Hartklop Omnibus 2. Malene Breytenbach

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Hartklop Omnibus 2 - Malene Breytenbach страница 19

Hartklop Omnibus 2 - Malene Breytenbach

Скачать книгу

is om haar met tuisgemaakte verkouebrousels te probeer sag maak nie, dan slaan hy haar voete onder haar uit met sy bedside manner. Sy wens hy wil nie so verdeksels gááf wees nie! Dis vir haar onmoontlik om op sy verdoemende karakterfoute te konsentreer as hy haar met soveel kwesbaarheid in daai hemelse oë aankyk. O, sy is ’n stupid vroumens! Dis natuurlik ’n truuk wat hy aangeleer het omdat dit so goed op die skoner geslag werk. Hoe kón sy so onnosel wees om vir hom te val? Mens sou sweer sy is nog sweet-sixteen-and-never-been-kissed, nie ’n siniese geskeide vrou wat al haar les op die harde manier geleer het nie.

      Eintlik moet dit haar nie verbaas nie, dink Mila wrang. Haar keuse van mans het nog altyd veel te wense oorgelaat. Dis kompleet of die geskiedenis hom herhaal met Derek: Sy’s weer by ’n kruispad waar sy moet kies tussen haar beroep en haar liefdeslewe. Sy moes uit die fiasko van ’n huwelik met Stefan geleer het dat ’n privaat vroedvrou teen wil en dank met haar werk getroud móét wees. Derek stel nou wel nie ’n ultimatum aan haar soos Stefan gedoen het nie – verdomp, sy weet nie eens of hy iets vir haar voel nie – maar die dilemma is eintlik presies dieselfde. Die boodskap wat die heelal aan haar stuur, is hard en duidelik: Vergeet van die liefde en konsentreer op jou werk. Doen jouself ’n guns en kry dit in jou muisnes-deurtrekte kop, Mila Mouton!

      Mila bestuur in rekordtyd huis toe. In die week is die strate stil ná nege. Boonop vermoed sy dat haar onverwagse ontdekking haar so ontstel het dat haar voet dalk ’n bietjie swaar op die petrolpedaal gerus het. Met die intrapslag skink sy vir haar ’n glasie witwyn. Sy was nog altyd doodbang om alleen te drink – om soos haar pa aan alkohol verslaaf te raak – maar vanaand oortuig sy haarself maklik dat sy ietsie verdien om haar te help ontspan. Sy lê vir ’n halfuur in ’n skuimbad en klouter dan in die bed, tog te dankbaar dat sy Melissa vanaand by haar ma laat slaap het. Sy prewel ’n vurige smeekgebed dat die slaap vinnig moet kom en dat niemand vannag moet kraam nie. Vannag moet sy ’n ononderbroke ruskans kry. Dalk kan sy môre helderder dink en voel sy sommer beter oor die chaos in haar professionele én liefdeslewe …

      Dit voel asof Mila net ingedut het toe sy ’n gehamer aan haar voordeur hoor. Haar ooglede klou aan mekaar asof hulle met Super Glue vasgeplak is; sy kry hulle met die beste wil in die wêreld nie oop nie. Sy strompel dronkerig na die kas om haar japon uit te haal en sien verbaas dat die son reeds helder skyn. Het sy regtig so lank geslaap?

      Sy knip haar oë teen die verblindende lig toe sy die voordeur oopmaak. Derek staan voor haar deur, opvreetbaar aantreklik in sy draf broekie en lyk-ek-nie-sterk-nie-T-hemp wat sy gespierde boarms perfek vertoon. Gisteraand se onverwagte bewuswording dryf lui na die oppervlak van haar slaapbenewelde brein, en voordat Mila haar kan keer, grinnik sy soos ’n idioot vir die man.

      “Goeiemôre.Wat bring jou so vroeg na my deur?” Mila skrik haar dood vir die loom koketterigheid in haar stem, veral toe sy halfpad deur die sin besef dat daar iets met Derek se gesigsuitdrukking skort. Sy trek haar oë op skrefies en beskou hom vir ’n oomblik aandagtig. Sy het al haar dae om te konsentreer, want as dit nie sy welgevormde bobene is wat haar aandag aftrek nie, is dit die subtiele manlike reuk wat aan hom kleef. Skuldig asem sy dit bietjie dieper in en probeer dan weer om die uitdrukking in Derek se baby blues te lees. Maar voordat sy dit kan eien, spring hy haar voor. Die woede in sy stem maak enige verdere interpretasie onnodig.

      “Nee, Mila, ek’s bevrees dis nié ’n goeie môre nie. Dit wás ’n goeie môre toe ek heerlik vars opgestaan het en reggemaak het om te gaan draf. Dit was ’n goeie môre toe ek my voordeur oopgesluit en die voëls buite hoor sing het. Maar toe wag hierdie koerant vir my in my poshokkie, en nou is dit allesbehalwe ’n goeie môre!”

      Verbaas neem Mila die koerantjie by Derek en kyk fronsend na die plek waar hy toornig met sy wysvinger tik. Sy is te ydel om teenoor hom te erken dat sy nie te waffers sonder haar kontaklense kan sien nie, en dat haar oë buitendien nie vanoggend wil fokus nie. Sy bring die koerant nader aan haar gesig en sien dit is ’n eksemplaar van die Wilgeklower, die plaaslike koerantjie wat weekliks gratis by elke woning in Wilgekloof afgelewer word. En wat dan gretig van voor tot agter gelees word omdat dit al die plaaslike skindernuus bevat. Mila het geen idee wat daarin kan staan om Derek so te ontstel nie.

      Haar oë gly oor die dik swart letters. Dit voel asof iemand ’n emmer koue water in haar gesig uitskiet toe die hoofopskrif in fokus kom. Met groeiende paniek lees sy die sensasionele titel: Winsjagter-kinderarts het mes in vir vroueregte. Liesel se artikel! Saam met drie volkleurfoto’s van die geboorte-eenheid beslaan die berig byna die hele voorblad. Mila se mond is eensklaps kurkdroog en sy sluk moeisaam voordat sy verder lees.

      Vroedvrou Mila Mouton het reeds honderde vroue se geboortedrome laat waar word in die knus Aktiewe Geboorte-eenheid by Protea Moeder-en-Kind Hospitaal. Hierdie eenheid – die enigste van sy soort in Wilgekloof – spog met ’n koningsgrootte dubbelbed sowel as ’n bad vir watergeboortes. In skerp kontras met die kliniese kraamkamers van die meeste hospitale, bied die eenheid ’n huislike atmosfeer waar vroue met waardigheid geboorte kan skenk.Terselfdertyd is dieselfde hoë standaard van mediese sorg wat in die res van die hospitaal geld, tot hul beskikking.Volgens Mouton is ’n emosioneel bevredigende kraamproses die geboortereg van elke vrou en baba – ’n reg wat nou bedreig word deur die gierige winsbejag van hospitaalbestuur en aandeelhouers.

      Dokter Derek Reynders, die hospitaal se nuwe hoof van pediatrie, maak geen geheim van sy voorneme om die deure van die Aktiewe Geboorte-eenheid vir ewig te sluit nie. Reynders besit ’n stewige aandeel in die Protea-groep en dit steek hom dwars in die krop dat die eenheid spasie beset wat op ’n “meer winsgewende” manier benut kan word.Volgens die Wilgeklower se bronne was dokter Reynders se kommentaar op die aantyging dat sy besluit vroue gaan benadeel, die volgende: “Dit gaan nie vir my om die bevordering van vroueregte nie, maar om wat die beste vir die hospitaal as geheel is.” Reynders dink ongetwyfeld ook oor wat die beste vir sy eie sak en dié van sy mede-aandeelhouers is.

      Suster Mila Mouton voel egter anders:“Elke vrou in Wilgekloof wat ’n natuurlike geboorte in die volste sin van die woord wil hê, sal voortaan voor een van twee keuses gestel word: Óf sy sal tydens haar swangerskap en kraam die ongerief moet trotseer om na een van die Pretoriase of Johannesburgse geboorte-eenhede te ry, óf sy sal teen wil en dank tuis moet kraam.”

      Hoewel tuisgeboorte vir sommige ma’s ’n veilige en bevredigende opsie is, is dit nie almal se koppie tee nie. Baie vroue voel meer gerus as hulle weet dat mediese hulp byderhand is ingeval iets verkeerd loop, en gemoedsrus is ’n sleutelelement van ’n suksesvolle geboorte. ’n Aktiewe geboorte-eenheid bied ’n wonderlike alternatief vir vroue wie se swangerskap nie laerisiko genoeg is vir tuisgeboorte nie, maar ook nie so riskant is dat hulle ’n keisersnit of instrumentverlossing nodig het nie. Dit lyk egter asof hierdie alternatief nie meer lank vir vroue in Wilgekloof beskikbaar gaan wees nie. Hierdie geval bewys weer dat privaat gesondheidsorg nie wentel om die behoeftes van die pasiënt nie, maar eerder om die ekonomiese gewin van die beleggers.

      Hoe verder Mila lees, hoe vieser word sy. Wie dink Derek Reynders miskien is hy om haar douvoordag in so ’n beduiwelde bui te kom opklop? Dis nie asof enigiets in die berig onwaar is nie! Liesel se feite is een honderd persent korrek, hoewel die artikel miskien nie ’n toonbeeld van objektiewe verslaggewing is nie.

      Mila ruk haar donker kop op en gluur boosaardig na Derek.

      “Ek’s jammer dat die berig jou goeie môre bederf het, dokter Reynders. Die waarheid het die nare gewoonte om dit te doen. Ek weet rêrig nie waarom jy so verbaas lyk nie. Het jy miskien gedink dat ek die enigste een is wat omgee dat jy die Aktiewe Geboorte-eenheid wil sluit? Dat dit net my lieflingsprojekkie is, dat ek oorreageer? Ek hoop die berig kry dit in jou halsstarrige kop dat jy besig is om iets te vernietig wat ’n noemenswaardige verskil maak in ons gemeenskap as gehéél. Ek maak ’n verskil met daardie eenheid, Derek, een baba op ’n slag! Ek sien dat die enigste verskil wat jy begryp ’n finansiële een is, maar miskien is dit tyd dat jy jou oë oopmaak vir die feit dat die lewe uit meer bestaan

Скачать книгу