Omvattende swangersap-, geboorte- en ouerskapgids. Lilian Paramor

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Omvattende swangersap-, geboorte- en ouerskapgids - Lilian Paramor страница 16

Omvattende swangersap-, geboorte- en ouerskapgids - Lilian Paramor

Скачать книгу

mondhigiëne tydens swangerskap is noodsaaklik om tandpyn, tandbederf, slegte asem, tandvleissiekte en ’n algehele nadelige uitwerking op jou gesondheid te vermy. Sekere studies tref selfs ’n verband tussen swak tandgesondheid tydens swangerskap en voortydige babas of babas met ’n lae geboortegewig.

      Dit is noodsaaklik om tydens jou swangerskap vir ’n tandartsondersoek te gaan. Maak egter seker dat jou tandarts weet dat jy swanger is sodat hy slegs verdowingsmiddels en medikasie gebruik wat veilig is.

      Daarbenewens blyk dit dat baie vroue se tande ná swangerskap in ’n slegter toestand is. Dit is nie soos baie mense glo omdat jou baba al die kalsium uit jou tande “gesuig” het nie, maar wel om een of meer van dié redes:

      •Jy is dikwels baie moeër wanneer jy swanger is en dit kan daartoe lei dat jou mondhigiëne nie voorrang geniet nie.

      •Hormonale veranderinge tydens swangerskap veroorsaak geswelde tandvleis en periodontitis. Sonder behoorlike mondhigiëne is die kanse op tandbederf groot.

      •Al die soetgoed waarvoor jy so lus is, gaan tandbederf veroorsaak.

      •Wanneer jy op jou sy slaap, versamel speeksel in die kant van die mond; en omdat speeksel suur neutraliseer, sal die tande aan daardie kant van jou mond gewoonlik minder tekens van bederf as die ander kant toon.

      Wenke vir ’n gesonde tandroetine:

      ✓Gebruik ’n sagte tandeborsel. Medium en harde tandeborsels kan jou tandemalje beskadig. Vlos ook jou tande gereeld.

      ✓Borsel jou tande soggens ná ontbyt en saans voor jy bed toe gaan.

      ✓Drink ’n glas water nadat jy geëet het om van enige stukkies kos wat in jou mond agtergebly het, ontslae te raak.

      Tandvleis wat bloei

      As jy ’n gesonde dieet volg, is dit gewoonlik nie ernstig nie. Moet dit egter nie ignoreer nie aangesien dit kan veroorsaak dat die tandvleis om jou tande los raak en kan lei tot tandbederf, slegte asem en tandvleissiekte.

      Tuissorg:

      ✓Borsel jou tande drie keer per dag met ’n sagte tandeborsel en vlos elke dag tussen jou tande.

      ✓Gebruik die weefselsout Ferrum Phos as aanvulling om inflammasie te voorkom, en Nat Mur om verhewe tandvleis teen te werk.

      ✓Gebruik ’n homeopatiese middel teen infeksie of om jou immuniteit te versterk as jou tandvleis ontsteek is of seertjies het.

      Raadpleeg jou vroedvrou of tandarts:

      Indien hierdie selfsorgwenke nie positiewe resultate het nie.

      HOOFSTUK 8

      Ernstige toestande

      Die meeste swangerskappe is ongekompliseerd, selfs al is daar ’n paar probleempies of minder aangename oomblikke. Een van die nodigste en nuttigste dinge wat jy kan doen om te sorg dat jy ’n normale, gelukkige en gesonde swangerskap geniet, is om te glo dat dit nie ’n mediese toestand is nie maar ’n wonderlike lewenservaring. Neem die verantwoordelikheid om so gesond moontlik te leef ernstig op. In die meeste gevalle sal jou gedrag die uitkoms van hierdie groot gebeurtenis ten goede beïnvloed. Dit is ontstellend om te sien dat ’n paartjie hul aandeel aan hierdie groot, menslike ervaring aan die dokters oorlaat. Dit beteken nie dat daar nie komplikasies en risiko’s en tye is wanneer jy behandeling of ingryping gaan nodig hê nie. Baie kom egter te laat en ingrypings kan selfs ook tot komplikasies lei. Onnodige kommer oor jou swangerskap en geboorte sal jou emosionele energie tap, eerder as om dit in te span as die beste medisyne wat daar is – ’n positiewe ingesteldheid. Lees dus hierdie hoofstuk noukeurig en let veral op die dele wat jou sal help om natuurlike, gesonder en beter resultate te behaal.

      GEVAARTEKENS

      Indien jy enige van hierdie sewe tekens ervaar, moet jy dit so spoedig moontlik onder die aandag van jou vroedvrou of dokter bring:

      1.Bloeding en ander abnormale vaginale afskeidings Dit kan ’n aanduiding wees van verskeie moontlik ernstige swangerskapkomplikasies.

      2.Oormatige of te klein gewigstoename, veral ná week 20 Dit kan wees omdat jy abnormaal baie swel of omdat jou baba nie genoegsame voeding deur die plasenta ontvang nie.

      3.’n Merkbare verandering in jou baba se bewegingspatroon ná week 25 Normaalweg beweeg babas minstens 10 keer per dag. Die belangrikste is dat jou baba wel beweeg en dat jy nie ’n merkbare verandering in die patroon merk nie. Dit is by verre die beste teken dat alles in die haak is.

      4.Hoofpyne gepaard met mislikheid en sigversteurings Dit kan dui op preëklampsie, ’n ernstige toestand wat noukeurige behandeling verg.

      5.Brandpyne in jou bene Dit verskil van krampe en kan ’n aanduiding wees van embolisme (bloedklonte). Raadpleeg so spoedig moontlik ’n dokter.

      6.Oormatige kortasemheid Indien dit erger is as wat jy verwag het vanweë die gewig wat jy aangesit het, kan dit dalk ernstig wees.

      7.Buitengewone swelling, veral as dit met sigversteurings, hoofpyne, duiseligheid en mislikheid gepaardgaan; sien so spoedig moontlik ’n dokter Dit is alles simptome van preëklampsie, ’n ernstige toestand.

      ENKELE BELANGRIKE KOMPLIKASIES

      1.Swangerskapcholestase

      As jy onbeheersd jeuk, kan jy moontlik aan swangerskapcholestase ly, wat gevaar vir jou baba kan inhou. Hoewel ’n gejeuk as ’n normale simptoom van swangerskap beskou word, kan dit ook dui op ’n veel ernstiger toestand wat veroorsaak word deur sout wat in jou bloedstroom opbou.

      Jou lewer vervaardig gal, ’n geel-groen vloeistof wat belangrik is vir spysvertering en in die galblaas gestoor word tot tyd en wyl dit na die dermkanaal moet vloei. Dit bevat onder meer chemikalieë wat galsoute genoem word. As jy cholestase het, vervaardig jou lewer minder gal en hoop galsoute in jou lewer op. Hiervandaan “lek” dit mettertyd in jou bloedstroom in. Dit veroorsaak dat jou vel jeuk en kan tot voortydige geboorte lei.

      Meer daaroor:

      •Cholestase kom gewoonlik in die derde trimester voor.

      •Die oorsaak is nie bekend nie, maar dit affekteer soms hele families, wat die vermoede laat ontstaan dat dit geneties is.

      •Dit is ook moontlik dat die toename in swangerskaphormone die vloei van gal van die lewer af vertraag.

      •As jy vantevore cholestase gehad het, is die kans groter dat jy dit met jou volgende swangerskap weer gaan kry.

      •Die hoofsimptoom is ’n kwaai gejeuk, dikwels op jou palms of voetsole, maar dit kan ook elders voorkom. Dit kan vererger namate jou bevallingsdatum nader kom.

      •Ander moontlike simptome om voor op te let:

      –’n Geel kleur aan jou vel en die wit van jou oë

      –Mislikheid en aptytverlies

      –Donker urine

      –Stoelgang

Скачать книгу