Sarah du Pisanie Omnibus 11. Sarah du Pisanie

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Sarah du Pisanie Omnibus 11 - Sarah du Pisanie страница 17

Sarah du Pisanie Omnibus 11 - Sarah du Pisanie

Скачать книгу

klaskamer toe. Sy wil net die kinders gaan gerusstel. Maar daar is geen sterfling nie en dit is toe sy omdraai dat sy haar trompop teen Adolf vasloop.

      Sy hande gaan instinktief uit en sluit om haar skouerknoppe. Hulle voel hard en gespierd deur haar dun rokkie.

      Christa kyk vinnig op in die blou oë wat haar nou so nederig, so verskonend aankyk. “Ek wou kom kyk wat maak die kinders,” sê sy gesmoord. Skielik is alles wat hy haar laas nag toegesnou het weer koggelend in haar gedagtes en dit maak ’n verlate seer in haar binneste wakker.

      “Hulle speel daar onder by die dam.” Adolf se stem is sag. “E … juffrou …” Adolf wil haar om verskoning vra, maar Christa draai vinnig onder sy hande uit en stap terug. Hoekom sy nabyheid en die wete dat hy nog al die jare so ’n lae dunk van haar het, haar skielik so ontstel, kan sy nie verklaar nie. Sy sal dit later bepeins want nou is sy te moeg om enigiets te probeer ontleed.

      7

      Christa laat sak haar kop in haar hande en vee moeg oor haar oë.

      “Fräulein, wil Fräulein nie ’n bietjie gaan rus nie? Ek sal die klas stil hou.” Gustav sit sy hand besorg op haar skouer.

      Christa glimlag effens vir hom. “Nee! Nee, dit sal ek nie kan doen nie, Gustav. Julle is my verantwoordelikheid. Ek … ek het net ’n vreeslike hoofpyn. Kan jy nie net vir my ’n pilletjie by Frau Maria gaan haal nie, asseblief!”

      Gustav stap dadelik weg. Arme Fräulein, dink hy bekommerd. Sy het klein Kurt se bed by haar laat indra en sy kry seker bitter min slaap gedurende die nag. Die seuns is egter stroopsoet en probeer so stil moontlik wees uit vrees dat die baron haar sal wegstuur.

      “Frau Maria …” Gustav voel altyd ongemaklik in die kwaai vrou se teenwoordigheid. “Fräulein soek ’n hoofpynpil, asseblief.”

      Sy kyk hom vererg aan en gaan voort met haar werk. “Frau Maria …” Gustav staan onseker nader, nie seker of sy hom gehoor het nie.

      “Daar word definitief nie nou pille uitgedeel nie. Sy kan vanaand sesuur ’n pil kry, soos die reëls sê. Dit is sommer pure slegtheid …!” mompel sy onderlangs en stap by die spensdeur in.

      Gustav voel ’n spiertjie in sy wang pluk. Koppigheid en rebelsheid is vinnig besig om na die oppervlak te styg. Fräulein is siek, sy is spierwit bleek en daar is donker kringe onder haar oë. Frau Maria kom uit en stap ongeskik by hom verby by die agterdeur uit.

      Gustav besef dat sy nie nou ’n pil gaan uithaal nie. Hy gaan haal die medisynekas se sleutel en sluit dit oop. Hy haal twee pynpille uit en sluit weer die kas toe. As hy omdraai om die sleutel te gaan bêre, staan Frau Maria groot en dreigend met haar hande op die heupe vir hom en wag.

      Hy hou hom so ongeërg moontlik en wil die sleutel gaan ophang, maar sy gryp hom aan die arm vas. “Kom!” Sy probeer hom saamsleep. “Kom, dat die baron self kan sien watter skelms hy hier onder sy dak huisves … vuilgoed!”

      Gustav sit hom teë en rem terug. Hy probeer om sy arm uit haar greep los te ruk, maar die woede maak haar blind. Sy klap na hom met haar ander hand en vang hom teen die wang dat dit ’n rooi en opgehewe merk maak.

      “Julle ryk mense is almal eenders. Vir ons wil julle in die grond vertrap … julle dink julle kan alles met julle geld koop!” krys sy woedend.

      Vrees kom lê in Gustav se binneste. Hy weet baie goed dat hy nie die geleentheid gaan kry om homself te verdedig nie. “Dief!” Sy ruk hom vorentoe. “Vandag gaan die baron jou nek omdraai.”

      Sy ruk en pluk aan hom maar Gustav het die een hoek van die kas stewig vasgevat en hy is ’n groot fris seun. Maria besef dat sy vandag teen hom gaan verloor. “Gaan roep die baron!” gil sy vir Bernard wat stilweg eenkant staan en die hele toneel aanskou.

      Bernard sug en beduie vir Lukas wat verskrik ook staan en toekyk om die baron te gaan roep. Vandag gaan hy nie stilbly nie, besluit Bernard. So kan dit nie aangaan nie. Hier sal hy bly sodat sy nie weer ’n klomp onwaarhede kan opdis nie.

      Daar is ’n vraende uitdrukking in Adolf se oë wanneer hy haastig by die kombuis inkom. “Wat gaan hier aan?” vra hy en kyk verbaas na Gustav wat half verskrik nog steeds aan die kas se hoek vasklou.

      “Hierdie klein dief kom steel goed uit die kombuis uit en dat sit hy hom teë as ek hom na u wil bring,” vaar Maria woedend uit.

      “Wat het hy gevat?” rig Adolf hom tot Maria, asof Gustav glad nie teenwoordig is nie.

      “Pille!” antwoord sy en gryns selfvoldaan.

      “Pille?” Adolf frons onbegrypend. Dit is darem ’n baie eienaardige ding vir ’n kind om te steel en dít helder oordag? Adolf kyk na Gustav wat verneder voor hom op die grond staar en botweg weier om sy kop te lig.

      “Maar … maar kon jy nie maar vir Frau Maria gevra het nie? Dit was mos nie nodig om dit net te vat nie?” Adolf is heeltemal uit die veld geslaan oor so ’n optrede.

      Gustav antwoord nie. Maria laat los sy arm en neem ’n selfvoldane houding in. “Hulle dink mos hulle kan maak wat hulle wil. Aan dissipline steur hulle hul mos nie.”

      Bernard staan onverwags vorentoe. “Hy hét haar gevra, baron. Sy wou dit nie vir hom gee nie. Hy wou dit ook nie vir homself gehad het nie. Hy het dit vir Fräulein Christa kom haal. Sy is siek, sy kry te min slaap met Kurt by haar in die kamer.”

      Maria gluur vir Bernard aan. “Dit is sommer slegtheid! Ek het gesê, sesuur kan sy ’n pil kry. Sy is net ’n werknemer soos die res van ons. Sy hoef geen ander behandeling te kry nie. Dink seker sy is kamtig een van die ryk mense!”

      Adolf staar geskok na Maria wat so vol bitterheid en haat is. Vir die eerste keer besef hy dat die meeste van die kinders se sogenaamde oortredings direk uit hierdie haat spruit, en nie andersom nie.

      Sy gryp Gustav se hand en buig sy vingers oop om die pille wat hy nog steeds vashou, daaruit te grawe. Gustav byt magteloos van frustrasie op sy tande dat sy kake knopperig onder sy vel beweeg. Hy laat gly die pille woordeloos in die hand wat Adolf uithou en bly kop onderstebo staan en wag vir die straf wat moet volg.

      Daar is ’n selftevredenheid in Maria se stem as sy haar woede nou op Bernard projekteer. “En jy … jy is kop in een mus met die kinders. Jy dink ek weet nie, maar ek sal jou nog uitvang. Ek sál dit nog bewys!”

      Adolf kyk bekommerd na die rooi haal teen Gustav se wang. “Gaan solank klas toe,” sê hy en die gewone ysigheid in sy stem is vandag afwesig.

      Gustav stap agter om verby die stalle en gaan sit op sy hurke. Woede en magteloosheid bring trane in sy oë. Hy sukkel om die onstuimigheid in hom tot bedaring te bring. Hy haal ’n paar keer diep asem en dit is eers vyf minute later dat hy homself genoeg vertrou om terug te gaan klas toe.

      Hy draai sy gesig weg sodat Christa nie die merk teen sy wang moet sien nie. “Ek kan nie Frau Maria opspoor nie, Fräulein,” sê hy en probeer by haar verbyskuur na sy bank toe.

      “Ag, toemaar.” Christa kyk op en trek haar asem vinnig in. Sy staan op en vee liggies met haar hand oor sy wang. Daar is ’n vernedering in sy oë wat sy nie kan miskyk nie.

      “Ai, Gustav … het hy dit gedoen?”

      Daar is ’n doodse stilte in die klaskamer. Die kloppende

Скачать книгу