Die verdwyning van Billy Katz. Chris Karsten

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die verdwyning van Billy Katz - Chris Karsten страница 16

Автор:
Жанр:
Серия:
Издательство:
Die verdwyning van Billy Katz - Chris Karsten

Скачать книгу

want ek’s in die middel daarvan … uhm, onderbreek.”

      “So, jy dink daar kan ’n verband wees tussen my saak en jou oue?”

      “Ek weet nie. Dit sal darem net té toevallig wees, of hoe? Al is toevallighede en selfs mirakels statisties glad nie so skaars as wat mense dink nie. Volgens Littlewood se Wet ervaar elke mens een mirakel per maand.” Hy sluk die laaste osbloed, vee sy mond met die rugkant van sy hand af. “Aan die ander kant: wanneer laas het jy gehoor van vier gemummifiseerde voete wat in ’n plastiek­sak gekry is? Vra vir Silas. Ek wed jou hy’t nog nooit gehoor van ’n moordenaar wat sy slagoffers se voete geamputeer het nie.”

      “Ek kan nie eintlik sien hoe ek jou kan help nie. Buitendien, ek glo nie aan mirakels nie.” En wie de duiwel is Littlewood?

      “Ek dog net dit sal gaaf wees as ons bietjie gedagtes kan uitruil oor jou voete en my mummies. Dis hoekom ek oor die antropo­loog vra – ek wil weet wanneer jou voete gemummifiseer is, of hulle dalk uit die vroeë negentigs dateer.”

      “Hoeveel mummies het jy gehad?”

      “Vier, waarvan ek geweet het.” Hy loer na sy horlosie. “Dis mos hoe dit altyd gebeur: dit begin by een en eindig met ’n reeks. En voor jy jou oë kan uitvee, sit jy met ’n helse gemors.”

      “Wel, ek kan nie besonderhede oor my ondersoek gee nie, dis teen die …”

      ’n Klop aan die deur en Phumi se gesig verskyn. “Jammer, Lou, meneer Greyling is hier vir sy twaalfuur-afspraak.”

      Hy knik vir haar en die deur gaan toe. Hy staan op. “So, jy’s hier op ’n eenrigtingpad. Ek moet myne wys, maar jy wil nie joune wys nie?”

      Sy kom ook uit haar stoel op. “Het jy Billy Katz toe gekry?”

      “Dis vertroulik.”

      “Ek sal bel vir ’n ander afspraak,” sê sy by die deur.

      “Besluit eers hoe ernstig jy oor jou ondersoek is. Daarna besluit jy of ons mekaar iewers in die middel kan ontmoet. Anders, moenie bel nie, ek het nog nooit gunste en gawes gevra nie, en ek gaan nie nou daarmee begin nie.”

      9 : OKTOBER 1993

      Lou bel die Julia-flirt se nommer vir die soveelste keer sonder sukses. Hy stap na kaptein Steyn se kantoor en stel voor dat hulle ’n lasbrief probeer aanvra om haar adres te kry. Hy wil persoonlik gaan kyk wat by haar blyplek aangaan en haar oor Billy Katz uitvra voor die brigadier weer die horries kry – maar dit sê hy nie hardop nie.

      Vrydagoggend kom plak vetsak Steyn die lasbrief op sy lesse­naar neer, sê brigadier Otto het dit sélf laat aanvra. Lou haal net sy skouers op. Wat traak dit hom hoe ’n senior offisier die sisteem manipuleer? ’n Landdros teken so ’n lasbrief net as dit op goeie regsgronde gemotiveer is, soos dat ’n misdaad ondersoek word; Lou sien nog geen vae teken van misdaad nie. Hy ondersoek bloot iemand wat vermis word. Maar die belangrikste is dat hy nou ’n adres het.

      Net ná drie die middag kry hy parkeerplek in Mentonweg en moet ’n blok na die Fairview-woonstelgebou in Richmond stap. ’n Neerdrukkende vierkantige blok van net drie verdiepings, son­der hysbak. Hy klim die trappe na die derde en klop aan Nommer 311. Niemand maak oop nie, ook nie inwoners agter buurdeure nie.

      Weer drie verdiepings af. Kry die faktotum se woonstel aan die einde van ’n donker gang. Hy druk die knop langs die veiligheidshek. Binne begroet ’n histeriese gekef die deuntjie. Lou sug. ’n Ou man met ’n toy pom-gevreet in die vou van sy arm maak oop. Die brak hap en kef deur die tralies na Lou; hy voel sy nekhare rys.

      En hy wag. Onmoontlik om ’n gesprek te voer. Met groeiende moerigheid staan en betrag hy die ou man se flou pogings om die brak te paai – kielie hom met ’n krom vinger, fluister in ’n harige oor. Hy ril toe die brak die superintendent met sy pers tong begin lek, oor sy verrimpelde ou gesig, oor sy blou lippe, geplooide wang, beaarde neus. Dieselfde pers tong wat seker flussies nog sy eie brak­balletjies skoongelek het, miskien ook sommer die super se ver­rimpelde ou knaters.

      Dié gluur nou beskuldigend na Lou. “Wat soek jy? Besoektye is tussen …”

      Lou hou sy SAP-ID uit. “Woonstel 311, Juliana Maria Beyers.”

      “Sy’s op vakansie, kom eers die naweek terug.”

      “Vandag is Vrydag, watter naweek?”

      “Môre se naweek. Kan jy later terugkom, tussen vyf en ses? Is sy in die moeilikheid?”

      “Net as sy ook ’n hond het.”

      “Jy’s nie ’n hond-man nie, nè?”

      “Nee,” sê Lou met die wegstap, “ek’s ’n kat-man.”

      Sondagmiddag net ná vier is hy terug by die woonstelblok. Eintlik is hy van diens af, maar dis ’n goeie tyd om iemand tuis te kry. Sesuur se koers wil hy terug wees by sy eie plek, vir sy persoonlike stiltyd.

      Hy klop, wag. Verbeel hom hoe hy deur die glasoog in die deur bespied word. Sy maak eers op sy tweede klop oop. Net op ’n skreef, die veiligheidsketting steeds vas.

      “Ja? Wat verkoop jy?”

      “Niks, ek …”

      “Is jy van Jehova?”

      “Nee, ek’s van moord-en-roof.” Hy hou sy polisie-ID op.

      “Sersant Pepler,” lees sy hardop. “Kom jy my arresteer, sersant Pepler?”

      “Miskien. Is jy Julia?”

      “Ja. Wat het ek gedoen?”

      “Het jy ’n hond?”

      “Nee.”

      “Dan kom ek jou nie arresteer nie. Maar dalk kan jy my met ’n saak help. Oor ’n vermiste persoon.”

      “Is die vermiste vermoor, of het hy die moordwerk gedoen?”

      Moordwérk?

      “Kan ek inkom? Net ’n paar minute, sukkel al die hele week om jou in die hande te kry.”

      “Is ek veronderstel om die vermiste te ken?”

      “Ja, Billy Katz. Ek het goeie rede om te glo jy ken hom.” Van Trojaanse faam, wil hy byvoeg.

      Sy druk die deur in sy gesig toe. Hy hoor hoe sy die ketting bin­ne afskuif. Die deur gaan groot genoeg oop vir hom om in te gaan.

      “Waar het jy my naam gekry?”

      “In Billy se blyplek in Rosebank.”

      Sy het lang hare tot oor haar skouers, met ’n middelpaadjie ge­skei en die kleur van plaasroom. Room uit ’n bottel, nie uit ’n speen nie, merk hy aan die nuwe vaalbruin groei weerskante van die paadjie. Sy’s mooi sonder om ’n skoonheid te wees. Oë ligbruin, wange rond, lippe vol, ook die lyf. Veral die lyf. Kan haar en haar manjifieke boesem onder die T-hemp maklik in Billy se Porsche indink, en veral in sy bed, met daai harde, puntige nippels waarmee jy glas kan sny.

      “Daar’s

Скачать книгу