintig sentimeter lange sny in sy nek. Sy kon gelukkig haar paramediese opleiding toepas en ’n tydelike trageotomie in sy lugpyp aanbring sodat hy kon asemhaal. ’n Ambulansbestuurder wat binne minute op die toneel was, het verder sý besondere vaardighede aangewend om die seun aan die lewe te hou. By die hospitaal is daar op vyf verskillende plekke aan Ami se liggaam geopereer.

      Die koerant haal ’n toeskouer aan wat vertel: “Dis onmoontlik om na die Ortizwoonstel te kyk en te glo dat iemand daar lewend kon uitkom. Elke stukkie huisraad is totaal vernietig. ’n Stuk staal van ’n paar sentimeter lank sit in die yskasdeur vas. Die mure is oortrek van skrapnelgate.”

      Die volgende aand berig ’n TV-stasie dat die gewonde tienerseun se brein en hoofslagare ongeskonde is, ten spyte van afgryslike wonde aan sy niere, ’n long en ander organe. Trouens, die prognose vir sy oorlewing is baie goed. Een van die dokters verskyn op die program en verklaar openlik dat dit “’n wonderwerk” is dat die seun oorleef het. Oral in Israel, veral onder Messiaanse gelowiges, gaan intense dankgebede op.

      Intussen word vuurpyle uit Gasa op Sderot en Ashkelon in die Negev steeds op ’n daaglikse basis afgevuur. Die terroriste wat sê hulle het die dood lief, begeer dit oënskynlik ook vir hul kinders. Volgens World Net Daily is hulle in besit van ’n video waarop ’n prominente lid van die Arabiese opstandsbeweging Hamas met die feit spog dat hulle vroue, kinders en bejaardes as menslike skilde gebruik in hul skietgevegte met die Israeliese weermag. Israel reageer deur te sê dat hulle lankal bewus is van dié optrede deur Hamas, maar dat dit nie dikwels so openlik erken word nie.

      Verdere berigte haal ’n Hamasparlementslid, Fahti Hammad, aan wat ook onlangs met hierdie menslike skilde gespog het: “Die vyande van Allah weet nie dat die Palestynse volk die begeerte het om te sterf nie. Vir die Palestynse volk het die dood ’n industrie geword waarin vroue, maar ook die res van die bevolking uitmunt … Bejaardes is uitstekend daarmee, en so ook kinders en martelare. Vroue, kinders en oumense gee nie om om as menslike skilde op te tree … om die Sioniste se bommasjien uit te daag nie.”

      World Net Daily rapporteer selfs die geval waar Hamas ’n tienjarige seun voor die oë van Israeliese militêre die slagveld in gestuur het om die wapen van ’n gevalle terroris op te tel en vir ’n ander terroris te gee. Die Israeliese bevelvoerder op die toneel het sy soldate beveel om vuur te staak terwyl hulle magteloos staan en kyk het hoe die kind die wapen van een terroris na die ander dra. By ander geleenthede het Hamasskerpskutters op hul opponente geskiet vanuit die vensters van huise waarin daar duidelik vroue en kinders teenwoordig was. Die netwerk maak dit egter ook duidelik dat dié soort optrede nie die goedkeuring van alle Arabiere, selfs onder Moslems, wegdra nie. Uit sommige oorde word dié skandelike misbruik van vroue, kinders en bejaardes veroordeel. Daar is Moslems wat alle vorms van terrorisme veroordeel, soos die onlangse bloedbad by die Mercaz HaRav-yeshiva. Koning Abdullah van Saoedi-Arabië word aangehaal as een van die verantwoordelike Moslemleiers wat aangedui het dat hy graag ’n konferensie tussen Joodse, Christene en Moslemgeestelikes wil bewerkstellig, met die tema “respek vir alle gelowe”. Volgens die Saoedi-Arabiese nuusagentskap is senior Moslemleiers die idee goedgesind en wil hulle hê dat daar ook met Islamitiese gesagvoerders uit ander lande oorleg gepleeg moet word. ’n Ander bron berig dat koning Abdullah ook gesê het: “Ek nooi verteenwoordigers van alle monoteïstiese gelowe uit om as broers in die geloof byeen te kom … Met die hulp van God sal ons saam met ons broers van ander gelowe bymekaarkom, ook dié wat in die Tora en in die Evangelie glo, om te kyk of ons maniere kan vind om die mensdom te beskerm.”

      Die aand ná die aanval op die Ortizhuishouding, kan Marc nie slaap nie. Wanneer hy aan Rivkah se asemhaling hoor dat sy vas slaap, staan hy sag op en gaan na die kinders se kamer. Shmu’el, wat in sy hondemandjie langs hul bed slaap, is dadelik by hom. By die skynsel van die flou nagliggie staan Marc en kyk af op Yhoshi in sy bedjie. Soos altyd het hy sy beddegoed weggeskop en Marc trek dit versigtig weer oor hom. Hy tel die beertjie wat van die bed af geval het op en lê dit by die kind neer. Die kind se donkerblou oë flikker ’n oomblik oop en ’n effense glimlaggie raak aan sy mond. Toe tas hy na die sagte speelding en daarmee in sy arm draai hy hom op sy maag om en slaap verder. Marc sien die ligte skadu van die donker wimpers teen sy wangetjie. Hy dink aan Ami Ortiz en sy binneste krimp ineen.

      By Natan se kot rus hy met sy arms op die tralies en kyk na die slapende baba. Soveel mense het dit al opgemerk, en hy herken self ook sy eie gelaatstrekke in die fynbesnede gesiggie met die donker krulhare. Voor Natan se geboorte het hy heimlik gevrees dat hy dié kind nie met dieselfde oorgawe as vir Yhoshi sou kon liefhê nie. Maar hy het hom misgis. In die seuntjie se klein menswees, baba wat hy nog is, herken hy reeds soveel van homself dat dit hom by tye diep ontroer.

      Ten spyte van die letsels wat die voortdurende spanning in Israel op hom gelaat het, het Yhoshi kennelik sy ma se onverskrokke Israeliese temperament, haar skerp intellek, haar onmiskenbare Joodsheid geërf. Marc voel egter baie van sy eie stilte en soms onsekerheid, sy geweldige sensitiwiteit, in sy jongste seuntjie aan. Hy buig oor die tralies en soen hom op sy voorkoppie wat nog na die aandbad se baba-olie en babapoeier ruik. Die kleintjie lag in sy slaap.

      Marc gaan staan voor die venster en kyk oor die donker Hurvah-plein uit. Dis asof die nag weet van die pyn wat Adar, die sogenaamde maand van vreugde, hierdie jaar meegebring het. Die halfmaan hang versluier tussen wolke en ’n triestige windjie roer die eerste blare in die iepe. Ver weg tjank ’n hond beroerd.

      “Abba,” prewel hy, “hoe sal ek hulle óóit kan beskerm teen die verskrikkings van hierdie land en hierdie wêreld?”

      Hy staan lank oor die stil toneel voor hom en uitkyk voordat die woorde van die antieke psalmis by hom opkom: “Dit is my swakheid wat maak dat ek kan dink die Almagtige se arm kan verander.” ’n Bewerige glimlaggie kom om sy lippe. “Vergeef my my kleingeloof.” Toe hoor hy ook daardie stem in sy hart wat hom al deur soveel moeilike tye in sy lewe gedra het. “Marc, Marc … Die Roem van Israel sluimer of slaap nie.”

      Die volgende middag haal Marc die bus van die universiteit af huis toe. Toe hy in King Georgestraat afklim omdat hy nog iets by ’n apteek bo in Ben Yehudastraat vir Rivkah wil gaan haal, loop hy hom in Udi vas. Daar word hartlik gegroet. Hulle twee het saam bitter ervarings in die Libanon-oorlog gedeel en diep in mekaar verweef geraak. Hulle val vinnig by ’n stoepkafeetjie in en bestel koffie. Gou gaan die gesprek oor die Mercaz HaRav-bloedbad.

      “Weet jy, ek was nou die aand by ’n byeenkoms waar David Shapira sy storie vertel het.”

      “David Shapira?” vra Marc ’n oomblik in die war.

      “Die ou van die valskermbataljon wat die aand daarheen …”

      “O ja, natuurlik,” onthou Marc, “hy’t die terroris doodgeskiet.”

      “Hý, ja. Dis nogal ’n storie, hoor!”

      “Vertel.”

      “Hy was daardie Donderdagaand veronderstel om by die basis te wees, maar hy het dringende sake gehad wat hy vir die bataljon in die stad moes afhandel. Toe het hy met ’n ander offisier vir die naweek uitgeruil.”

      “Hy’t ’n gesin, het ek

Скачать книгу