Best Books Studiewerkgids: My Japan. Hettie van Zyl

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Best Books Studiewerkgids: My Japan - Hettie van Zyl страница 3

Best Books Studiewerkgids: My Japan - Hettie van Zyl Best Books Studiewerkgidse

Скачать книгу

http://iono.fm/e/46665. Dit is egter baie belangrik om te onthou dat jy gaan eksamen skryf oor die volledige dramateks en nie oor die hoorspel nie.

      Intrige

      Die plan waarvolgens die verhaal verloop, word die intrige genoem. Dit staan ook bekend as die raamwerk van die gebeure of plot. Die intrige dui dus op die volgorde waarin gebeure in die drama georganiseer is. Die intrige veronderstel ’n patroon van die verhouding tussen hoofgebeure in die teks en die intrige. Oorsaak en gevolg speel ’n belangrike rol en daar is ook ’n verhoogde spanningslyn.

      In My Japan is die volgorde van gebeure nie chronologies nie, maar bestaan uit fragmente van gebeure. Daar is tydspronge of terugflitse in die drama asook die hede en verlede wat mekaar afwissel. Die verhaallyn is dus fragmentaries of achronologies.

      Ilse is die hoofkarakter (protagonis) en die gebeure wentel rondom haar lewe en die konflik wat sy ervaar. As gevolg van haar broer, Danie, se verdrinking ervaar sy skuldgevoelens, want sy kon nog nie sy dood verwerk nie. Haar ouers se egskeiding het haar verder getraumatiseer, daarom is sy ongelukkig.

      Ma en Ilse se konflik is oënskynlik oor onbenullighede, maar die grootste oorsaak is egter die gebrek aan kommunikasie en onverwerkte emosies wat albei ervaar. Die gevolg van die konflik is voortdurende spanning. Ma ontsnap van die werklikheid deur haar op haar werk toe te spits en Ilse skep ’n verbeeldingswêreld waar sy gelukkig is.

      By die skool is Ilse ’n buitestander wat die gespot van haar klasmaats weens haar obsessie oor Japan moet verduur. Lukas en Elzette is newekarakters wat Ilse belig en ondersteun.

      Aan die einde van die drama maak Ilse en Ma vrede en Ilse se droom om in Japan te gaan skoolhou nadat sy haar matriekloopbaan voltooi het, word ’n werklikheid.

      Subintrige

      Foto: Elzette sny haarself.

      [André Stolz Produksies]

      Subintrige is ’n ondergeskikte verhaallyn of die afname in die aksie wat parallel loop met die hoofintrige. Dit kan beskryf word as ’n kleiner storie binne die verhaal. Die Japannese mitologiese verhale is ’n voorbeeld hiervan. Die hartseer verhaal van Okiku se spook word in toneel 7 beskryf en is ’n parallel vir Danie se verdrinking.

      Die skoolgeveg is wel deel van die intrige, maar die kollig val op Gerrit en Lukas en die ander skoolleerders soos die L-bende. Dit is asof Ilse en Elzette na ’n fliek kyk waarvan hulle nie deel is nie. ’n Ander subintrige is Elzette se selfsny-episode in toneel 5 en haar daaropvolgende opname in Grootvlei Inrigting.

      Pre-lees: Vrae

      Voordat jy die drama lees, is daar belangrike dinge om in ag te neem:

      Voorblad

      Maak jou drama oop en draai dit om sodat die voor- en agterblad sigbaar is.

      1.Lyk die agterste brander na ’n normale golf? Wat dink jy is die oorsaak van die groter golf?

      (2) [5]

      2.Hoe oud dink jy is die twee meisies op die voorblad? Motiveer.

      (2) [3]

      3.Beskryf die ooreenkomste en verskille tussen die twee meisies se voorkoms en kleredrag.

      (4) [2]

      4.Wat, dink jy, is die funksie van hulle hande wat in die lug is?

      (1) [4]

      5.Wie, dink jy, is die teikengehoor van die drama? Motiveer.

      (1) [3]

      Agterblad

      Lees nou die teks op die agterblad en beantwoord die volgende vrae.

      6.Wie is die hoofkarakter in die drama?

      (1) [1]

      7.Slaan die betekenis van die woorde “mite” en “mitologie” in die woordeboek na en verduidelik wat dit beteken.

      (2) [2]

      8.Wat is Ilse se droom?

      (1) [1]

      9.Lees paragraaf 2 en 3 op die agterblad en kyk weer na die voorblad. Wat is die verband tussen die twee paragrawe en die voorblad?

      (2) [3]

      10.Wat is die tema van die drama volgens paragraaf 4?

      (3) [2]

      Japan: Agtergrond en kaart

      Foto: Die Japannese see © Martine Oger [Dreamstime.com]

      Japan bestaan uit vier hoofeilande – Hokkaido, Honsjoe (Honshu), Sjikokoe (Shikoku) en Kjoesjoe (Kyushu) – en meer as 3 900 kleineres. Honsjoe, die grootste eiland, is die tuiste van sowat 80 persent van die Japannese bevolking. Tokio is die hoofstad van Japan.

      Japan is een van die digsbevolkte lande ter wêreld omrede die grootste landoppervlak beslaan word deur berge. In 2006 was daar meer as 123 749 000 inwoners op ’n landoppervlak van 374 744 km². Van die 192 vulkane is 40 nog aktief. Aardbewings vind gereeld plaas en veroorsaak tsoenami’s wat groot skade en lewensverlies tot gevolg het, soos die 2011-tsoenami, wat 15 700 lewens geëis en ’n kernramp tot gevolg gehad het. In die somer veroorsaak tifone baie skade aan ryslande.

      Japan het in 1941 die Amerikaanse vloot by Pearl Harbour, Hawaii, gebombardeer. Die VSA het geantwoord met twee atoombomme: Hirosjima op 6 Augustus 1945 (ongeveer 129 558 sterftes), en op 9 Augustus 1945 in Nagasaki (tussen 60 000 en 80 000 sterftes). Ná die Tweede Wêreldoorlog het Japan opgestaan uit die as en is vandag ’n toonaangewende land in die vervaardigingsbedryf.

      Droomstruktuur

      Die dramateks moet gesien word teen die agtergrond van ’n droomstruktuur. Wanneer ’n mens droom, is dit gewoonlik nie in chronologiese volgorde nie. Drome bestaan uit fragmente van die werklikheid en soms is drome verwarrend en onverklaarbaar.

      Die definisie van die woord en term “droom”: droom1 s.nw. [drome] 1 Onwillekeurige voorstellings/gedagtebrokke wat in die slaap in die bewussyn kom. 2 Dagdroom, mymering. 3 Voorstelling v.d. werklikheid wat ongegrond is; lugkasteel. [Pharos Verklarende Afrikaanse Woordeboek. Pharos: Kaapstad]

      In een aand kan jy droom van iets onaangenaams en die volgende oomblik kan ’n vreugdevolle droom volg en wil jy nie ophou droom nie. Inderwaarheid is die drama, My Japan, soos ’n

Скачать книгу