Susanna M Lingua Gunstelinge 3. Susanna M Lingua

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Susanna M Lingua Gunstelinge 3 - Susanna M Lingua страница 2

Susanna M Lingua Gunstelinge 3 - Susanna M Lingua

Скачать книгу

nie juis jul ouderdomme bespreek nie,” glimlag hy met ’n skuldige gewete. “Maar dit is nie nou ter sake nie, ons is nou met vakansieplanne besig.” Hy draai na Gerrie. “Wat stel jy voor, Gertman?”

      “Man, ouboet, ek hoor die tiervis byt so goed daar waar die Komatirivier . . .”

      “Ja, die krokodille byt daar net so goed,” gee Riana antwoord. “Ek sê nou vir julle, daar kry julle my nie met ’n geweer nie. Dink liewer aan ’n ander plek, ouboet.”

      “Wel, wat van Magoebaskloof?” spreek Tina weer ’n mening uit.

      “So, en watse soort vis vang ’n mens in daardie kloof?” vra Gerrie met ’n spotlaggie. “Seker vierbenige vis wat in die berge en klowe boer.”

      “Moenie vir jou stuitig hou nie, Gertman,” bestraf Tina hom. “Het jy nog nooit van Ebenezerdam gehoor nie?”

      “Mense, ek dink Tina het die oplossing vir ons vakansieprobleem gevind,” kondig Renier aan. “Ebenezerdam is net die plek waarna ons soek.”

      Hierna bespreek hulle die benodigdhede wat saamgeneem moet word, want elkeen moet sy deel bydra.

      “En wat van jou en Gerrie se meisies, Wessel? Gaan hulle nie ook hul deel bydra nie?” laat Riana weer van haar hoor.

      “Julle twee moet my goed verstaan. Ek gaan dit baie beslis nie duld dat jul meisies op my en Tina se koste vakansie hou nie. Dis nie ons twee op wie hulle verlief is nie . . .”

      “Toemaar, Anita en Wilma weet ons drie manne is arm studente,” gooi Wessel weer dadelik wal. “Hulle het lankal aangebied om hul deel by te dra. Maar ek dink ons moet nog ’n man aankeer, dit sal die koste vir almal ligter maak.”

      “Wat van Hennie le Roux, ouboet?” stel Gerrie voor.

      “En wie is hy?” wil Riana weet.

      “Hennie, my sussie, is my kamermaat en medestudent. Jy kan maar vir hom ogies maak, hy het nie ’n vaste meisie nie . . .” Riana keer die stoel om met kleinboet en al. “Rissie,” sê hy terwyl hy sy klere afstof. “Hiervoor gaan ek jou in Ebenezerdam gooi met klere en al.”

      “Wel, as daardie kamermaat van jou eerbaar en betroubaar is, Gertman, kan jy hom gerus saamnooi. Hy moet net sorg dat hy hom by die meisiekinders gedra, anders gaan hy met my en Renier te doen kry,” waarsku Wessel ernstig.

      “Toemaar, hy is nie daardie soort nie, ouboet.” Gerrie sit die stoel weer op sy pote neer en neem plaas. “Ek sal hom later vanmiddag bel.”

      Hierna bespreek hulle die dag van hul vertrek en besluit ook oor die voedselvoorraad wat saamgeneem moet word. Tina en Riana bied aan om die inkope te doen, terwyl die mans vir die voertuie en tente sorg.

      Nadat hulle oor alles besluit het, draai Wessel na Tina en vra ernstig: “Is jy seker jou pa sal jou toelaat om saam met ons te gaan kampeer, Tina?”

      “Ek glo nie my pa sal beswaar maak as ek sê ek gaan saam met Riana en haar ouers kampeer nie,” terg sy, maar vervolg dan ernstig: “My pa weet dat jy en Riana en Gerrie my vriende is, Wessel. Hy weet ook dat ek sedert Ma se afsterwe meer dikwels hier by jul huis is as wat ek by my eie huis is. Hy het selfs al gesê ek behoort losies te betaal vir my verblyf en etes . . . Nee, ek sal vir hom sê dat ons jongklomp gaan kampeer – altans, julle jongklomp; ek en Riana word maar net saamgepiekel om vir julle kos te maak en skottelgoed te was.”

      “Jy begaan ’n fout, Tina. Daardie werk gaan nie net julle twee se verantwoordelikheid wees nie,” keer Renier. “Ek sal persoonlik toesien dat daardie twee se meisies,” knik hy met sy kop in Wessel en Gerrie se rigting, “ook hul deel bydra. Die werk sal gelykop tussen ons almal verdeel word.”

      “Dankie, Renier, jy het my en Riana se lewe gered,” terg Tina glimlaggend. “Wessel en Gerrie sal staan en toekyk dat ek en Riana ons oor ’n mik werk en niks daaraan doen nie. Maar ek belowe jou sommer nou, wanneer dit my beurt is om die ete voor te berei, sal ek sorg dat jy van alles die beste porsie kry.”

      “Maggies, maar hoe lekker klop my hart nou,” sê Renier vir Wessel, en vryf betekenisvol met sy hand oor die plek waar sy hart moet wees. Hy kyk na Tina en vervolg met ’n glimlaggie: “Ou swartkoppie, iets sê vir my dat ek en jy nog groot vriende gaan word.”

      “Pas op vir haar pa, Renier,” spot Gerrie. Riana mik om hom ’n oorveeg te gee, en hy moet net vinnig koes om haar hand te ontduik.

      “Nou los jy Tina se pa uit. Sy is ’n mens met eiewaarde, en moet dit nooit vergeet nie,” raas Riana met haar jongste broer.

      “Ek het nie bedoel om . . . e . . . snaaks te wees nie, Tinatjie, my ou sussie,” paai Gerrie nou met ’n vroom gesig. “Jy weet mos al dat ek nooit iets sal doen of sê om jou seer te maak nie. Ek wou Renier net ’n bietjie terg.”

      “Nou ja, hou op met jou tergery,” waarsku Tina.

      Hierna bring die huishulp vir hulle koffie en beskuit, en toe die son later laag in die weste hang, kondig Tina aan dat dit tyd is vir haar om huis toe te gaan.

      “Ek sal julle vanaand na die ete bel,” belowe sy. Sy sê tot siens vir die jongklomp, gaan groet tant Ella, wat in die kombuis besig is, en daarna vergesel Riana haar na haar bromponie toe.

      “Wat dink jy van die lang, blonde Renier, Tina?” vra Riana toe hulle die bromponie bereik wat voor die motorhuis staan.

      “Ek dink hy is die aantreklikste man wat ek nog ooit in my lewe gesien het,” antwoord Tina eerlik en reguit, “maar wat dink jý van hom, Riana?”

      Tina is besig om die bromponie aan die gang te kry, en sien dus nie die uitdrukking van verrassing op Riana se gesig nie . . . Vir Riana is dit inderdaad ’n verrassing dat Tina eindelik ’n man ontmoet het wat vir haar aantreklik is, want tot dusver het almal nog oor die een of ander iets beskik waarvan sy nie hou nie. Dit laat Riana ’n oomblik ernstig dink.

      Dan onthou sy dat Tina haar ’n vraag gevra het en antwoord met ’n vriendelike glimlaggie: “Snaaks dat jy so vra. Jy weet mos ek hou nie van blonde mans nie, Tina. Dit is bepaald omdat ek self blond is . . . Nee, jong, ek hou van ’n donker man. Maar ek wil darem dit van Renier sê: hy is baie ordentlik opgevoed en het mooi maniere. Ek hou van sy bedagsaamheid en sy sin vir regverdigheid. Jy sal nie ’n fout begaan as jy met hom bevriend raak nie, Tina.”

      “Vriendskap moet van twee kante af kom, nie net van een kant af nie,” herinner sy Riana. “Maar, wag, ons twee word nou te slim, laat ek liewer ry . . . Sien jou weer môre!”

      Daardie aand aan tafel vertel Tina vir haar pa van hul vakansieplanne. Omdat sy al so lank met die Beukesse bevriend is, gee hy sy toestemming dat sy kan gaan, maar sê darem: “Ek kan werklik nie begryp waarom jy jou nie by jou eie soort bepaal nie, Tina. Om elke dag in die geselskap van sulke mense te verkeer, kan jou tog nie werklik baat nie.”

      Tina voel dadelik gesteurd oor haar pa se snobistiese houding, maar kry dit reg om bedaard te sê: “Pappa, Ma het vir my en Santi geleer om nooit ons harte te verloën deur ons te laat wysmaak dat geluk met geld gekoop kan word nie. Ma het heeltemal gelyk gehad, want meneer Beukes is nie ’n ryk man nie, en tog is hy en sy gesin die gelukkigste mense wat ek ken. Vir hulle maak dit nie saak as daar nie elke dag nagereg op die tafel is of as daar net twee soorte groente vir die hoofmaal is nie. Daar is ander dinge wat vergoed vir die gebrek aan sulke stoflike dinge. Hulle is nie minderwaardige mense nie, Pappa.

Скачать книгу