Elf dae in Parys. Elizabeth Wasserman

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Elf dae in Parys - Elizabeth Wasserman страница 5

Elf dae in Parys - Elizabeth Wasserman

Скачать книгу

bly stil. Net voete en bagasie skuif nog op die klipvloer rond.

      “Ek is madame Flaubert,” sê die vrou in vlot Afrikaans, gekleur met ’n sweem van ’n Franse aksent. “Julle is twee-twee in kamers ingedeel. Ek gaan die name aflees en die sleutels aan julle oorhandig. Neem dan die trappe en gaan bêre alle bagasie in julle kamers.”

      Meneer Thompson hou sy hand op. “Ons gee julle so ’n halfuur om julleself uit te sorteer. Dan ontmoet ons weer in die voorportaal presies om twaalfuur. Ons eet middagete hier by Chez Flaubert en daarna sal ons die middag se program aankondig.”

      Emma het gemengde gevoelens toe haar naam saam met Tombi s’n gelees word. Maar eerder Tombi as kamermaat as Clarissa. Hulle kamer is op die vyfde vloer.

      Sy bekyk die nou trap wat na bo wentel, en die hysbak omtrent so groot soos ’n doodkis wat op sy kant staan, en begin haar tas teen die trap op sleep. Gelukkig het sy lig gepak: ’n ekstra paar jeans, twee kortbroeke, ’n stapeltjie hemde en ligte rokkies. Sy het ’n weerapp op haar foon afgelaai: hoë temperature en humiditeit word vir die volgende week in Parys voorspel.

      Tombi se groot, outydse tas stamp swaar teen die houttrap.

      “Wat het jy in jou tas?” vra Emma oor haar skouer.

      “Dis nie ’n tas nie, dis ’n koffer. En dis vol … boeke.”

      “Vir wat?”

      “Ek hou van lees.”

      “Het jy nog nie van e-boeke gehoor nie?” vra Emma.

      Sy is dadelik spyt dat sy so bitsig klink. Tombi kan mos in haar koffer pak wat sy wil. Teen die derde vloer is sy ver agter, en toe Emma aankom by die ingangsportaal wat na die vyfde vloer lei, parkeer sy haar tas en draai terug om te gaan help. Haar asem hyg self van die steil trappe.

      Die hysbak se skag is in die middel van die wenteltrap en sy kan stemme daarin hoor soos wat dit opstyg boontoe. “Ek’s jammer, maar hierdie hysbak is so knap!” giggel ’n vrou.

      Emma wil lag. Dis sowaar die Lategan wat haarself saam met meneer Thompson in die hysbak ingedruk het! Toe sy die uitdrukking op Tombi se gesig sien, bars hulle al twee uit van die lag.

      “Sjjtt,” beduie Tombi. “Hulle kan ons hoor.”

      Emma vat die swaar koffer by haar. “Dit gaan ’n baie interessante vakansie wees.”

      “Dis vir seker!” Tombi hyg asof sy enige oomblik aan asma gaan beswyk. “Ons gaan nog allerhande drama beleef.”

      Hulle kamer is nie te sleg nie. Daar is twee enkelbeddens met donsige duvets, en tipiese Franse vensters wat oopmaak op ’n piepklein balkonnetjie. Hulle stap dadelik uit om die uitsig te bewonder. Die straat lê nou ver onder hulle. Effens verder af is ’n kruidenier, met die helder kleure van lemoene en tamaties wat uitspoel na die sypaadjie.

      Tombi leun oor die balkon se ysterreling om beter te kan sien. “Die dakke is die mooiste.”

      Emma knik. Dit is waar: die dakke van Parys is pragtig. Dit vorm ’n digte landskap van skuins grys staalplate met rye skoorsteenpotte en spatsels kleur waar malvas op vensterbanke groei. Wasgoed wapper op ’n balkon. ’n Daktuintjie loer skuins onder hulle uit, ’n onverwagte groen oase teen die staalgrys lug.

      Sy sug van verwondering. “Die plek is sowaar ’n prentjie.”

      Tombi glimlag net. Haar oë blink by die gedagte aan nadere kennismaking met die strate van Parys.

      Emma draai weg van die balkon en maak haar tas oop om haar badkamersakkie te soek. Sy sal beter voel as sy minstens haar tande geborsel en vars klere aangetrek het.

      Bo-op in haar tas lê ’n pakkie met ’n kaartjie daarby. Sy maak dit oop. Dis ’n sakkie van swart fluweel met ’n rekbandjie daaraan vasgewerk. Sakkerollers en ander skurke is volop in Parys, lees sy ouma Hebs se krullerige handskrif op die kaartjie. Gebruik hierdie vir alles wat jy veilig moet bewaar.

      Emma bekyk die sakkie. Wat ’n vreemde geskenk. Miskien raak haar ouma al kinds …

      “Kom, ons moet opskud,” sê Tombi. “Ek moet sê, middagete sal nou welkom wees.”

      ’n Wolf in Parys

      Die eetkamer van Chez Flaubert is in die kelderverdieping, onder die ingangsportaal. ’n Ry smal dakvensters gee flou lig vanaf die straatvlak.

      Emma kyk na die pare enkels, broekspype en skoene wat sigbaar is soos voetgangers op die sypaadjie verby loop: hoë hakke, blinkgepoleerde leer en slonsige seilskoene.

      Daar is drie lang tafels met geruite kleedjies, en ’n groot ysterkandelaar hang van die plafon af. Die vloer is gemaak van donker hout wat klank absorbeer, aangehelp deur die dubbele glas voor die vensters. Die geure van koffie en varsgebakte brood uit die kombuis sorg vir ’n gesellige atmosfeer.

      Sy hou die ander toerlede dop soos hulle instap. Nes sy dra almal gemaklike jeans en hoodies, want hulle is nog nie gewoond aan die somerweer van die Noordelike Halfrond nie. Daar word gesels en stoele rondgestoot, maar dis meer gedemp as gewoonlik. Ten spyte van die opwinding van die nuwe omgewing is almal moeg ná die lang vlug en ’n paar gaap luidkeels.

      Die maal begin met erdebakkies vol stomende bruin uiesop, bedien saam met baguettes, die lang Franse brode wat in mandjies op die tafels neergesit word en waarvan hulle hompe afbreek. Sop was vir Emma nog nooit so lekker nie. Sy is rasend honger.

      “Lyk my ons het nog ’n wolf in Parys bygekry?”

      Die stem agter haar laat haar omkyk. ’n Lang seun staan en lag vir haar met plooitjies om sy amperswart oë. Sy verstik amper in haar sop. sulke aantreklike ouens behoort verbied te word as kelners. Hy lyk kraakvars en skoongewas in ’n wit hemp, met ’n donkerblou voorskoot om sy middel vasgebind.

      “Wolwe?” proes sy.

      “Parys is ’n ou stad vol stories. Een van die strate hier naby is juis die Rue de la Brèche aux Loups – die steeg waar die wolwe snags inkom.”

      “Is daar dan ’n gat in die stadsmuur?”

      “Vra jy my? Jy’s die een wat ingesluip het!” terg hy en sit nog ’n paar brode in die mandjie voor haar.

      Is dit nou Luc, mevrou Flaubert se seun? wonder sy. Die lapelwapen op sy hemp vang haar oog: ’n dowwe metaalskyf met patrone en inskripsies al om die buiterand.

      “Wat is dit?” vra sy en wys daarna.

      Hy glimlag geheimsinnig, maar bly haar ’n antwoord skuldig. Mevrou Flaubert verskyn in die deur wat na die kombuis lei en klap haar hande om almal se aandag te trek. “Luister, almal. Ná die sop bedien ons ’n slaai en dan ’n souttert met ham. Ons nagereg is ’n tipies Franse aarbeitert, daarna sluit ons die maaltyd af met ’n stukkie kaas. Dis die Franse gebruik om al hierdie geregte apart en op jou tyd te eet. Kos is belangrik hier en maaltye is die hoogtepunte van die dag … O ja, kan ek julle voorstel aan my seun, Luc?” Sy beduie na die kelner by Emma se tafel. “Hy

Скачать книгу