Inboekeling. Hans du Plessis

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Inboekeling - Hans du Plessis страница 5

Inboekeling - Hans du Plessis

Скачать книгу

hy die onderste trap mistrap.

      “My geweer het juis gebreek, Pa,” sê Niklaas en dit is asof hy die riem bietjie skietgee.

      “’n Geweerkolf se regmaak is nie ’n smid se werk nie.”

      “Ek weet, Pa, ek is nie meer ’n kind nie.”

      Om die hoek van die huis loer twee grys kappies en ’n rondebolhoedjie.

      “Is hier kuiermense, Ma?” vra klein Liesbet nuuskierig, en Trien­kie struikel giggelend agter die hoek uit toe klein Martiens haar vorentoe stoot. Die res van die droëlewer se kroos.

      ’n Hoenderhen skarrel kekkelend voor hulle voete uit toe die op­tog begin beweeg; die prosessie word al langer. Net Poon gaan nie verder saam nie, die perd het niks vir die patriarg te sê nie.

      5

      Die optog van die Hierders begin lusteloos van die droëlewer se kweekstoep af wegbeweeg in die rigting van die patriarg se huis, die enigste van die huise wat noord front. Nie dat dit in die winter veel help nie, want die wye stoep se grasdak skerm soos ’n deftige hoedrand oor die hele lengte van die huis. Dit rus op vyf veran­da­pale, groen geverf, en tussen die pale die houtreling heuphoogte, gekruiste sparre, groen en wit. Drie groot deure op die voorstoep uit, die middelste ene is dié uit die voorkamer. Regs die oumense se slaapkamer en links Windvogel se kamer sonder ’n binnedeur.

      Die optog vorder so moeisaam soos die hitte: die droëlewer, die bullebak, die vreemdeling met die riem om sy nek, Liesbet Opper­man, die weduwee Susanna Coetzee, haar twee dogters en dan Patrys. ’n Entjie agter haar loop die drie kleintjies en giggel agter bakhande. Dan Jakob die hond.

      Die middag is geel van die stil hitte waardeur die groepie aan­slof. Dit lyk kompleet of elke grashalm ’n vlammetjie son is wat brand, sonbesies huil van die hitte en geen voël waag dit in die lug in op nie. Die bome se blare hang uitgeput van vergeefs skadu gooi oor die warm grond.

      Die binneland voel ook nie aldag meer na ’n land van belofte nie.

      Hermaans Opperman moes die stoet sien aankom het, want net toe hulle voor die wye stoep tot stilstand kom, staan die patriarg soos ’n brandwag skielik in die middelste deur wat op die stoep uitloop. Hy bly ’n oomblik staan sodat sy oë aan die helder hitte gewoond kan raak. Dis nie dat hy huiwer nie. Die patriarg is nooit onseker nie. Toe lag hy kenmerkend hees, al kom die lag nie altyd tot by sy donker oë nie. Hy moet buk om sy lenige lyf onder die lae kosyn deur op die blinkgevryfde rooi stoep te kry. Die patriarg bly onderdak staan, asof dit enigsins koeler kan wees. Hy is ’n lang, skraal man, sy hare nog donker en langerig, sy baard effentjies grys, maar goed versorg. ’n Mens sou verwag hy moet gryser wees op sewentig. Sy bewegings is ook nog soos dié van ’n jonger man.

      “En dié nou?” groet die patriarg agterdogtig en beduie met sy kop na die vreemdeling.

      “Dag, Pa,” groet die droëlewer.

      “Dag, Oupa,” sê die bullebak.

      “Ek sien julle. Julle hou nie altemit julle eie vergadering nie?”

      “Nee, Pa.”

      “Ek het ’n rondloper gevang, oupa Hermaans.” Die bullebak hou trots die riem omhoog, en die vreemdeling moet sy nek skuins agter die riem se beweging aan rek.

      “Maak los die man, dis nie ’n dier nie,” beveel die patriarg.

      Martiens en Niklaas se hande raak byna deurmekaar soos wat hulle oorhaastig die riem om Japie se nek probeer loswoel.

      “Ek het gesê hulle moet die riem afhaal, oom Hermaans.” Maria Coetzee tree kordaat na vore. “Dis Niklaas wat die vreemdeling so moor.”

      “Niklaas het altemit sy redes,” antwoord oupa Hermaans.

      “Hy het die vrouens afgeloer toe hulle gebad het, Oupa.” Niklaas staan met die lus in sy hand.

      “Kom ons gee die man net kans om self te praat, hy lyk nie vir my gevaarlik nie. Verwaarloos ja, maar nie gevaarlik nie.” Die patriarg loop tot voor op die stoep en kyk af op die vreemdeling. “Wie is jy, Neef, en waar kom jy vandaan?”

      “Ek, ek is Japie Niemand, Oom, en ek kom van Elders af, Oom.”

      “Sonder ’n perd of ’n roer?”

      “Nee, ek meen, ja, Oom,” stotter Japie.

      “Waar is dié Elders nou eentlik? Ek kan nie so ’n plek nie.”

      “Dis ons plaas, Oom, maar ek weet nou nie meer waar dit is nie, Oom.”

      “Hoe weet ’n man dan nie waar hy vandaan kom nie, Oupa?” vra Niklaas. “Hy staan vir ons en lieg.”

      “Dalk nie, ou seun, hy lyk vir my net erg deur die wind.”

      Die patriarg kyk na Japie, staan effens weg van die stoeptrap af en beduie met sy groot hand vir Japie om op te kom stoep toe. “Kom, kom sit hier op die stoep, onderdak uit die son uit.”

      Die ander tou agter mekaar die drie stoeptrappies op. Die drie kleintjies gaan op die trappies sit. Jakob die hond plof by hulle voete op die grond neer. Niemand gaan op die groot stoel met die hoë rugleuning en die armleunings sit nie. Hulle weet mos dit is die patriarg se stoel.

      “Koffie?” vra Hermaans Opperman, en hy kyk direk vir Japie wat met sy gefrommelde hoed in sy een hand bly staan het. Met die ander hand voel hy versigtig oor sy keel.

      “Water, asseblief, Oom, net ’n bietjie water, asseblief, Oom.”

      “Windvogel!” bulder die patriarg.

      Die stoepdeur links van die voordeur gaan onmiddellik oop, asof Windvogel aan die binnekant daarvan met sy hand op die ronde koperdeurknop gestaan en wag het. Sy oor vas teen die deur. Die inboekeling kom op die stoep uit, glad nie verbaas oor wie almal hier vergader het nie. Hy wag op verdere instruksies van die patriarg.

      Windvogel is ’n plomperige seun met ’n uitdrukkinglose gesig. Die lang wit broek en die wit hemp met lang moue beklemtoon die ronde, swart gesig en die ronde hande wat hy langs sy sye hou. Die seun moet nou so dertien, veertien wees. Niemand weet presies nie, maar ’n mens kan dit naastenby uitwerk, want hy moes om­trent sewe gewees het toe die patriarg hom ingeboek het, en dit was sewe jaar gelede, toe ons nog op trek was. Die stamkaptein en die patriarg het destyds ooreengekom dat die patriarg die kaptein se jongste seun sou inboek. In ruil daarvoor moes die ingeboekte van kos en klere voorsien word en vir iets nuttigs opgelei word.

      “Leer hom julle taal en kultuur en vaardighede, en stuur hom dan weer terug,” het die kaptein deur middel van sy tolk die onder­handeling afgesluit. Hy het die ronde seuntjie met die stringetjie wit en blou krale om die nek en om die lende onder die magie deur na die patriarg toe gestoot. Die seuntjie het gerem, maar die patriarg het hom ferm aan sy hand vasgehou, terwyl die kind agter sy pa wou aangaan.

      Van toe af is hy Windvogel. Windvogel Opperman, as jy beson­der­hede wou weet. Net so.

      Die patriarg moes aan die kind se hand klou, want die mannetjie het geruk en gepluk en geskree totdat hulle hom agter op die wa gegooi het en ’n kombers oor sy kop getrek het.

      Nou staan Windvogel

Скачать книгу