BUYS. Willem Anker

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу BUYS - Willem Anker страница 8

BUYS - Willem  Anker

Скачать книгу

rant in. Twee kraaie draal in die lug, krysend, ver bo die swawels. Die vogels kolk laer, een vir een vlieg hulle hulself te pletter teen die rotse en skiet dan weer herbore daaruit.

      Toe ek nader kom, sien ek die grot aan die oorkant van die stroom. ’n Oorhangrots in die rant waarin die swawels verdwyn. Die plek waarin die swawels vervlieg, is meer as ’n oorhang maar nog nie ’n grot nie. In die son sal jy daar verbyhou sonder om op te kyk; in ’n donderstorm sal dit vir jou wees soos ’n bergvesting, ’n paleis uit die aarde gekap. Dit is nie veel van ’n wegkruipplek nie, maar dit is ’n moederskoot of fort vir dié wat die een of die ander soek en niks anders in die omtes kan vind nie.

      In die middel van die stroom trap ek in ’n gat, is skielik halflyf onder die water. Dan is ek by die riete en uit en op met ’n paar treë na die grot. Ek beur deur die haak-en-steek. Ek loop in onder die oorhang waar die vogels die aarde ingevlieg het of verbrysel voor die rots sal lê. Ek vind hulle kwetterend in die krake, versteek in modderneste onder die oorhang. Die rotsdak is swart geroet. Die wande is beskilder.

      Groot vae figure in houtskool strek oor die rotswande, na links heelwat prente in oker. Die grond is vasgetrap; geslagte van voete het hier gedans. ’n Lang, nou skeur lê ’n voet of wat dwars bo die grond. Dit is donker daarbinne en ruik na dassiekak en niemand sal ooit weet hoe diep dit loop nie. Tussen die geverfde gediertes is figure wat mens is en nie meer mens nie: dansers met die gevurkte sterte van visse of watermeide of windswawels.

      Ek draai om na die gekwetter agter my. Die swawels vlieg heen en weer verby die oorhang. Hulle is skaars ’n paar armlengtes weg, maar hoe naby ook al, hulle bly lyk soos veraf valke. Glo my, die son weerkaats in hul regter-, die maan in hul linkeroë.

      Die lug is geledig van hulle geraas, my oë weer by die rotswand. Nog-vis-nog-vogel-mense in ’n kring. Roesbruin figure met swawelsterte vooroor gebuig, leunend op kieries. Hierdie tafereel is klein, al die figure pas maklik onder my hand. Ek ruk my hand weg, vee my klam palm aan my broek af. ’n Paar figure in die middel van die toneel, meer prominent, met fyn vingers geklem om danskieries, ineengekrul van die krag wat in hulle kook, en daaronder, langs ’n lyn wat ’n onderstebo boog span en na links verdwyn in die rots, ’n skool gevleuelde wesens wat, arms na agter, vliegswem saam met die lyn, tot hulle wegsmelt teen die klip.

      Dit lyk of die figure die stulpings en krake in die rots binnegaan of verlaat. Soms lyk dit of die figure uit smeersels verf oprys. Ek kan sien die tekeninge lê al van toentertyd teen die wand, maar dit is nie die oudheid daarvan wat my hier hou nie. Oudheid is niks om op trots te wees nie. Ek kry nie die prente klein nie, maar ek hou aan kyk. Al waarvan ek seker is, is dat die vent wat hierdie goed geskilder het, nie verward was nie. Ek loop huis toe. Die ligter wolke het weggebrand voor die son. Die oorhang en sy swawels en prente in die verlede. Die maan soos ’n verbleikte vlek van laas nag se glans, steeds in die lug.

squigle

      Maande later is Geertruy aan ’t seep kook. Sy vra die kinders op die werf om vir haar gannabos te gaan haal vir die loog. Die kinders vertel stories van ’n tier wat deesdae in die klowe hou. Sy kom vra my om mee te gaan en ’n oog te hou. Ek sleep Saterdag saam vir geselskap. Ons vind ’n tierspoor en loop op in die kloof met die kinderstemme wat opgalm agter ons aan. Bo in die kloof kom ons af op nog prente. Niks so fyn en duidelik soos die swawelmense nie: vervaagde elande en olifante teen ’n rots sonder oorhang waar die son en reën die spore van mense uitwis.

      Saterdag word stil en vee met sy hand oor die tekeninge. Ek vertel hom van die swawelmense in die poort. Saterdag onthou wat hy kleintyd gehoor het. Stories van sy ma en die oumense wat eens in die berge gejag het voor hulle die Senekals se vee kom sit en vetmaak het. Hy vertel my van die rots wat die sluier is tussen hierdie wêreld en ’n ander een. Hy vertel hoe wêrelde versmelt in die grotte waar toordenaars die natuur na-aap en waar mense vogels word om na die ander kant te vlieg en hoe die tekeninge hierdie reise in beweging hou. Hy vertel dit alles vir my soos hy onthou die oumense dit aan hom vertel het en so praat hy hulle na sonder dat hy al ooit self so gedans het.

      Ek gee nie veel aandag nie. Saterdag dreun voort. Af en toe kom staan en luister die kinders na ’n stuk storie voor hulle weer tussen die gannabosse in klouter.

      Daai swawels, Coenraad, hulle weet wanneer om te trek, hulle weet as die kwade weer en sy bliksems kom. Niemand kan daai swawels vang nie. Hulle vlieg so vinnig want hulle is skaars meer as wind. Daardie windgevogeltes.

      Ons maak ons klein, Windvogel, sê ek. Soos ’n yl briesie. Dan, eendag, laat ons uit ’n blou lug ’n godverdomde storm op hulle los.

      Windvogel, sê Windvogel en dink diep. Ja, sê hy, Windvogel hou my meer aanmekaar as Saterdag.

squigle

      Ek word mondig en ek dagvaar vir Skimmel Senekal omdat hy my nie my deel van die botterwinste betaal nie. Hy het beloof om my te betaal vir my arbeid op die plaas. Elke lieve maal wat ons verby die vier meide loop wat staan en botter karring, is dit dieselfde storie. Hoog en laag sweer hy dan dat helfte van die opbrengs van die botter myne is sodra ek een-en-twintig word. Maar die natte bloedpoep is die laaste paar jaar te slapgat vir die maand lange tog na die Caabse markte toe. Een aand vra ek hom weer uit oor die botter. Hy mor in sy by die dag gryser baard oor die swak pryse. Hoe die botter al stink teen die tyd dat dit in die Caab aankom. Hy kla oor die Bossiesmans en die klousiekte en die verskeurende gediertes wat langs die pad lê en wag op ’n ossewa. Ek sit terug en luister met my glimlag. Geertruy spring op en gaan aan ’t tjank en snou my iets toe. Sy sê my hart het koud geword. Ek sê dit is omdat ek nie meer by hul herd lê soos hul vervloekte honde nie. Die saak word afgekeur en ek appelleer en die landdrost beveel dat Slak Senekal sy osse moet inspan en sy onderstel in die Caab kry en vir my my geld gee. Ja-nee, Goddank vir die owerheid. Skaars twee jaar later kom die landdrost weer van ons te hore toe ek vir Slangentyfus Senekal half dood bliksem.

squigle

      Met die geld wat ek uiteindelik van David Dopluis kry, teken ek ’n huurkontrak vir ’n brak stuk grond naby die Kammanassieberge, noord en deur die poort binneland toe. Dit lê nie ver genoeg van my familie nie, maar ek verwag nie veel besoeke nie. My broer Johannes het die grond onlangs verlaat toe hy versit het oosgrens toe. Ek het af en toe daar aangedoen en gehou van die swart grond, die vaal bossies, die skielike ooptes buite die ewig wurgende Cloof. Ek sê vir niemand nie; vir wat? Oor my vaderskap praat ek ook nie veel nie. Wat moet mens sê? Dit maak Maria bly. Die baba se hare is rooi soos my baard.

      Ek maak Maria een oggend wakker en sê sy moet begin pak. Ek gaan haal vir Windvogel en ons loop jaag my beeste en skape bymekaar.

      Gaan maak jou bondel, sê ek. Bind hom styf vas.

      Die reën is op pad. Ek het dit die vorige aand in die yl sekelmaan gesien en teen die oggend giet die mis van die see af oor die suidelike berge, al met die Cloof langs soos melk wat oorkook. Borrelende koue stroom oor die berg tot die vaal hange wegraak. Die skitterende mis gaan lê agter die bome op die bergvoet soos ’n tweede berg, ’n soliede spooksel. Die dikmelkwolke maak die hemel en grond vas en beide tot niet.

      Ek gaan haal my saal in die huis en loop met die ding oor my skouer die lande in na David Doodvallen. Ek vertel hom dat Windvogel saamkom. Reetschilfer Senekal is nie beïndruk nie. Die Bossiesman wat tussen sy Hotnots grootgeword het en wat sy kos opgevreet het en wat deesdae homself Vogel Watookal noem, kan nie sommer loop soos hy wil nie, sê hy. Hoe vinniger ek onder sy voete uit trap, hoe beter, is sy beslissing. Maar as ek trek, trek ek alleen. Ek glimlag. Ek het my eie grond. Skeurbuik Senekal is nie meer my baas nie. Hy karring voort oor hoe hy my grootgemaak het en hoe hy my gevoer het en dat hy meer verdien as om landdrost toe gesleep te word oor ’n paar

Скачать книгу