Tiferet Yisra'el. Die roem van Israel. Marzanne Leroux-Van der Boon

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Tiferet Yisra'el. Die roem van Israel - Marzanne Leroux-Van der Boon страница 9

Tiferet Yisra'el. Die roem van Israel - Marzanne Leroux-Van der Boon

Скачать книгу

so ’n gemors in.”

      Udi knik. “Hy’t vertel hoe hy dié aand net die kinders klaar gebad en die een aan die slaap gekry het toe hy die ontploffings uit Mercaz HaRav oorkant die straat hoor.”

      “Kiryat Moshe, nè? Ons was daardie aand in Ben Yehuda toe ons die nuus hoor. Toe het mense nog gedink die skietery was in Mea Shearim.”

      “Baie mense het aanvanklik só gedink.”

      “Iemand het gesê Shapira het self by Mercaz HaRav gestudeer.”

      “Dis reg. In elk geval, Shapira vertel ons toe dat hy eers gedink het hy hoor klappers. Ouens was mos oral besig om Purim te vier. Maar hy’t baie gou agtergekom dit is geweerskote. Toe het hy onmiddellik sy dienswapen gegryp en oor die straat na die yeshiva toe gehardloop.”

      “Maar ek het gehoor daar was polisie ook?”

      “Inderdaad. Maar om die een of ander onverklaarbare rede het hulle búite bly staan en hulle kon nie besluit wat binne aan die gang was nie. Hulle was onseker hoeveel aanvallers daar was, en het vir Shapira gewaarsku om nie in te gaan nie. Maar hy’t hulle net opsy gestamp en ingehardloop. In die biblioteek het hy op die skietende terroris afgekom. Hy sê hy’t tot omtrent twee of drie meter van die man af gevorder en toe altesaam sestien skote afgeskiet om hom te stop.”

      “Maar toe was dit te laat?”

      “Ongelukkig. Agt studente was reeds dood.”

      “Verskriklik!”

      Udi gryns effens. “Ek kon nie help om te lag nie toe Shapira vertel hoe hy direk na die skietery, bloot uit gewoonte, die hoof van 890-valskermbataljon gebel het om hom in te lig dat hy die terroris geneutraliseer het, en nou besig was om die area te deursoek vir ander aanvallers. Dit betaam mos ’n goeie offisier om sy bevelvoerder te laat weet wat gebeur het.”

      “Dís die IDF daai!” Marc se stem tril van emosie.

      “Sê dit weer. In die geselskap nou die aand het iemand vir David Shapira gevra wat hy gedoen het toe al die nooddienste daarná op die toneel verskyn. Hy’t so skewerig gelag en gesê hy’t gevoel hy’t gedoen wat gedoen moes word en is toe maar huis toe om die kinders verder aan die slaap te maak.”

      “Nogal tipies.”

      “Ja. Maar hy het wel die volgende dag ’n oproep gekry van ’n ou wat diep wortels in die paratroopers se mededingers het.”

      “Jy bedoel ’n ou van die Golani-brigade.”

      “Net so. Nogal a main peanut ook.”

      “Wie dan?” vra Marc nuuskierig.

      “Niemand anders as Gabi homselwers nie.”

      Marc fluit. “Die chief nogal.”

      “Einste. Shapira sê hy het hom gelukgewens en wou alles wat gebeur het eerstehands hoor. Maar toe ons uitvra oor wat Gabi Ashkenazi gesê het, was hy te verleë om uit te brei. Sy vrou het toe maar vertel dat Gabi vreeslik in sy skik was met Shapira se vinnige en korrekte optrede. Hy het gesê dit is hoe hy verwag enige offisier hom sal gedra – of hy nou in sy eenheid is of op die pad of met vakansie; dat wat David gedoen het, sprekend is van die IDF se waardestelsel. Hy’t dit gehad oor leierskap, kalmte, dapperheid – al die dinge wat ou David daai aand reggekry het. Sy het vertel dat Gabi veral in sy skik was dat David die vyand agternagesit het totdat hy hom kon neutraliseer.”

      “Dis ’n mondvol,” sê Marc. “Ek het baie respek vir Gabi.”

      “Ek ook. Jammer hy was nie stafhoof met die Libanon-inval nie. Dan het ons sekerlik beter daarvan afgekom.”

      “Ek kan net nie verstaan wat énigiemand kan besiel om tussen ’n klomp jong seuns in te vaar en hulle voor die voet dood te skiet nie.”

      “Wel, ek het nou die dag met ’n Arabiese onderwyseres gesels wat in Silwan skoolhou,” antwoord Udi. “Sy sê jongmense soos dié Abu Dhein is beïnvloed deur TV-tonele van dooie kinders en vroue in Gasa. Jy weet, met die IDF se operasies verlede week in Gasa?”

      Marc knik. “Ek het self gesien hoe Arabiese TV-stasies, veral Al Jazeera, dieselfde foto’s oor en oor wys. Ek kan my voorstel dat dit mense sal woedend maak, veral as hulle nie hoor wat daartoe aanleiding gegee het nie.”

      Udi knik. “Het jy die onderhoud met die aanvaller se pa en neef op TV gesien?”

      “Nee.”

      “Hulle het gesê Abu Dhein was ’n stil man, verloof en veronderstel om in die somer te trou. Hulle het skynbaar geen idee gehad dat hy so iets beplan nie. Die familie ontken dit, maar van die inwoners van Silwan sê dié ou was bekend daarvoor dat hy Hamas en die Islamitiese Jihad ondersteun.”

      “Ek het iewers gelees dat hy ’n baie godsdienstige Moslem was.”

      “Ja, wat sal ons sê? Daar is natuurlik ook baie sterk gerugte dat dit Yad l’Achim of die ekstremistiese sekte Gur Hasidim is wat die bom by die Ortiz-huis afgelewer het.”

      Marc knik en nadat hulle hul koffie ’n paar oomblikke in somber stilte gedrink het, vra hy: “Weet jy waarvoor is ek bang? Ek is bang dat, noudat die selfmoordbomaanvalle van buite af ’n bietjie afgekeer is, ons terrorisme van binne Israel self gaan begin kry.”

      Udi sug. “Praat van ’n Trojaanse perd! Hierdie gebeure kan maklik die begin van so iets wees. Dan is dit nag, sê ek jou.”

      Rivkah kom uit die kinderkamer waar sy Natan aan die slaap gemaak het. Sy bly in die woonkamer se ingang staan. Marc sit by die tafel met Yhoshi op sy skoot. Voor hulle lê die pragtig geïllustreerde boek met verhale uit die Tora wat haar ouers op sy tweede verjaarsdag vir Yhoshi gegee het. Die twee donker krulkoppe, albei met veelkleurige gebreide kippot op, is oor die boek gebuig. Hulle het haar nie sien kom nie.

      Yhoshi druk met sy vingertjie op die prent voor hom. “Moshe Rabeinu,” sê hy.

      Marc soen hom teen die kant van sy wangetjie. “Wat het hy in sy hande?”

      “Die Tora,” sê Yhoshi dadelik.

      “Watter Tora, Yhosh?”

      Die kind kyk op na sy pa. “Watter Tora, Abba?”

      “Die Tien Woorde, Yhosh.”

      “Die Tien Woorde,” sê hy.

      “Waar het Moshe Rabeinu die Tien Woorde gaan haal?”

      “HaShem het dit vir hom op die berg gegee.”

      Marc glimlag ingenome. “Dis reg, lieweling,” sê hy. Hy skep met ’n lepeltjie ’n bietjie heuning en Yhoshi maak dadelik gretig sy mond oop.

      “Waarom eet jy heuning, Yhosh?” vra sy pa.

      “Omdat die Tora so soet soos heuning is,” lag die kind, sy mondjie blink van die soet stroop.

      “Dis reg, ben Tziyon.”

      Rivkah wat die emosie in Marc se stem hoor, voel trane in haar oë opwel. Sy gaan stil na die oopplankombuis en luister hoe

Скачать книгу