Ridder in 'n wit jas. Amelia Strydom

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Ridder in 'n wit jas - Amelia Strydom страница 7

Ridder in 'n wit jas - Amelia Strydom

Скачать книгу

dís hoe ek van jou ontslae kan raak?”

      “As jy seksuele teistering by die diskriminasieklag gevoeg wil hê, ja.” Maar sy glimlag, en hy kan sweer dis stoutigheid wat in haar oë blink. Kan ’n triek van die vlamme ook wees.

      “As ek begin strip . . .” Hy rek die pouse lank uit. “Mag jy my four-by-four se sleutels vat en dáármee ry.”

      Sy lag saggies.

      Raak hy nou sertifiseerbaar gek, of is hierdie ding wat hulle doen, gevaarlik naby aan . . . Hy soek na die woord. Flirt? Hulle oë ontmoet. Hou nét te lank vas.

      Haar lag droog op asof ’n kraan toegedraai is.

      Hy dwing sy oë vlamme toe. “Ons maak ’n deal. Môre-oggend doen ek ’n EFT. Drie maande se salaris plus petrolgeld. So tienuur wanneer die pad droër is, ry ek agter jou aan tot by die N1.” Wat was daar nog? “O, en ek betaal vir ’n gastehuis op Bloemfontein. Dan hoef jy nie weer op een dag so ver te bestuur nie.”

      Hoekom sê sy niks? Sy kyk net skewekop na hom, so half onder haar wimpers deur. Hy wens sy wil nie.

      “Jou CV ís great. Jy sal vinnig ander werk kry.”

      Haar mond gaan oop. As sy nou mooipraat, is dit tick­ets. Dit was ’n lang dag – perde beslaan is moordende werk. Dis ál verklaring hoekom sy hart nou putty is. Goeie donner, dis vir haar eie veiligheid. Mens sou sweer hy’s Jack the Ripper wat met ’n mes oor haar staan. Dat sy om haar lewe pleit, nie vir ’n job nie.

      “Wil jy my . . .”

      Hy druk sy vinger op haar mond. Net ’n sekonde, om haar stil te maak. Lank genoeg om te voel hoe sag haar lippe is.

      “Slaap daaroor,” sê hy, harder as wat hy wou. “Ek dink dis fair, maar ek sal luister as jy verskil. Môre, wanneer dit lig is.”

      Sy staar dikmond na die vlamme.

      “Wat vanaand aanbetref, slaap jy in die huis.” Hy sluk droog. “In die gastekamer. Dis veiliger.” Wag, dit klink nie reg nie. Die huis is veiliger, dís wat hy bedoel het. Die huis se gastekamer. Hy wou dit nie laat klink of . . .

      “Ek slaap in die kothuis, dankie. Ek sal veiliger daar voel.”

      Hemel, sy social skills is verroes. Kan hy nie meer met ’n vrou gesels sonder om sy voet daarin te sit nie? “Moenie moeilik wees nie. Ek sal jou nie aan die hare kom wegsleep nie.” Nie vannag nie. Maar die vader weet, as sy nie môre ry nie . . .

      “Moet jouself nie vlei nie, dokter. Ek laat my g’n wegsleep nie. Veral nie deur jou nie.” Sy lig haar ken. “Ek slaap in die kothuis, finish en klaar. Ek sit nie my voete in jou gastekamer nie.”

      “Jy’t hulle klaar binne-in my kaggel, dókter. Pas op dat jou broekspype nie brand nie.”

      Sy versit haar tone. ’n Millimeter of so.

      “Jy onthou nog daar’s nie elektrisiteit nie, nè?”

      “Whatever. Ek soek net ’n warm bad en ’n bed.”

      “Daar’s ook nie warm water nie.”

      Dít lok ’n reaksie uit. “Nee!”

      “Sorry, geen geiser nie. As ek geweet het jy kom vandag, en nie môre soos ons afgespreek het nie, het ek Jantjie vroeg al in die donkie laat vuur maak.”

      “In die donkie?” Haar oë is pierings in haar bleek gesiggie. “Ek dag jy boer met perde. Enne, vúúr maak?”

      “Hemel, maar jy’s groen.” Hy skud van die lag. “Hierdie donkie is ’n plaasgeiser. ’n Groot drom water waaronder mens vuur maak.”

      “In daardie geval sal ek in die huis bad, maar in die kothuis slaap, dankie.”

      “Suit yourself. Ek gaan daai sop warm maak.”

      Sy loer skuins na hom toe hy opstaan asof sy nie kan glo hy’t haar ’n argument laat wen nie. “Kan ek help?”

      “Asseblief nie. Ek’s te honger vir verder baklei. Jy hou dalk nie van die sopborde nie, of jy stry oor hoe lank die sop moet kook.”

      Sy laat haar kop sak. Haar hare is nie vaalblond wanneer dit droog is nie, sien hy. Dis goud. Soos die grasveld in die winter daardie halfuur voor die son ondergaan. Net gladder. Blinker. Hy druk sy hande in sy sakke voor hy ’n gat van homself maak. Môre ry sy. Môre, dan’s dit verby. Hierdie . . . wat dit ook al is.

      Sy mompel iets onverstaanbaars.

      “Wat sê jy?”

      “Dankie,” herhaal sy. “Ek sê dankie, oukei?”

      Carli is trots op haarself. Sy het nie voor Eben-bleddie-Greyling aan die tjank gegaan nie, al het haar trane hóé vlak gelê. In die bad het sy ampertjies selfbeheersing verloor. Die verbrande man sou haar snikke nie kon hoor met die krane vol oopgedraai nie. Maar sy wou nie met rooi gehuilde oë uitkom nie. Nou is sy eindelik alleen. Net gou haar pajamas aantrek, dan kan sy gaan inkruip en hierdie aaklige dag in die kussings begrawe.

      Miserabel kyk sy om haar rond. Eben en Jantjie het haar bagasie in die hoek van die slaapkamer staan gemaak. Hulle het kerse aangesteek, wat die sinkdakhuisie knus en gesellig laat lyk. Dis klein, maar wat meer het mens nodig? Sy’s mal oor die rietplafonne en die groen geverfde sementvloer. Sy sou hier kon bly; dis ’n vriendelike huis.

      ’n Gordyn skei die slaapkamer van die badkamer. Sy trek dit weg om in te loer en sug toe sy die diep, wit pootjiesbad sien. As sy hier kon bly, sou sy elke aand doppe vol badskuim ingooi. Sy sou in die borrels lê en lees tot haar handpalms honderd jaar oud lyk. By kerslig, natuurlik. So ’n bad vereis kerslig, selfs in ’n huis met elektrisiteit.

      Sy dwaal terug na die woonvertrek. Lieflike meubels, als antiek. Baie soos Em se goedjies. Wat nou hare is. Die verdomde krieketbal is terug in haar keel.

      Haar pajamas is heel onder in haar tas. Toe sy dit eindelik raak vat, hou sy die satynkortbroekie en toppie met die spaghetti-straps op. Sy het stupid gepak. Pleks sy uitgevind het van die weer. Pretoria se nagte is nog warm, maar hierdie Karooluggie byt geniepsig. Dankie tog vir die dik, sagte donskombers op die dubbelbed. As dít haar nie warm hou nie, is daar ’n gasverwarmer in die hoek. ’n Kaggel ook, met hout klaar reggepak vir die aansteek. Daar is nog een in die woonvertrek, het sy netnou gesien. Nee wat, dis glad nie so primitief as wat Greyling haar wou laat glo nie.

      Selfs haar selfoon behoort hier te werk. Daar is glo boosters op die dak, hier en by die opstal. Die res van die plaas het nie opvangs nie; die werkers doen hul belwerk van die opstal se stoep af. Greyling het selfs iets gesê van WiFi, maar sy het teen daardie tyd nouliks meer geluister.

      Gepraat van fone, sy het ’n nuwe voicemail. Iemand moes gebel het terwyl sy en haar kar op die seinlose grondpad rondgegly het. Sy het dit vroeër gesien toe sy haar Black­Berry wou gebruik om Greyling se seksistiese beledigings op te neem.

      Die matrasvere kraak uitnodigend toe sy op die bed neersak. Sy wip ’n keer op en af. Hmmm, lekker stewige matras, nes sy daarvan hou. Sy gaan soos ’n klip slaap. En môre . . . Môre gaan sy uitgerus wakker word en soos ’n soet kind terugry Pretoria toe. Nie omdat sy vir haar amperbaas skrik nie, maar omdat sy wil. Sy het

Скачать книгу