Die skaalmodel. Anneli Groenewald

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die skaalmodel - Anneli Groenewald страница 2

Автор:
Серия:
Издательство:
Die skaalmodel - Anneli Groenewald

Скачать книгу

altyd gesê. Dit is waaraan ek dink wanneer ek die museum se boeke moet laat klop. Of ’n strokie liasseer. My boekhouding is onberispelik. Al moet ek dit nou self sê, Meneer die Voorsitter. Elke uitgawe is hier aangeteken, en elke inkomste.

      “U kan duidelik sien wat aangaan. Die uitgawes is wel nie veel nie, maar die inkomste is nog heelwat minder. Dáár lê die knoop.

      “Terloops, Meneer die Voorsitter. U sal sien ek het die state aangeheg vir die volle elf jaar wat ek nou aan die museum verbonde is. Strokies inkluis. Ek verstaan die tydperk onder bespreking behels veral die afgelope twee jaar. Ons sal daarby kom. Hier, by die state van die afgelope vier-en-twintig maande het ek ’n ekstra stel aantekeninge bygeskryf. Ter verklaring en verheldering van elke inskrywing.

      “Maar eers verder oor die voete. Toeriste wat die dorp besoek, beskou Bredasdorp dikwels bloot as die laaste halte voordat hulle by die see aankom. Waenhuiskrans, Struisbaai, L’Agulhas. Party mense ry selfs hier om na De Hoop, na die natuurreservaat toe, of na Infanta. Maar sal iemand ’n banknoot uithaal en deur die dorp se verlede kom stap? Nog nooit as te nimmer! Om die waarheid te sê, en ek het begrip daarvoor, teen die tyd dat hulle Bredasdorp bereik, stop baie toeriste nie eens vir ’n verversing nie. Dan is dit net voet in die hoek see toe. Die laaste skof van twintig minute ná tien tot veertien uur, selfs agtien ure op die pad uit die noorde. Wie sal dan nou hier wil kom stilhou?

      “Maar die dorpenaars, die skrywer van u brief inkluis . . . Ek weet regtig nie hoe hulle dink nie, Meneer. Ja, u wil nie die skrywer se naam noem nie, maar ek het ’n sterk vermoede wie dit kan wees. Dit maak nie saak nie. Ons fokus vandag op die inhoud van die brief, nie op sy oorsprong nie.

      “Ek was aan die praat oor die dorpenaars. Ek reken die meeste van die dorpsmense stel eenvoudig nie belang nie. En ek vermoed diegene wat wél belangstel, is te suinig om toegangsgeld te betaal. Hier is ’n vrou – ek sal nie name noem nie – wat so een keer per jaar besoek aflê. Elke keer skimp sy vir afslag. Omdat sy kwansuis ’n ‘inwoner’ is. Asof dit haar ’n gratis pas gee!

      “Jaar vir jaar kry ek die gevoel die vrou reken ek wat juffrou Visagie is, het op die dorp se geskiedenis nie dieselfde reg as sy nie. Dat ek bloot ’n inkommer is. ’n Vreemdeling. Dat die verlede waarmee ek my daagliks bemoei, nie aan my ook behoort nie. U weet, Meneer die Voorsitter, my voorgeslagte was ook van hier. Maar dit tersyde. Hoe moet die mense dan nou ook weet my voorsate het hier gewoon? Ek, wat hier aangekom het met andermansvan. Kind- en kraailoos.

      “Belangriker: Elf jaar, élf jaar al, hou ek in hierdie museum die dorp se verlede in stand. Meer nog: Ek probeer die bestaande versamelings uitbou en uitbrei, en daarmee saam die geskiedenis wat onthou word. ’n Mens sou tog reken dit behoort my ook deelagtig te maak; dat ek daardeur ook deel mag voel van die dorp en sy verlede? Maar nou ja.

      “Ek het my nooit juis veel aan die dorpsmense gesteur nie. Ek weet wat ek weet.

      “Ek besef ook ek moenie te krities staan teenoor die mense se oënskynlike gebrek aan belangstelling in hul eie geskiedenis nie. Wie speel dan nou ook herhaaldelik toeris in jou eie dorp of omgewing?

      “So, ja, Meneer die Voorsitter. Ek bekommer my ’n geruime tyd al oor die voortbestaan van die museum. Dit is ’n kwessie van oorlewing. Vir die museum én vir my. Ek moet die werklikheid in die gesig kyk, want die werklikheid besorg my my brood en botter. Of weerhou dit.

      “Meneer die Voorsitter, daar het dae verbygegaan, dáé, dat die museum nie ’n enkele besoeker ontvang het nie. Uiteraard is inkomste uit toegangsgeld in die inkomstekolom van die inkomstestaat, hier, in die finansieslêer, skraal. En ek kan vir u sê, Meneer, die syfers op papier praat hard. Maar nie so hard soos dagin en daguit se stilte nie. Om te wag – dit rek die ure uit. Om te wag, as jy weet hoe nodig dit is dat die deurklokkie moet lui, dat mense moet inkom en geld moet neersit; dit maak ’n mens desperaat, Meneer.

      “Donasies? Ag! Daaroor praat ek nie eens nie. Dié is selfs nog minder. Jare gelede, soos u self weet, het die oumense nog soms in hulle testamente ’n sommetjie geld aan die museum bemaak. Veral toe die Museumraad nog bestaan het uit verteenwoordigers van families wat al geslagte lank in die distrik woonagtig was. Mense wat die dorp se geskiedenis, en die geskiedenis van die dorp se mense, geken het. Tot drie, selfs vier geslagte terug. Raadslede vir wie die museum saak gemaak het.

      “Nou, ek sê nie vandag se Museumraad gee nie om nie, Meneer, of dat u die geskiedenis nie ken nie. Inteendeel. Ek sê maar net dat die museum die laaste ding is waaraan mense dink wanneer hulle vandag hul testamente opstel.

      “En, met respek, hoeveel van vandag se museumraadslede is nog Bredasdorpers wie se families al geslagte in die distrik aankom? Erken dit maar, Meneer die Voorsitter: Deesdae bestaan die raad grotendeels uit Gautengers, mense wat hierheen gekom het om aan die misdaad in die noorde te ontsnap en wat nou ywerig tot die dorp wil bydra. Ek kla nie. Ek wys ook nie vinger nie, Meneer. Ek wys bloot uit. ’n Raad is ’n raad. En dit is beter as geen raad nie. Ek merk maar net op.

      “Nietemin. Laat ek aangaan.

      “Daar is wel nog die één instansie wat elke jaar, hier teen Kersfees se kant, geld gee. Dié instansie doen dit anoniem, soos u goed weet. Die skenking word jaarliks in ’n volgestopte koevert aan my oorhandig. En ek gaan betaal dit dan by die bank in met die verwysing Donasie. Ek weet en u weet van watter instansie ek praat. En mag ek vra dat u bevestig dat die Raad my aangesê het om sake so te behartig, dat ek deur die Raad aangesê is om die skenking anoniem te hanteer? ‘Ons wil nie by politiek betrokke raak nie,’ is aan my gesê. En: ‘Geld is geld.’

      “Dankie, Meneer die Voorsitter. Dan gaan ek voort. Hoewel ons dankbaar is vir die donasie, is dit nie naastenby genoeg om die voortbestaan van die museum te verseker nie.

      “As ek nou terugdink en eerlik moet wees. Ek reken die geld en die besoekers het so saam-saam opgedroog. Dink ’n bietjie daaroor, Meneer. Hoe minder die geld geraak het, hoe minder kon ek doen om meer besoekers te lok. Verstaan my mooi, Meneer die Voorsitter. Ek soek nie verskonings nie, en ek kla nie. My tyd hier is, wás – afhangende van wat vandag gebeur – goed. Maar wie wil nou oor en oor na dieselfde verlede kom kyk? Dit boonop ’n verlede wat reeds dekades lank op dieselfde manier uitgebeeld word? Maar hoe vernuwe ’n mens ’n uitstalling sonder geld?

      “Elf jaar gelede was daar in my uitgawekolom onder meer ’n inskrywing Opknapping en uitbreiding. Die laaste klompie jare is daar onder uitgawes net my salaris, en dan die skraapseltjie geld vir die kleinkas, waaruit ek alles moet doen. Alles.

      “U vra wat het dit alles te make met die klagtes wat in die brief aangevoer word? Meneer die Voorsitter, as u net ’n rukkie geduldig kan wees. Asseblief. Gee my kans om my kant van die saak te stel. Die agtergrond is belangrik as u my latere besluite en optrede wil verstaan.

      “Party dae, wanneer dit so stil geraak het hier, het ek deur die museum gestap om aan die gevoel van desperaatheid te probeer ontkom. Deur elke vertrek stap ek, en dan probeer ek die uitstallings besigtig asof vir die eerste keer. Dis natuurlik haas onmoontlik. Hierdie ruimte het oor die jare vir my só bekend geraak . . . Dit voel soos huis. Of, laat ek liewer sê: Dit hét soos huis gevoel. Ek moet seker daaraan gewoond begin raak om in die verlede tyd te praat.

      “Soms gaan ek daar langs die ou koolstofie in die kombuisuitstalling sit. Op die riempiestoeltjie. Agter die toutjie met die nota wat sê: Moet asseblief aan niks raak nie. Please do not touch. Dankie. Thank you. Dan probeer ek my voorstel watter geure daar 150 jaar gelede in so ’n kombuis sou gehang het. Wat sou daar op die stoof geprut het? Wie sou almal agter die vuurherd gestaan en werskaf het, en watter kruie en speserye sou hulle tot hul beskikking gehad het? Soggens ná melktyd sou hulle melk gekarring het vir botter, reken ek. En die kombuis sou nog na varsgebakte brood geruik het. Verbeelspeletjies, Meneer die

Скачать книгу