Best Books Studiewerkgids: My Japan. Hettie van Zyl

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Best Books Studiewerkgids: My Japan - Hettie van Zyl страница 2

Best Books Studiewerkgids: My Japan - Hettie van Zyl Best Books Studiewerkgidse

Скачать книгу

haar toekomsdroom waarin sy ontvlug met ’n ander naam en mooi tradisies en selfs ander (beter) ouers; dis die plek waar haar vermoeide ma steeds haar verlore seun soek, waar ma en dogter mekaar oplaas kan vind en versoen raak.

      Want in drome kom alles saam. In drome ontdek ons die moontlikheid van ander plekke en dimensies, soms van ’n beter jy. Enige produksie van My Japan behoort hierdie droom-“werklikheid” uit te beeld, waar dinge soms sin maak, en soms nie.

      Ten slotte lei drome soms tot klaarheid, tot ’n nuwe insig en selfbegrip.

      Tydens die skryf van hierdie toneelstuk wat so naby aan my hart lê, het ek baie geleer oor my eie droom van Japan.

      Eendag, eendag ... wie weet.

      – Schalk Schoombie

      * Ek het staaltjies en inligting van Angelique Naude se tyd as onderwyseres in Japan in die drama met haar toestemming gebruik.

      Voorwoord: André Stolz (regisseur van die teaterproduksie)

      Die eerste vraag wat by my as vervaardiger/regisseur opgekom het toe ek besluit het om My Japan op te voer, was: is dit toerbaar? Aangesien dit in opdrag geskryf is as ’n tienertoneelstuk, het die dramaturg dit geskryf met ’n groot geselskap in gedagte.

      Om die produksie egter van dorp tot dorp, skool tot skool te neem, moet die geselskap so klein as moontlik wees. Daar is sestien karakters plus die skadufigure (figurante) in die drama. Logisties en finansieël is dit bykans onmoontlik om met soveel akteurs te toer. Daarom is besluit om net die karakters wat sentraal in die drama staan, uit te beeld. Die randfigure (Tessan en Okiku) is dus met hierdie opvoering gesny. Van die akteurs doebleer ook (bv. Matrone/Juffrou Venter en Jun/Suster/Elzette). Die matriekleerders (Gerrit, Wim en die L-bende), Danie en die skadufigure word vertolk deur werklike leerders afkomstig van skole waar opgetree word.

      Na afloop van die 2016 toer, wat dit duidelik dat bogenoemde besluit geen afbreek gemaak het aan die drama nie. Inteendeel: die sentrale storielyn – die van Ilse en Mercia – kom veral duidelik na vore. En ek glo ook dit was die skrywer se bedoeling: om ’n eenvoudige, menslike storie te vertel waarmee jong mense kan identifiseer.

      Aanvanklik het ek my ook ’n bietjie blind gestaar teen die Japannese mitologie, die tsoenami en al die paralelle wat in die drama getrek moet word. Die besluit om eerder op die innerlike handeling en innerlike konflik te konsentreer, het daartoe gelei dat ons protagonis en antagonis gedistileerd aan na repetisie na vore gekom het. Die gebeure van die tsoenami, die spookstorie van Tessan Aoyama en Okiku, die mitologie van Akashita en Futakuchi-onna – alles het in plek geval.

      In hierdie produksie is ook net van professionele akteurs gebruik gemaak. Saam het ons die teks ontleed, duidelikheid gekry op plekke waar daar verwarring was en biografieë vir Ilse en Mercia geskep – waar hulle vandaan kom, hulle verhouding voor Danie se verdrinking, hulle verhouding met Jacques. Dit het ons ook gehelp om die intrige in chrolonogiese orde te plaas. So het ons die subteks gevind en die karakters van die bladsy gelig.

      Dramas word geskryf om opgevoer te word. ’n Dramaturg kan soveel teksaanwysings gee, soveel spelaanwysings – maar aan die einde van die dag word die teks deur ’n regisseur en akteurs geïnterpreteer en vertolk. Die interaksie tussen karakters kan sekerlik deur ’n leser met ’n goeie verbeelding gesien word, maar selfs dan kan die “menslike energie” tussen die karakters – die vibe afwesig wees indien die leeswerk nie met baie aandag gelees word nie. Net ’n lewendige opvoering kan daardie magic skep. En dit is ook die geval met My Japan.

      In die toneel waar Ilse begin om haar Japannese spookstorie te skryf (“Die mal vrou stoei teen die orkaansterk wind …”) – begin van toneel 6 – is Mercia terselfdetyd op die verhoog en stoei met haar eie orkaansterk wind. Visueel is dit ’n baie kragtige beeld: Ilse se ontsnapping na haar verbeelding en Mercia se innerlike worsteling met die dood van haar kind. Dit skep ’n sterk jukstaposisie tussen ma en dogter.

      In toneel 10, word Ilse se toespraak oor die tsoenami vermeng met die vertelling van Marioka San, musiek en byklanke asook die teenwoordigheid van al die ander karakters in die drama. Die wasgoedlyn is dan ook heeltemal gestroop van kostuums en ander voorwerpe soos die vlag en manga-masker. Die emosionele impak van hierdie toneel (ook die klimaks van die stuk) gaan Ilse se flou-word vooruit en beklemtoon haar eie bord wat breek.

      Hiermee probeer ek sê dat leerders wat nie ’n opvoering kon of kan beleef nie, die stuk asseblief stadig en deeglik te lees en hulle indink hoe dit visueel op die verhoog kan lyk, hoe die karakters se emosies uitgebeeld word, wat die moontlik interaksie tussen karakters is – die gedagtes wat nie in die dialoog vervat word nie. Dit is ’n drama waarmee meeste van jong mense sal kan identifiseer en wat met hulle eie ervarings sal resoneer. Al kom hulle nie uit ’n gebroke huis of moes ’n broer of suster aan die dood afstaan nie …

      Hierdie studiewerkgids is baie deurdag geskryf en sal beslis help om die drama beter te verstaan. Daarom gaan ek net hier my voorwoord afsluit met die volgende: My Japan is ’n besonderse drama en – in die ware sin van die woord – ’n wonderlike drama. Dit hanteer die issues wat jeugdiges en hul ouers het, die bou van karakter, die groei van geestelike waardes en introspeksie wat dikwels na ’n ramp (ook die ramp van die verlies van ’n geliefde) plaasvind.

      Dit was vir my as regisseur ’n plesier om aan hierdie nuwe teks te kon werk en saam met ’n fantastiese geselskap die teks lewe te gee.

      − André Stolz

      Afdeling A: Agtergrond

      Biografie: Schalk Schoombie (dramaturg)

      Schalk Schoombie is ’n gebore Pretorianer wat in Kempton Park grootgeword het.

      Hy het aan die Universiteit van Pretoria studeer en sy dramagraad in 1979 met lof voltooi. Hy is ’n man van vele talente.

      Hy het die volgende toekennings tydens sy roemryke loopbaan ontvang:

      Mondi (1994)

      ATKV-Mediaveertjie (2009)

      Anglo Gold-Ashanti-toekenning (2012)

      Hy het al nege dramas geskryf vir die verhoog, radio en televisie. Hy is die skrywer van verhoogwerke soos Liefde, Anna en Gepiekel. Hy het die roman, Boomkastele: ’n sprokie vir ’n stadsmens geskryf (hy is vir hierdie roman op die kortlys vir die Jan Rabie-Rapportprys in 2016 benoem). Hy doen vryskutwerk vir Insig, Rooi Rose, Sarie en Rapport.

      Dié dramaturg, akteur, regisseur en joernalis, asook voormalige redakteur van De Kat, is woonagtig te Alberton saam met sy gesin en drie Jack Russells.

      My Japan: Ontstaan van die drama

      My Japan is geskryf om ’n hartroerende gebeurtenis op skrif te verewig. Die dramaturg het die drama ná die tsoenami in Japan geskryf vir ’n skool se tienertoneel. Hy het in sy verbeelding die groot golf, wat dele van Japan verswelg het, gesien en dit was die teelaarde vir en die ontstaan van My Japan.

      Die drama is geskoei op die ervaring van die 2011-tsoenami in Japan, deur ’n onderwyseres wat Engels in Japan onderrig het. Die dramaturg se ervaring in die mediawêreld het bygedra om Mercia, ’n kopieskrywer (copywriter), se karakter te skep.

      My Japan was die wenner van die Reza de Wet-Jeugfees, tydens die Vryfees in Bloemfontein in 2012.

      Die drama is ook verwerk

Скачать книгу