Die verdwyning van Billy Katz. Chris Karsten

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die verdwyning van Billy Katz - Chris Karsten страница 18

Автор:
Жанр:
Серия:
Издательство:
Die verdwyning van Billy Katz - Chris Karsten

Скачать книгу

staan op. “Laaste vraag: Wanneer het Os en jou vriendin vir Billy met die nuwe meisie in Gems gesien?”

      “Kan nie onthou nie.”

      “Jy kan nie onthou wanneer hy jou verneuk het nie?”

      “So drie weke terug.”

      “Jy kom seker ook in Gems, of jy het, saam met Billy. Ken jy haar, die … flossie met wie Billy jou verneuk het? Ek sal graag met haar ook wil gesels.”

      “Kans is goed dat sy saam met hom weg is.”

      “Kén jy haar?”

      “Nee, ek ken haar nie, maar ek weet wie sy is. Ek bedoel, ek ken haar naam. Heidi.”

      Lou ry terug kantoor toe. Julia Beyers werk by Global Trading in City Deep?

      Hy bel eksswaer Willem Roos in Pretoria.

      Dié antwoord met: “Loutjie! Lanklaas van jou gehoor, my maat.”

      Asof hulle nie twee maande terug met mekaar gepraat het nie. En wat hom amper net so erg irriteer as om knaend aan ’n sekere katoolse tandarts herinner te word, is om “Loutjie” en “my maat” ge­noem te word.

      “Luister, Willem, ek …”

      “So, vang jy steeds moordenaars?”

      “Ja, en vang jy nog veediewe?”

      “Wilddiewe,” sê Willem, enigsins gesteurd.

      Lou móés die stekie inkry, weet goed Willem is lankal nie meer by die veediefstaleenheid nie. Hy is al ’n paar jaar by die nuwe een­heid vir die beskerming van bedreigde spesies, want dis juis oor die spesies dat hy hom nou bel. En probeer weer: “Luister, Willem …”

      “Darem al bevordering gekry?”

      Willem is nou besig met ’n duel, want hy’s mos luitenánt Roos. En hy weet baie goed Lou is nog steeds ’n sersant, met blerrie min kans op bevordering, met dié dat sy toekoms in die hande is van Steyn en Otto. En vermiste Billy Katz.

      “Wil iets by jou uittjek, Willem. Laas toe ons gesels het, het jy gepraat van ’n groot ondersoek waarmee julle besig is, ’n gesmokkel met ivoor en renosterhoring uit Angola. Verbeel my jy’t iets ge­noem van Katz Transport?”

      “Ek lees juis in die koerant die vermiste Billy Katz is jou saak. En ek dog jy’s ’n móórdspeurder.”

      “Wat van Katz se lorries?”

      “Katz Transport is net die karweier, hulle permitte is in orde. Die probleem is die eienaar van daai vragte.”

      “En die eienaar is Global Trading? Is dit die naam wat jy laas genoem het?”

      “Ja, en so glibberig as tien palings. Waar kom jý aan hulle?”

      “My Katz-ondersoek. Billy se lover … sy eks werk vir Global Trading. Sê sy en Billy het mekaar ontmoet deur Katz Transport se vervoerkontrakte met Global Trading.”

      “Ek sukkel my gat af om by Global Trading se baas uit te kom, vorder net tot by sy sekretaresse.”

      “Miskien kan ek help,” sê Lou. “Belowe niks, maar sal probeer.” Sonder veel hoop dat Julia Beyers vir hom ’n gunsie sal doen.

      “Dankie, my maat,” sê Willem. “Ons het in Oktober ’90 die eerste keer van naderby kennis gemaak met ’n Katz-lorrie uit Zambië, danksy die samewerking van Botswana se doeane. Hulle het ’n agtienwieler gestop toe dit by Kazungula van die veerboot afry.”

      Willem se stem is ’n oomblik stil en daar is ’n geritsel van papiere.

      “Kry nie nou die lêer nie, maar ek onthou die doeanemanne het ’n vrag koperskroot op daai lorrie gekry. Permitte in orde, be­halwe vir goedere in staaltrommels wat onder seile versteek was: honderde olifanttande, rou en gekerf, nog honderde kleiner ivoor­artikels soos armbande, halssnoere en beeldjies, byna honderd swart­renosterhorings en ’n hoeveelheid malagiet. Miljoene werd. Hulle arresteer die drywer en skut die lorrie en sy vrag. Doeane gaan kyk in hulle argiewe en sien dat Katz-lorries al sedert die vroeë tagtigs die grens tussen Botswana en Zambië met die veerboot oorsteek. Twee dae later daag Billy Katz en ’n prokureur by Kazungula op. Met stapels dokumente, onder meer die ontbrekende invoerpermitte vir die rou én gekerfde ivoor, laasgenoemde glo bestem vir soewenier­winkels. Hulle vra doeane nederig om verskoning dat die drywer nie al die dokumente by hom gehad het nie. Botswana het nie ’n keuse nie en laat gaan die drywer en sy lorrie, vrag en al.”

      “Ek raai die vrag was ook bedoel vir Global Trading.”

      “Jy raai reg. Hoe weet jy?”

      “Ek’s ’n siener. Ek sien dinge.”

      Willem snork. “Jy’t nie die ding met Lente sien kom nie. Ieder geval, ek bel vir Billy Katz. Hy sê hy’s net die troubleshooter, hy’t niks met die vrag te doen nie, ek moet sy pa bel. Lester Katz is nie beskikbaar nie – nooit nie. Ek kry die ander seun, Lionel Katz. Hy sê hy’s net die boekhouer, Manny Souza is die logistieke bestuur­der. Manny Souza sê hy sal eers moet soek, want Katz Transport se vyf­tig lorries is 24/7 op elke denkbare Suid-Afrikaanse pad aan’t ry, met elke denkbare vrag. Ook op elke denkbare pad in elke denkbare buurland – Mosambiek, Zimbabwe, Botswana, Namibië, Zambië, glo tot by die kopermyne in Zaïre. Angola is die uitsondering. Paaie en brûe is verwoes en steeds te gevaarlik ná die grensoorlog, en Savimbi se bosoorlog hou nog aan. Uiteindelik kry ek die naam van ’n klant uit Manny Souza gewurg: Global Trading, Atomweg, City Deep.”

      “Wat laat jou dink hulle smokkel, as die permitte dan in orde is?”

      “As jy die groter prentjie sien, Loutjie, sal jy ook die klokkies hoor lui. Ná die besigheid by Kazungula gebruik Katz se lorries nou die Wenela-grenspos. Vermy Botswana, ry reguit van Katima Mulilo in Zambië se koperbelt in. So ses weke gelede deursoek Namibie­se doeane ’n lorrie op pad terug Republiek toe by Wenela. Weer ’n vrag koperskroot, weer malagiet. Maar dié slag ook kobalt en ander erts – toermalyn, akwamaryn, ametis. En honderde diervelle, on­gebrei, net ingesout. Ook weer ’n paar honderd rou olifanttande en honderde gekerfde ivoorartikels. Geen renosterhorings nie. Alle per­mitte weer in orde, behalwe vir die tande en gekerfde ivoor. Billy Katz en ’n prokureur vlieg Katima toe met die permitte. Begin jy die patroon sien?”

      “Halfedelstene? Is dit ’n nuwe ding?”

      “Dis presies wat ons ook vir mekaar vra. Brei hulle uit na half­edelstene, edelstene, diamante? Nie ons jurisdiksie nie, maar ons weet mos almal dat diamante Savimbi se gunsteling-betaalmiddel vir wapens is, dan tande, horings en kiaat uit Angola se woude.”

      “Maar hoekom karring julle so met Global Trading? Daar’s tog seker baie ander smokkelaars met ivoor en horings om te gaan vang. Of met perlemoen en broodbome. Of ietermagôs, hoor hulle raak meer bedreig as renosters.”

      “Global Trading interesseer ons om verskeie redes. Een is die permitte wat elke keer kastig vergeet is. ’n Ander is ’n vertroulike CITES-verslag wat sê Global Trading is al die afgelope vyftien jaar een van CITES se grootste probleme in Suider-Afrika. En nie­mand kry vatplek aan hulle nie, want Global Trading het hoë vriende. Lekker diep in die regering se gat ingekruip – dieselfde regering wat die grootste teenstander is van

Скачать книгу