Best Books Studiewerkgids: My Japan. Hettie van Zyl

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Best Books Studiewerkgids: My Japan - Hettie van Zyl страница 4

Best Books Studiewerkgids: My Japan - Hettie van Zyl Best Books Studiewerkgidse

Скачать книгу

gesien word, maak alles skielik sin, want die dramaturg het volkome vryheid binne die struktuur om karakters en gebeure, wat normaalweg nie saamhoort nie, suksesvol saam te voeg in ’n droom.

      Ilse, die hoofkarakter van die drama, se lewensdroom is om in Japan te gaan skoolhou. Haar ma keur egter nie haar keuse goed nie. Omdat die werklikheid vir haar onaangenaam is, skep sy ’n nuwe wêreld (toneel 2), ’n plek waar drome waar word en die verlede nie bestaan nie.

      In toneel 1 kan ’n slapende Ilse gesien word en die onaangename gebeure van Danie se verdrinking en Ma se opname in die senukliniek speel soos ’n nagmerrie op die verhoog af. Van spreekbeurt 43 is die droom weer positief en dit gaan oor in toneel 2 met die idilliese beeld van Ilse se Japan in die verbeeldingswêreld. Selfs in toneel 3 is Ilse nog in ’n droomwêreld wanneer haar ma haar probeer wakker maak en beskou sy haar ma as die monster, Futakuchi-onna.

      Toneel 5 kan ook as ’n droom gesien word, want dit waaraan Ilse en Elzette dink, speel op die verhoog af. Dit is mos nie moontlik dat Elzette haarself met die lemmetjie sny dat die bloed loop en niemand enigsins reaksie toon nie, maar in drome is dit wel moontlik. Die begin van toneel 6 sluit aan by toneel 1 waar Ma na Danie soek. In toneel 7 gaan die nagmerrie voort, maar in die vorm van ’n ou Japannese spookstorie, dan word daar in toneel 8 weer teruggespring na die nagmerrie-ondervinding van Ma in die Grootvlei Inrigting.

      Toneel 10 is die vergestalting van die tsoenami in Japan wat ook in ’n droomvorm weergegee word. In toneel 11 word Ilse uit haar droom wakker, maar dan word die gevolge van die ramp weer deur Engela se oë weergegee. Ilse se monoloog in toneel 12 sluit die droomwêreld af en die werklikheid kom na vore.

      Titel

      Die titel is die naam van die drama: My Japan. Die titel is veelseggend en lei tot die ontsluiting van die drama. Die besitlike voornaamwoord in die titel beklemtoon dat die drama nie oor Japan gaan soos die land amptelik bekend is nie, maar Ilse se weergawe daarvan.

      Ilse skep in haar verbeeldingswêreld ’n Japan, ’n plek waar sy gelukkig is. Sy is ongelukkig as gevolg van haar boetie se dood, haar ouers se egskeiding en haar ma se bakleiery. Sy is in konflik met die omgewing en skep vir haar ’n verbeeldingswêreld waar alles mooi en voorspoedig is.

      In Japan woon sy as haar alter ego (ander self), Amaja, in Naka, ’n piepklein dorpie aan die Ooskus met minder as 300 mense. Sy skep die fantasiekarakters Marioka San en Jun (haar Japannese ouers) met wie sy in vrede kan saamleef.

      Naka bestaan werklik in Japan, maar die stad (53 534 mense) is allesbehalwe klein en het ’n bevolkingsdigtheid van 547 mense per km². Dit bevestig die feit dat die titel nie letterlik verwys na Japan nie, maar dat dit slegs ’n gesuggereerde ruimte is. Dit is dus ’n illusie van die werklikheid. Die verhaal van Amaja en haar Japannese ouers word egter lewensgetrou en geloofwaardig aangebied.

      Engela, Ilse se niggie wat Engels in Japan onderrig, se belewing van Japan ondersteun die titel en gee die toeskouer ’n kykie in die lewe van die Japannese. Sy verwys na die samewerking onder die Japannese ná die 2011-tsoenami, hulle eetgewoontes en gebruike.

      Die Japannese mitologie sluit aan by die titel. Dit verleen misterie aan die drama. In die drama word daar verwys na die verhaal van Okiku, Akashita en Futakuchi-onna. Ilse is so aangegryp deur die verhale dat sy dit deel maak van haar werklikheid en selfs na Mercia, haar ma, verwys as Futakuchi-onna – die vrou met die twee monde. Die fliek, The Grudge, waarna Lukas verwys, handel oor ’n Japannese vrou wat spook en mense vermoor.

      Ilse se skoolmaats is bewus van haar obsessie met Japan en tydens die skoolgeveg sê Wim sy moet Japan toe waai. Ilse lewer ook ’n toespraak oor die tsoenami in Japan. Lukas sê dat Ilse alleenreg op Japan het. Dit sluit aan by die besitlike voornaamwoord (“my”) in die titel.

      In spreekbeurt 544 sê Ilse: “My Japan is ’n plek vol kersiebloeisels en spoke en lieflike tradisies. Die regte Japan is ’n rampgebied.”

      Ilse se droom om in Japan Engels te onderrig word aan die einde van die drama waar wanneer haar ma toestemming gee dat sy haar droom mag uitleef. Sy kan Japan werklik beleef soos Engela en hoef nie meer in die verbeeldingswêreld te leef nie.

      Kontekstuele vrae: Titel

      1.Verduidelik wat die verskil is tussen die land Japan en die verwysing na My Japan soos dit in die titel en die res van die drama na vore kom.

      (2) [3]

      2.Watter karakter verteenwoordig Ilse in Japan (toneel 2)?

      (1) [1]

      3.Verskaf twee redes waarom Ilse in haar verbeelding ’n Japan skep.

      (2) [3]

      4.Watter rol, dink jy, speel die verwysing na die Japannese mitologie, tsoenami en die beskrywing van die dorp Naka in die drama?

      (3) [5]

      Temas

      Goth

      “[Goth] is the ability to find the art where art seems to be lacking; to find the light in the darkness and embrace it for all it’s worth ...” — Jennifer Mason

      Definisie: ’n Goth is ’n lid van ’n subkultuur. [Pharos English-Afrikaans Dictionary. Pharos: Kaapstad]

      Foto: Goth-persone in goth-kleredrag © Rama [CeCILL-lisensie]

      Die goth-subkultuur het tussen die 1970’s en 1980’s in Engeland begin posvat. Die subkultuur geniet steeds baie aanhang oor die hele wêreld, veral in lande soos Frankryk, Japan, Rusland en Duitsland. Die groep word beïnvloed deur die negentiende-eeuse goth-literatuur en rillerflieks. Flieks soos The Crow, The Matrix en Underworld en selfs ’n paar episodes van die South Park-animasiereeks het direkte konnotasies met goth-karakters en -musiek.

      Hierdie subkultuurgroep hou gewoonlik van sekere musiek soos goth-rock en post-punk. Die lirieke van die musiek is vir hulle belangrik en hulle memoriseer soms ’n hele liedjie se woorde. Die temas vir goth-musiek sluit gewoonlik in: rassisme, sosiale misdrywe en haat.

      Hulle het ook eie modegiere. Hulle kleredrag is gewoonlik swart en hulle kleur soms hulle hare pikswart. Hulle het ’n bleek gelaat en gebruik swart oogomlyner, swart lipstiffie en swart naellak. Modebykomstighede soos swart leerbandjies is ook baie algemeen.

      Foto: The Cure © Lior Keter [Dreamstime.com]

      Die kleredrag wissel van land tot land. In Frankryk word hulle kleredrag gekenmerk deur die Victoriaanse tydperk, terwyl die Noorse invloed weer opgemerk word in lande soos Rusland en Duitsland.

      Goths sien skoonheid in dinge wat mense gewoonlik as vreemd of donker sien. Hulle is gefassineer deur die dood en poog om die mooi in die lewe, pyn en dood

Скачать книгу