Inboekeling. Hans du Plessis

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Inboekeling - Hans du Plessis страница 7

Inboekeling - Hans du Plessis

Скачать книгу

staan die sieleherder se huis links van die groot opstal, net effens nader. Die enigste van die woonhuise op Hier wat nie helder wit gekalk is nie. Die pleis­terwerk is valer, nie baie glad afgepleister nie, asof daar nie gereed­skap daarvoor was nie. Die hartbeeshuis van paal en klei staan parallel met die plaaspad, met die afgeskilferde donker deur op die koppenent noorde toe. Die grasdak tussen die twee gewels loop tot amper op die grond. Dit is die enigste werf op Hier wat nie skoongevee is nie. Die klippe lê nog tussen die droë gras soos wat die Liewenheer dit daar gelos het.

      “Dit is die binneste wat in orde moet wees,” sê die sieleherder altyd. “Dit is nie hoe ons van buite lyk nie, my broeder, dit is die dieper dinge waarop dit aankom.” En as ’n mens óm die sieleher­der se huis loop, sal jy sien dat niks op die aardse ingestel is nie. “Daar is belangriker dinge in die lewe, my broeder.” Aan die agter­kant van die langwerpige geboutjie, rante se kant toe, oos van eden, is daar net twee vierkantige vensters in die muur. Met hortjies. “Om die duisternis uit te sluit, my broeder, of om die lig in te laat.” ’n Venster vir die voorkamer en een vir die slaapgedeelte anderkant die voorhangsel. Tussen die twee vensters loop die ag­terdeur op die werfie uit. Die es en die bakoond is buite, want die reuk van ou rook is nie goed vir die bors nie. Aan die voet van die rant is ’n skaapkraaltjie met plat klippe gepak. “Die herder moet by sy skape bly.” ’n Lendelam hek – en hy wat nie deur die hek gaan nie, is ’n dief.

      Die hitte moes die sieleherder binnetoe gedwing het, want gewoonlik sit hy hierdie tyd van die dag op die regop kombuisstoel onder die jong perskeboom net buite die voordeur, die Bybel oop op sy skoot.

      Vandag is dit darem té warm, en toe die optog voor die hartbees­huis se halfoop deur tot stilstand kom, moet die patriarg klop, want klaarblyklik is niemand in die huis nog van die aantog van die be­soekers bewus nie.

      Dit is die sieleherder se jong vrou wat van agter die huis om die hoek kom.

      “Oupa,” groet Katrina Smit die patriarg verbaas. “Ek was agter by die hoenders. Is daar fout?”

      “Nee, my kind, ons kom net by Sarel verneem of hy altemit sy slagveer al laat regmaak het?”

      Katrina Smit, gebore Opperman, is nog nie twintig nie.

      As jy gedink het die weduwee en haar dogters is mooi, dan is Katrina beeldskoon. Vir my die mooiste mens op Hier, en daar is dié wat sê daar was op die ganse trek nie ’n mooier meisiekind as sy nie. ’n Lyf, wat selfs toegewikkel in ’n stuk seil, enige man sy pyp­steel laat flenters kou – en die vrouens jaloers op hol jaag. Mooie meisiekind, van die lang, bruin vlegsel en die wakker bruin oë, tot op die fyn punte van haar velskoentjies.

      Beminde van Salomo se mooiste lied.

      Haar ma is voor Katrina se oë dood toe die nasies hulle kamp oor­val het; die werpassegaai was dwarsdeur haar nek. Katrina se oorlede vader, Maans, die patriarg se oudste seun, is nie lank daar­na nie op ’n jagtog deur ’n olifantkoei doodgetrap. Hulle sê die oli­fant was só naby dat sy die geweer met haar slurp uit Katrina se pa se hande geslaan het.

      Katrina het toe by haar grootouers kom bly. Sy kon beter lees en skryf as al die ander kinders van Hier, en sy het by die dag mooier geword. Begeerliker. Liefdevol. Toe die onverwagte troue.

      ’n Huwelik met die Godsman, het die patriarg geredeneer, het vir hom na die regte ding gelyk.

      “Sarel Smit is amper veertig jaar ouer as ek, regtig, Oupa,” het sy probeer protesteer.

      “Die liefde sien nie ouderdom nie, my kind.”

      “Liefde?” het sy moedeloos gevra, en moedswillig bygevoeg: “Dis die lyf wat die ouderdom ken.”

      Hulle is toe getroud.

      Deel van die bruidskat wat sy by haar oupa gekry het, was Kok­kewiet. Kokkewiet het haar so te sê grootgemaak, want die patriarg het Kokkewiet lank terug by deelkraal as deel van oorlogsbuit ontvang.

      Toe Katrina trou, het die oumense Kokkewiet aan haar afge­staan. Miskien het hulle skuldig gevoel – aan die ander kant, dis die patriarg waarvan ons praat.

      Nou kom soek haar oupa en die hele Hier haar man se slagveer.

      “Ek sal by Sarel hoor, Oupa. Ek kan julle ongelukkig nie almal binnenooi nie.”

      “Toemaar, ek verstaan. Ons wag net hier buite, my kind.”

      Hulle hoor haar binne dofweg praat.

      “Dag, Vader.” Hy het die patriarg van hulle troue af vader ge­noem. Hy kon hom kwalik as oupa aanspreek, want die sieleherder is gryser as die patriarg, veel meer afgeleef. Hy lyk ouer, maar is in werklikheid amper tien jaar jonger as sy vrou se oupa.

      “Hier is die slagveer.” Hy hou die twee stukke gebreekte blink metaal in die palm van sy hand. “My roer is nou als een herder son­der gemeente, nutteloos.” Die sieleherder laat die twee stukke veer in die patriarg se uitgestrekte hand val.

      “Neef Japie,” die patriarg maak sy regterhand oop en draai na die vreemdeling toe, “sal jy altemit dit weer aan mekaar kan smelt?” Met die linkerhand skuif die patriarg die twee dele teen mekaar so­dat die slagveer amper soos ’n U op sy handpalm lê.

      Japie buig oor die oop hand asof hy nie van ver af presies kan sien nie. “Ek dink so, Oom.” Hy huiwer.

      “Nou laat ons jou die winkel loop wys, dan kan ons jou kans gee om jou staal te toon.”

      Die optog stryk deur die hitte aan, verby die weduwee se waens na die smidswinkel wat dwars met die plaaspad staan, nader aan die wapad – in geval van nood. Die groot deur van die smidswinkel kyk noord, maar sedert die smid se dood staan dit so toe.

      Die sieleherder loop nie saam nie. Die dag is te warm vir sy swak bors en sy hoed is in elk geval nog in die huis.

      Die groepie mense kom voor die smidswinkel se deur tot stilstand, asof dit vooraf só afgespreek is: ’n oeroue ritueel in dood se stilte. Uit respek vir die dooie smid haal die patriarg sy hoed af en buig sy hoof. Hy kyk vlugtig na die weduwee wat met haar hande oor haar gesig eenkant bly staan het. Die patriarg kug voordat hy die grendel wegskuif en die swaar deur blikkerig begin oopmaak. Niklaas neem die deur by sy oupa en trek dit verder oop. Voor hulle is die smidswinkel met sy ysters en gereedskap, kettings en meer as een aambeeld. Die groot houtvat met water. Dan die koue vuurherd en die pap blaasbalk, en ’n lagie rooi stof oor die stilte.

      Die twee Coetzee-dogters gaan weerskante van hulle ma staan, met Patrys reg agter hulle. Die vroue loop nie een in die winkel in nie.

      “Ons los jou hier, Neef,” sê die patriarg skor. “Ek sal later kom kyk wat jy uitrig.”

      “Ek sal hier bly, Oupa, netnou vlug hy.”

      “Los maar, Niklaas, ek het klaar gesien hy sal nie weghol nie.”

      Op die terugtog het elke gesin by hulle eie werwe ingedraai, en die patriarg was al onder die dak oor sy stoep, toe staan Japie Nie­mand nog net so alleen voor die oop deur van die smidswinkel.

      7

      Hy bly verbysterd voor die oop deur van die smidswinkel staan, staar met ’n oop mond na die binnekant van die groot vertrek, son­der dat iets daarin by hom registreer. In sy toe vuis sweet die twee stukke staal van die sieleherder se slagveer.

      Hoe

Скачать книгу