Robbie se broer se roer en ander jagstories. Pienkes du Plessis

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Robbie se broer se roer en ander jagstories - Pienkes du Plessis страница 5

Автор:
Серия:
Издательство:
Robbie se broer se roer en ander jagstories - Pienkes du Plessis

Скачать книгу

van jare se gebruik nie, besluit Jan Danster toe hy agterna op sy rug tussen die lusernbale lê, die dopemmer op sy bors – leeg, ja, want die melk deurweek sy klere. So ’n koei kan waaragtag skop, besef hy. Dis toe die koei die spantou los skop, en sommer die dopemmer met Jan Danster tesame, dat hy swetsend hierdie ontdekking maak en na ’n slaanding begin soek om sewe soorte hondemis uit Deurmekaar! te foeter – wat nou doer anderkant van die koeistal se deur alles gadeslaan.

      Daar was natuurlik vele ander opwindende ervarings wat Deurmekaar! ook beleef het, byvoorbeeld die tweegevegte wat hy al twee verloor het. Eers sy tweestryd met Kerneels, die rooi kapokhaan, wat binne minute in ’n eenstryd ontwikkel toe hy stert tussen die bene moes laat spaander. Daarna was dit hy en die muishond. Dié keer kry hy met ’n vyand te doene wat met ’n totale nuwe wapen te voorskyn kom en hom na tien minute snuiwend die hasepad laat kies, reguit huis toe, waar hulle hom met besemstokke en karwatse moes jaag tot binnein die kwarantynkampie en hom vir ’n week lank daar kon toesluit. Sowat van stank het niemand nog ooit beleef nie.

      En toe kom Wynand kuier.

      Wynand, ’n familievriend wat darem so graag ’n vlakvark vir die pot wil kom skiet. Nog ’n jonge moet dit wees, en dan vat hy ook net die twee boude wat hy wil voorberei soos net sy dierbare ouma dit met liefdevolle hande gedoen het. Met die grootste graagte, nooi ons hom, gaan gerus. Gerrit Louw sê ook dit sal net ’n plesier wees om hom veld toe te neem, net jammer hy wil net een vlakvark skiet, die goed vervuil die plaas. Net ’n plesier, herhaal hy.

      Ook net jammer Gerrit het nie rekening gehou met Deurmekaar! wat op een of ander manier ook op die vlakvark-ekspedisie beland het nie. Na ’n paar maande op die plaas het Deurmekaar! ook al met groot vernuf en speursin ontdek hoe om soos blits agterop die bakkie te spring, heeltemal buite bereik van enigeen voor in die kajuit wat hom met karwats of slaanding wil afjaag.

      Soos gesê, beland Deurmekaar! toe op dié gedenkwaardige dag saam in die veld. En toe die bakkie stilhou, laat vat hy met lang hale die bosse in. Wynand en Gerrit sak in ’n droë spruit af en sluip versigtig aan na ’n modderkol ’n ent vorentoe waar Gerrit weet die vlakvarke ronddolwe.

      Kyk nou mooi, beduie Gerrit vir Wynand toe hulle naby kom en oor die wal na ’n paar varke kyk wat stertjies in die lug en op hulle knieë die gras omploeg. Ek sal dié kant om beweeg en sorg dat hulle my sien. Dan sal hulle begin wegdraf daar na jou kant toe. Mik jy maar net mooi dooierus op die oorkantste wal en wag dat die sog met die jong varke lyf wys. Klits dan een van die jonges soos hulle verby draf.

      Sê en doen is twee, het die oumense egter altyd gesê. Toe die sog begin beweeg, is dit nie op ’n rustige pas nie, maar op ’n lekker blitsige vlakvarkpas teen die wal langs, drie jonges agter haar aan, al drie ook op ’n blitsige pas tussen die staalgrasse deur. Reguit op Wynand af, wat hulle teen ’n wildesering dooierus staan en inwag. Hy skiet nie die eerste jonge nie, liewer die tweede een, bietjie groter, lekker wolhaarlyf, snoet hoog in die lug, kuiltjie mooi oop. Toe die skoot klap, slaan die jong vark neer. Soos ’n os val hy en roer nie eens nie. Baie goeie skoot, sê hy vir homself toe hy nader stap.

      Beslis ’n baie goeie skoot, werklik goed, behalwe dat dit nie die vark is wat daar lê nie, maar iets wat lyk soos ’n kruis tussen ’n rol doringdraad en ’n meerkat.

      Ons hoor die storie toe Gerrit die aand bel, pas nadat hy met ’n lied in die hart vir hom ’n vreugdevuur aangesteek het. Teen dié tyd het hy ook al vir die sesde keer vir Wynand op die skouer geklop en hom verseker dat hy nie in die minste hoef sleg te voel nie. Deurmekaar! se oorlye word oraloor met vreugde ontvang.

      Maar nie deur Wynand nie. Sy gewete raak net te veel vir hom.

      Dis hoekom hy drie weke later, op ’n heerlike herfsdag in Johannesburg waar ons ons op die terras besig hou met heerlike melktert en koffie, by ons aansluit. Hy dra ’n rottangmandjie met ’n doek oor.

      Kyk, sê hy toe hy die doek wegtrek. Hy lig die vaal steekhaarbrakkie uit die mandjie. Hier is sy soenoffer, asseblief. Hy het baie lank gesoek na ’n hondjie wat naastenby soos Deurmekaar! lyk, maar hierdie een is die naaste wat hy kon kry. By die SPCA vanoggend.

      Ons kyk, en ons sien. Vir seker nog ’n brak met ’n doringdraad-ma en ’n meerkat-pa.

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4RstRXhpZgAATU0AKgAAAAgABwESAAMAAAABAAEAAAEaAAUAAAABAAAAYgEbAAUAAAABAAAA agEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAkAAAAcgEyAAIAAAAUAAAAlodpAAQAAAABAAAArAAAANgALcbA AAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENDIDIwMTUgKE1hY2ludG9zaCkAMjAxNjowMjoy OSAwOToxNjo0NQAAAAADoAEAAwAAAAEAAQAAoAIABAAAAAEAAAZAoAMABAAAAAEAAAoAAAAAAAAA AAYBAwADAAAAAQAGAAABGgAFAAAAAQAAASYBGwAFAAAAAQAAAS4BKAADAAAAAQACAAACAQAEAAAA AQAAATYCAgAEAAAAAQAAGe8AAAAAAAAASAAAAAEAAABIAAAAAf/Y/+0ADEFkb2JlX0NNAAH/7gAO QWRvYmUAZIAAAAAB/9sAhAAMCAgICQgMCQkMEQsKCxEVDwwMDxUYExMVExMYEQwMDAwMDBEMDAwM DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMAQ0LCw0ODRAODhAUDg4OFBQODg4OFBEMDAwMDBERDAwM DAwMEQwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAz/wAARCACgAGQDASIAAhEBAxEB/90ABAAH /8QBPwAAAQUBAQEBAQEAAAAAAAAAAwABAgQFBgcICQoLAQABBQEBAQEBAQAAAAAAAAABAAIDBAUG BwgJCgsQAAEEAQMCBAIF

Скачать книгу