Verliesfontein. Karel Schoeman

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Verliesfontein - Karel Schoeman страница 9

Verliesfontein - Karel  Schoeman

Скачать книгу

soos hare wat agter sy rug om op pad is terug deur die veld in die rigting van die verspreide huisies en pondokke, en besef dat sy in hul midde is en dat hulle alkant van haar loop terwyl hulle haar stut en voortlei of half teen haar sin met hulle saamsleep, strompelend oor die ongelyk grond in die heftigheid van haar ontsteltenis sonder om ag te slaan op hul pogings om haar te troos of te kalmeer. Waar het die vroue haar dan gevind en hoe was dit vir hulle moontlik om haar op hierdie wyse terug te lei sonder dat hy hulle sien? wonder hy, en besef opnuut en met groter duidelikheid die ongepastheid van vrae van hierdie aard en die irrelevansie van die inligting. Dit is nie verklarings wat hier gesoek moet word nie, begin hy algaande besef, maar aanduidings, leidrade of vingerwysings aan die hand waarvan hy algaande die nodige kennis sal kan opdoen en begrip sal ontwikkel van dit wat vir hom nodig is om te verstaan.

      Onseker of die vroue van hom bewus is, volg hy hulle op ’n afstand deur die veld. Dit is asof die ontstelde vrou wat hy die eerste gesien het haar verset, en hulle bly saamgebondel staan om haar aan te spoor, moed in te praat of vertroos; sy struikel weer en val of wil haar neerwerp op die grond, en hulle hou haar teë en buk oor haar, hul hande onder haar elmboë om haar op te hef, hul koppe bymekaar, en in die vaal wasigheid van die aand is die deining van die vroue in hul donker rokke en die heftigheid en dringendheid van hul gebare duidelik genoeg oor die afstand om te verklaar wat hier gebeur. Stapvoets en teësinnig word sy op hierdie wyse tot by die eerste huisies voortgelei, en wanneer hy besef dat hulle op die punt staan om weer vir hom verlore te gaan, maak hy skielik sy moed bymekaar om te roep, en skreeu agter hulle aan in ’n poging om hulle aandag te trek voordat hulle verdwyn, verras oor die feit dat dit in die droomagtige en versweë wêreld waarin hy hom bevind nog moontlik is om ’n geluid uit te bring. Die vroue in die verte gee geen teken dat hulle hom hoor nie terwyl hulle in hul donker rokke stadig onsigbaar raak tussen die skerms, pondokke en hutte van die kleurlingbuurt. Dit is werklik, dink hy, ook dit is werklik: die roesbruin verf en die gesplete hout en die kreet en die poeieragtige stof op die blink swart stewels aan die een kant, en aan die ander sy eie stem en die gerusstellende gang van die sekondewyser op sy horlosie. Die twee wêrelde bly egter afsonderlik, elk langs sy eie baan, en hy kan slegs flitse van die ander waarneem, soos in ’n vreemde taal waarin jy in die loop van ’n gesprek hier en daar ’n woord of frase kan uitken wat jy toevallig reeds geleer het, sonder om hul onderlinge verband egter te begryp of die betekenis van die mededeling te kan verstaan.

      Voor hom op die veld, tussen die kleurlingwoonbuurt en die blanke dorp, sien hy die wit muur en donker bome van die begraafplaas. Die vroue het verdwyn en dit het geen aantoonbare sin om agter hulle aan te gaan en hulle in die toenemende skemerte te probeer opspoor nie; hy loop dus verder tussen die bossies en klippe, na die verspreide kliphope en grondhope waar enkele houtkruise of onhandig uitgebeitelde kopstene aandui dat hy hom tussen die grafte van die bruinmense bevind, en stoot die hek oop om binne die wit ringmuur die geordende rye stene van die blankes te ontdek met treurende engele en geknakte suile wat in die halflig uit glim.

      Wat was dit wat hy hier kom soek het? probeer hy onthou, sonder om dadelik te kan antwoord, maar reeds waar hy doelloos langs die stene stap en die opskrifte lees, ervaar hy ’n onverklaarbare verligting. Hy het ’n spesifieke graf kom soek, weet hy dan weer, maar sonder dat hy dit nog gevind het, het hy hier ’n mate van sekerheid gekry wat hom op hierdie swygende en geheimsinnige dorp nog heelmiddag ontwyk het. In teenstelling tot daardie enkele elliptiese inskripsie op die sluitsteen van die gevangenisdeur is die inligting op hierdie stene, bondig soos wat dit onvermydelik ook is, eksplisiet en ondubbelsinnig, die afgestorwenes van die gemeenskap met voornaam, van en nooiensvan, met datum en dikwels ook plek van geboorte sowel as afsterwe uitgeken, en hul ouderdomme by geleentheid selfs tot maande en dae uitgereken. Hier eers binne die wit ringmuur gee die ontwykende dorp iets prys en word inligting verstrek, al is dit maar in karige frases en al geld dit slegs die dooies, en na die vermoeiende dooltog, die onsekerhede en die frustrasies van die middag is dit vir hom haas soos ’n ontmoeting met ou bekendes wat hier binne die beskutting van die ringmuur op hom lê en wag, in die stilte waar die stene skielik praat en die dooies self, so wil dit voorkom, hom sou kan aanspreek. Dit is dus inderdaad Fouriesfontein, lei hy af, want in verskeie opskrifte word die naam vermeld, en onder die grootste en mees opsigtige stene lê lede van die familie Fourie begrawe; die vroegste sterfdatum is bowendien ook 1883, die datum op die sluitsteen van die gevangenis wat ook die stigtingsjaar van die dorp moet wees. Geen sterfjaar, merk hy egter, is later as 1900 nie, en die oorlogsgraf wat hy soek, is ook nie hier nie: elders moet daar dus ’n ander, latere begraafplaas wees, alhoewel hierdie een nog nie halfvol is nie en een van die grafte trouens heeltemal nuut is, bedek met blomme en kranse wat slegs gedeeltelik verwelk is. Iemand het die blomme hier geplaas, dink hy, iemand het die lintjie voor die hotel laat val; die mense is hier, verborge, en bewaar hul geheime. Slegs die dooies het hom egter in hul vertroue geneem en met hom begin praat.

      ’n Jong rebel wat in ’n skermutseling dood is, dink hy, ’n glimlaggende jong man skrylings op ’n stoel; dog dit was lank gelede en hy is alleen tussen die wit grafte in die toenemende skemer, wagtend op die stemme om verder te praat. Waarheen nou? Voorlopig is daar egter geen duidelik aantoonbare doelwit nie, en die beste is waarskynlik om na die betreklike beskutting van die dorp terug te keer en verdere gebeure af te wag; stadig verlaat hy dus die begraafplaas en trek die hek agter hom toe. Sonder om na te dink of selfs daarvan bewus te wees, het hy tot handeling oorgegaan, besef hy dan: hy het geskreeu, alhoewel die vroue hom nie gehoor het nie, hy het die hek oopgestoot en die begraafplaas betree, en binne die ringmuur het die stene hom aangespreek. Die son het agter die rant gedaal, die laaste sonskyn het weggeglip oor die veld, en die grootste deel van die panorama wat hy voor hom sien, lê in skadu. Dwarsdeur die veld waar hy geen paaie kan uitmaak en daar geen drade of ander belemmerings skyn te wees nie, kies hy koers in die rigting van die dorp. Die aanvanklike ongeduld en onrustigheid waarmee hy na ’n gedenkteken of ’n graf, na inligting of verheldering, na verduideliking of gerusstelling gesoek het, het oorgegaan, en hier aan die einde van die dag is hy tevrede om in die skemer stadig teen die helling af te stap in gelate afwagting van wat verder gaan gebeur. Hy het die patroon van strate rondom die plein leer ken, die ligging van die kerk, hotel, magistraatskantoor en gevangenis vasgestel, hy weet waar die kleurlingwoonbuurt geleë is en het die oudste grafskrifte gelees. Hy het ’n hinkende jong man gesien, ’n man op ’n veranda in ’n huis waar ’n wit gordyn voor die venster wieg, verlepte sonneblomme in ’n bedding, water in ’n voor, ’n gillende vrou strompelend oor die veld in ’n donker rok. Hy het die spore van perde gesien en bloed of iets wat daarna lyk in die stof, die helderheid van ’n lintjie en die deining van ’n vlag teen die lug. Iets het duidelik begin word en sal vermoedelik ook ’n uitkenbare patroon aanneem. Hy moet wag.

      Iets het begin uitstaan, en van oomblik na oomblik word verdere brokke, fragmente of flenters verstrooide inligting hom nog toebedeel, selfs hier in die halflig aan die einde van die dag waar hy terugstap na die donker bome van die dorp. Dit is die skielike oopheid en wydgestrektheid van die ruimte hier teen die helling wat hom opval en hom vir ’n oomblik laat stilstaan, en wanneer hy noukeuriger rondkyk, besef hy dat hy hom weer eens op ’n plek bevind waar iets gebeur het, al is dit ook hier nie dadelik vir hom moontlik om te sê wat dit was nie. Hy vind spore van perde en sien hoe die dor, gruisagtige grond omgewoel is, hy tas rond in die dalende skemer en vind verspreide restante van menslike aanwesigheid, blikkies en bottels, ou skoene, stukke van kledingstukke, ’n metaaltentpen en hoefysters. Hier het ’n kamp gestaan, besef hy terwyl hy in die laaste lig oor daardie verlatenheid ronddwaal, en so onlangs nog dat die blikkies wat hier weggegooi is nie eers begin roes het nie, en vind dan die plekke waar daar vuur gemaak is met grond en klippe wat swart gebrand is en fyn poeieragtige as. Die silwerwit as roer effens terwyl hy daarna kyk asof dit deur ’n onsigbare luggie geraak word, dit dein en kolk met ’n skaars merkbare beweging soos die kabbelende silwer vlak van die water in die voor. Die aandwind het opgekom, dink hy; en dan trek ’n skielike dwarreling oor die kampterrein en waai die silwer as en vaal stof verblindend om hom uit.

      Die dorp trek sy klipmure, sy groentetuine, sy heinings en huise rondom hom in die donker, die leë, reguit strate niks meer nie as ’n dowwe skynsel. Hier en daar anderkant bome of heinings is ’n venster skaars waarneembaar verlig, maar wie die kers of die lamp aangesteek het, kan hy nie sê nie. Sonder

Скачать книгу