Proteus. Deon Meyer
Чтение книги онлайн.
Читать онлайн книгу Proteus - Deon Meyer страница 3
Stilte, vir ’n oomblik. Janina kyk op na die direkteur, sien sy oë is steeds rustig, sy liggaam nog ontspanne agter die groot, netjiese lessenaar.
“Daddy says there is a hard-disk drive in the safe in his study.”
Stilte.
“Are you getting this, Monica?”
“Yes.”
“He says you know the combination?”
“Yes.”
“Good.”
“Where is my father?”
“He’s here. With me. And if you don’t cooperate, we will kill him.”
’n Snak na asem. “I … please …”
“Stay calm, Monica. If you stay calm, you can save him.”
“Please … Who are you?”
“A businessman, Monica. Your daddy tried to pull a fast one. Now you have to put things right.”
Die direkteur skud sy kop, meewarig. “Ai, Johnny,” sê hy.
“You will kill him anyway.”
“Not if you cooperate.”
“How can I believe you?”
“Do you have a choice?”
“No.”
“Good. We are making progress. Now go to the safe and get the disk.”
“Please stay on the line.”
“I’ll be right here.”
Die sis van die elektronika, ’n lynversteuring wat sag sketter.
“Hoe laat was die oproep, Janina?”
“’n Uur gelede, meneer die direkteur.”
“Jy het gou gespring, Janina. Dit is goed.”
“Dankie, meneer, maar dis die luisterspan. Hulle is wakker.”
“Die oproep was na Monica se huis?”
“Ja, meneer.” Hy laat die aanspreekvorm hom welgeval. Met grasie.
“Daar is so baie moontlikhede, meneer.”
Hy glimlag simpatiek. Daar is plooitjies om sy oë. Waardig, reëlmatig.
“Maar ons moet die ergste aanvaar?”
“Ja, meneer. Ons moet die ergste aanvaar.” Sy sien daar is nie paniek nie. Net rustigheid.
“I … I have the disk.”
“Wonderful. Now we have just one more problem, Monica.”
“What?”
“You’re in Cape Town, and I’m not.”
“I’ll bring it to you.”
“You will?” ’n Lag. Gedemp.
“Yes. Just tell me where.”
“I will, my dear, but I want you to know – I can’t wait forever.”
“I understand.”
“I don’t think so. You have seventy-two hours, Monica. And it is a long way.”
“Where must I take it?”
“Are you very sure about this?”
“Yes.”
Weer ’n stilte wat rek.
“Meet me in the Republican Hotel, Monica. In the foyer. In seventy-two hours.”
“The Republican Hotel?”
“In Lusaka, Monica. Zambia.”
Sy trek haar asem hoorbaar in.
“Have you got that?”
“Yes.”
“Don’t be late, Monica. And don’t be stupid. He is not a young man, you know. Old men die easily.”
En dan is die lyn dood.
Die direkteur knik. “Dit is nie al nie.” Hy weet.
“Ja, meneer.”
Klik weer. Die geluid van ’n telefoon wat geskakel word. Dit lui.
“Ja?”
“Kan ek met Tiny praat?”
“Wie praat nou?”
“Monica.”
“Hou aan.” Gedemp, asof iemand ’n hand oor die gehoorstuk hou.
“Een van Tiny se girlfriends wat hom soek.”
Dan, ’n nuwe stem. “Wie praat?”
“Monica.”
“Tiny werk nie meer hier nie. Al amper twee jaar.”
“Waar is hy nou?”
“Jy kan Mother City Motorrad probeer. In die stad.”’
“Dankie.”
“Tiny?” vra die direkteur.
“Ons kon nog nie vasstel nie, meneer. Daar is niks op die prioriteitslys nie. Die nommer wat sy geskakel het, is dié van ’n Orlando Arendse. Ook onbekend. Maar ons volg dit op.”
“Daar’s nog.”
Janina knik, kry die programmatuur weer aan die gang.
“Motorrad.”
“Kan ek met Tiny praat, asseblief?”
“Tiny?”
“Ja. “
“Ek dink jy het die verkeerde nommer.”
“Tiny Mpayipheli?”
“O, Tobela. Hy’s al huis toe.”
“Ek moet hom dringend in die hande kry.”
“Hou aan.” Papiere wat ritsel, ’n gedempte swets.
“Hier’s