Die ewigheid in my hart. Barend Vos

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die ewigheid in my hart - Barend Vos страница 30

Автор:
Серия:
Издательство:
Die ewigheid in my hart - Barend Vos

Скачать книгу

Here, dat U ons getrou sal hou

      in ons voorbidding vir hulle wat heers.

      U weet dat ons nie altyd met hulle saamstem nie

      en dat hul doen en late ons dikwels ontstel.

      Maar wanneer ons, u kinders, voor u troon

      buig, dan aanvaar ons u opdrag om sonder

      ophou vir hulle op die wêreld se trone te bid.

      Ten spyte van alles.

      Lees Psalm 46:1-4 | 18 Maart

      ’n Vaste burg is onse God!

      O allerhoogste Here, Heerser oor ál wat leef –

      groot is u Naam oor die ganse aarde,

      verhewe u teenwoordigheid in u skepping!

      Ons kom in eenvoud

      voor U staan, ons buig

      laag voor U.

      Hoor ons as ons sing, u Naam ter ere:

      By U skuil ons!

      By U huil ons!

      Ú is ons Here!

      Dit is vir ons ’n vreugde dat ons nie hoef

      te bulder of te skreeu wanneer ons U eer nie.

      U is hiér, hier by ons.

      U hoor ons loflied én ons sug.

      Ons hoef U nie op te soek nie,

      want U gaan nooit weg nie.

      Ons hoef U nie te gaan opklop nie,

      want U is altyd naby. Teenaan ons.

      Daarom is dit ons allertroos, Here,

      dat ons by U kan gaan wegkruip.

      Dat U ons vrese ondervang

      met u buitengewone begrip.

      Want U weet alles van storms

      en aardbewings, van die enorme

      verskuiwings in ons klein wêreld.

      En U ken eerstehands die onstuimighede in my lewe –

      al die kere dat dit gevoel het asof die berge op my val

      en die heuwels my bedek. Wanneer ek daarvan oortuig

      was dat die aarde enige oomblik onder my gaan padgee.

      Dat ek in die diepsee beland met ’n meulsteen om my nek.

      Dan hou U my vas.

      En ek klou aan U.

      Lees Psalm 46:5-12 | 19 Maart

      U storie met ons

      Die vrede wat U bring, verstom my keer op keer.

      Dit is asof U altyd weet wat, en hoe, en wanneer.

      En dan doen U dit! Tot almal se verstomming …

      Eintlik behoort dit niemand te verras nie, Here.

      Is ons verbasing oor u werke – al is dit wonderwerke –

      nie ’n aanklag teen ons geloof in U nie?

      Moet ons dan nie teen dié tyd reeds weet

      dat u doen en late buitengewoon is nie?

      “Só is Hy,” behoort ons vir mekaar te sê. Verwonderd.

      Dankbaar behoort ons vir mekaar die verhale

      uit die verlede te vertel. Te sê: “Dit is ’n ou storie dié!

      Die God van ons vaders en húl vaders is van altyd af só.”

      U ken u kinders tot in die fynste besonderhede:

      U sien hoe bang hulle is wanneer die wêreld

      hom rondom hulle uitwoed. U bring vrede

      vir die rusteloses en gee rus aan die bevreesdes.

      U kalmeer dié wat verskrik vra: Waarheen nou?

      Wanneer ’n gewapende stryd teen die verwagting in

      gestaak word, roep almal uit: “Dit is ’n wonderwerk!”

      Die Here se kinders weet dit is Hý wat so werk …

      U sien ook die groter prentjie –

      en daarom doen U groot dinge;

      U keer eenvoudig alles óm.

      U het ’n lang storie met ons, Here,

      en dit gee ons vastigheid.

      U is nie ’n “eerste probeerslag” nie,

      U sal nooit ’n “laaste uitweg” wees nie.

      U is die bestendige God van die geskiedenis:

      U is die God van Jakob. En Oupa se “dierb’re Here!”

      en Pa se: “Seën, Vader, wat ons eet, laat ons nimmer U vergeet …”

      En só het ek ook geleer:

      Onthou altyd daar is ’n Vader vir die vaders.

      Lees Psalm 47 | 20 Maart

      Ons heel beste lied

      Ons weet, Here, dat ons U nie bloot

      “die Man daarbo” kan noem nie.

      Dat U nie woon op die plek waarheen

      ons vaagweg en sommer met die oë

      wys wanneer ons oor U praat nie.

      U is baie nader as dít.

      Maar hoe moet ons dan in mensetaal

      na U verwys? Waarheen moet ons beduie?

      Ons kan tog nie bloot sê: “God is hiér,”

      en met die hand op die hart gaan staan nie?

      U is veel verder as dít.

      Wat kan ons doen wanneer ons

Скачать книгу