BUYS. Willem Anker

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу BUYS - Willem Anker страница 7

BUYS - Willem  Anker

Скачать книгу

hoe neem handgebare oor wanneer die woorde tekortskiet. Hoe vra jong Buys hom uit tot die man homself, ná ’n paar onsuksesvolle probeerslae, verskoon kry.

      Die eerste oggend terug op die plaas saal ek Sweetvlek Senekal se ryperd op. Een van die meide gaan vertel vir die baas en dié kom al skreeuend op my afgestap. Wie de duivel dink ek is ek om sy perd te bestyg? Ek bring die perd tot stilstand, neem hom dan deur ’n paar van die danspasse wat die Fransman my gewys het. David Doerak word stil. Hy staan vir ’n wyle en hou my dop. Voor hy wegstap, mompel hy dat ek sy perd mag leen ná my dag se pligte volbring is.

      Iedere laatmiddag is ek in die saal en die maan hang al hoog voor ek die perd koudlei. Ek verneem Siepsop Senekal vertel die hele wêreld behalwe vir my hoe verbaas hy is dat hy en die vreemde bogkind ’n belangstelling in perde deel. Ek kan sien hoe dit hom dwarssit as die perd beter na hierdie wildewragtag luister as na hom. Ek sorg dat hy by is toe ek die perd met groot gebaar herdoop tot Perd. Ek maak seker hy sien ek kyk vir hom as die gedierte nie meer reageer wanneer hy hom op sy ou naam roep nie. Ná ’n paar weke wil hy my weer belet om naby Perd te kom, maar Geertruy sê sy woord is sy eer. Ek het ’n glimlag geoefen en gekerf wat ek byderhand hou vir oomblikke soos hierdie, ’n glimlag spesiaal vir my lieve peetvader.

squigle

      In daardie jaar en die jaar daarop kan jy my kom soek tussen die volk se hutte. Op so ’n somersaand is ek sestien en dralend tussen die vure. Kinders hang om my en ek tel hulle op my skouers. Hulle kekkel van plesier en hulle ouers roep hulle binnetoe. Ek loop ’n paar keer verby die hut waar ek weet sy woon en ek vra niemand uit oor haar nie en sy verskyn nie. Ek gaan sit by ’n groep jong Hottentotte en ons praat oor die koei en haar uier wat die middag begin sweer het. Een van die Hottentotte het ’n moedervlek oor sy gesig en gooi op oor die vuur en die ander lag en ek sien haar nêrens nie.

      Op ’n later, koeler aand kan jy my vind by ’n vuur waar ek bier drink saam met twee ou beeswagters wat praat oor droogte. Af en toe loer hulle na my. Ek sit en drink wat hulle het en belowe om vir hulle die volgende dag terug te besorg wat ek gedrink het en hulle lag want hulle moet en sê ek is welkom en ek vra hulle nie uit oor haar nie en baie later staan ek op en stap aan na ’n ander vuur.

      In die winter is die hout nat en die vure rook en die ou mans is ouer en as hulle my sien, glip hulle die naaste hut in met hul kalbasse. Ek baklei wanneer ek dronk is en soms maak ek of ek dronk is sodat ek wilder kan slaan en op geen van hierdie aande verskyn sy nie en op iedere van dese aande kyk ek te vinnig op as haar naam gesê word. Klonkies wat al moes gaan slaap het koggel haar naam as hulle my sien aankom. Die jong Hottentotte lag maar lag nie hard nie. Vroeg een oggend gooi ek op van die karrie en neem ’n bastermeisiekind na my hut. Ek lê vir die eerste keer by ’n vrou. Ek onthou hoe sy geruik het en hoe benerig sy was en dat sy nie wou nie en hoe vinnig dit verby was. In die volgende weke wip ek nog twee en sit ek rond saam met Saterdag wat nooit oor haar praat nie.

      Teen die einde van die winter is die vure klein en die mense bly binne. Ek sluip steeds af en toe tot waar ek die afskynsels van haar familie in hul hut kan sien beweeg, maar ek kom nie uit die bosse nie. Een nag is die lug oop en die sterre stort oral om my neer toe ek opstaan van die vuur waar enkele siele die koue verkies. Dit vries hier buite, maar my vossehol is te benoud. Die mans om die vuur het elkeen redes om nie in hul hutte by hul vrouens te wees nie. Hulle sit stil, die enigste dans die skaduwees in die rokerige vlamme. Ek loop die veld in met ’n kalbas. Daar is iemand wat agter my aan loop. Ek stop ’n paar keer, luister. Die voetstappe is lig, maar nie gewoond aan gluip in die donker nie. Die figuur gaan staan sodra ek gaan sit. Die donker buitelyn staan ’n wyle vir my en kyk en loop dan terug in die rigting van die vuur. Ek maak die kalbas leeg. Snotterny Senekal se brandewyn brand my keel. Ek gaan huis toe. In die loop kyk ek oor my skouer of ek nie een van die skaduwees herken nie. By my hut sit sy vir my en wag.

      My vader is bang vir jou.

      Vir wat?

      Hy sien jy loop op en af voor ons hut. Hy sê jy trap ’n sloot uit tussen jou plek en ons plek.

      Ek loop op baie plekke.

      Ek hoor so, ja. Maar deesdae loop jy net een pad. Vader sê hy gaan my doodslaan as hy my by jou vang. Hy sê jy kan nie sorg vir ’n vrou nie. Hy sê jy kan nie sorg vir jouself nie.

      Ek sorg. Ek het hierdie huis gebou.

      My vader sê hierdie ding is g’n huis nie, hy sê volstruise bou beter neste.

      Nou laat jou vader vir my ’n huis kom bou.

      As jy hom sê, sal hy dit moet doen.

      Wat soek jy hier?

      Hoekom praat jy nie met my by die Seur se huis nie.

      Ek praat.

      Jy praat g’n.

      Waaroor wil jy praat?

      Ons sit die nag deur in my volstruisnes en sy vertel vir my van haar lewe en haar ouers en haar sussie wat dood is die vorige jaar en haar vader wat op en af in die hut stap en prewel en hulle slaan as die gemarsjeer nie werk nie en die kinders van Geertruy wat sy oppas en beter ken as wat ek hulle ken en ek vertel vir haar niks maar ek luister na alles wat sy sê en ek vergeet daar niks van nie. Dit is oggend toe sy stadiger begin praat. Die belangrikste wat moes uit, is uit. Sy laat my toe om aan haar te vat. Die rok wat sy begin uittrek, was my moeder s’n en was Geertruy s’n. Ons soen tot sy moet gaan melk afroom vir godverdomde David se godverdomde botter. My pik wil niks weet nie. Ná sy weg is, werk ek my styf met my hand en ploeg ’n stuk grond los waar ek lê en vee myself af aan die karos. Ek loop verby die melkery en sien haar daar, besig om die lepel wat in die vat geval het uit te vis. Haar arms drup room. Ek draai weg, stap aan veld toe, gaan staan en draai weer om en spied weer terug. Kyk, sy loop na my toe.

      Sy is skaars vier voet lank. Ek lê bo-op haar, dit is asof sy in die grond in verdwyn onder my. Wanneer sy oor my buk, is ek ’n kind tussen haar borste. Sy is sag soos geen ander lyf nie en sy ruik na diervet en boegoe en die goed waarmee sy Geertruy se kappies styf. Die volgende paar maande soek ons mekaar op in die veld en agter die opstal en is daar tandemerke op ons lywe en is ons mikke seer en rou.

squigle

      Betrag ons goed, loer ons af as jy kan, want ná twee eeue kan ek steeds nie ons liefkosings onder woorde bring nie. Woorde soos drif en allesverterend maak geen prente van haar tepels nie. Geertruy het my ordentlik leer lees en skryf; ek weet wat dit werd is. Knoop eerder die voorflap van jou broek los of glip ’n hand onder jou rok in en kyk hoe span haar rug.

squigle

      Kyk, ek lyk veel ouer as twintig toe ek daardie dag ver die veld in loop. Die donderwolke hang laag en vol. Die swart wolke maak die vlakte helderder, die groene en gele skerper. Ek kies willekeurige spore. Ek nael al op ’n oorbietjiespoor, dan versit ek voet ná voet agter ’n bergskilpad aan. Ek volg ’n voetval solank die pas my geval, tot ’n begeerliker spoor die vorige een kruis. Ek volg ’n klipspringer in die rigting van die rivier; ek draf en hol met ribbokspoed langs die oewer af. Die stroom kronkel vlak deur die poort. Dan is die spoor wat my aandag steel bo my in die lug: die fluite van windswawels wat oor en verby mekaar flits, asof hulle onsigbare lusse knoop en ontknoop. Op pad noorde toe. Ek wonder hoe ver is Ezeljacht van Frankryk en my stamvaders. Al dansend en rasend span hulle hul sabelvlerke, die vlerkgeklap soos applous om my heen. Hulle breek die sirkels en vlieg hoog die lug in. Een van die swawels skiet laag oor my kop verby en verdwyn in die rantjie oorkant die rivier. Vir ’n oomblik lyk dit of die vogel in die rotse

Скачать книгу