Best Books Studiewerkgids: My Japan. Hettie van Zyl

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Best Books Studiewerkgids: My Japan - Hettie van Zyl страница 5

Best Books Studiewerkgids: My Japan - Hettie van Zyl Best Books Studiewerkgidse

Скачать книгу

word, maar dit beteken nie dat hulle van die bose is nie. Hulle vind net hulle eie geluk in die donker dinge van die lewe. Hulle lag ook lekker, maar dis gewoonlik galgehumor.

      Volgens ’n navorsingstudie wat in 2006 deur die British Medical Journal geplaas is, het goth-subkultuur ’n rol gespeel in Skotse skoolkinders wat hulself beseer het en selfmoord probeer pleeg het. Dit is belangrik om te weet dat goth-persone nie kenmerkend gewoonlik selfmoord sal pleeg nie. Dit was slegs die bevinding.

      Die redes vir mense om by die subkultuur aan te sluit is uiteenlopend. Party skree as’t ware uit: “Ek wil alleen gelaat word, maar ek wil gesien word!”, wat eintlik heel ironies is.

      Goths is nie gewelddadig nie, hoewel baie aanhangers geneig tot depressie mag wees (soos enige ander mens). Baie aanhangers het ’n traak-my-nieagtige houding in die samelewing, maar was ongelukkige tieners weens ’n ongebalanseerde gesinslewe. Sommige vind aanhang by die subkultuurgroep vanweë probleme by die skool omdat hulle alleen voel en dit ’n manier is om uitdrukking aan hulle emosie te gee. In die meeste gevalle is dit egter ’n soeke na identiteit.

      Daar is egter teenstrydigheid in die kleredrag wat Ilse verkies. Goths dra gewoonlik swaar, swart kleredrag met donker, swart grimering. Hulle mag soms uit ongelukkige huishoudings kom en probeer uiting aan hulle emosies deur kleredrag gee. Daarom die vraag: dra Elzette goth-kleredrag en volg die subkultuur, of dra sy emo-kleredrag of volg sy die emo-subkultuur?

      Foto: Emo-persone © Dedizor

      [Creative Commons-lisensie]

      Die emo-subkultuur het gedurende die laat 90’s in die lig gekom en dit het hoofsaaklik ontstaan uit emo-genre, hardcore musiek. Musiekgroepe soos Rites of Spring en Embrace het die beweging bevorder met hulle hoogs-emosionele lirieke en punk-geassosieerde melodieë. Twee bekende musiekgroepe in wie se videos jy gewoonlik hierdie subkultuur kan waarneem is Green Day en My Chemical Romance. Persone wat hierdie subkultuur volg word gestereotipeer om gewoonlik skaam, emosioneel, sensitief, en introverte. Hulle word gewoonlik ook gestereotipeer om te lei aan depressie en selfsny. Hulle kleredrag wissel tussen goth en punk – gewoonlik swart, rooi en wit en dra ook swaar grimering. Kleredrag kan ook stywe noupypdenimbroeke, truitjies, dik swartraambrille en t-hemde met musiekgroepe insluit. Soms sal tieners vir mekaar sê, byvoorbeeld, “Man, hou op emo wees. Ontspan!” – hierdie tipe taalgebruik sal emo-tieners-/persone gewoonlik ontstel.

      Wat dink jy? Is Elzette goth of emo?

      Nota: Gaan kyk gerus na My Chemical Romance of Green Day se musiekvideo’s op YouTube of iTunes om ’n idee te kry wat emo beteken.

      Gotham City

      Foto: Gotham Bay. © Olivpark. [Dreamstime.com]

      Gotham City is ’n Amerikaanse stad wat bekend staan as die tuiste van die held, Batman. Die stad is egter bloot fiksie en bestaan nie regtig nie (dit is al van 1940 bekend). Die gebeure in Batman-strokiesverhale, -flieks, -televisie-reekse en -videospeletjies vind plaas in die stad van Gotham, of soos dit beter bekend staan, Gotham City.

      Die mitologiese stad het ontstaan nadat ’n bose towenaar millenniums gelede lewend verbrand het op die plek waar Gotham sou ontstaan. Daar word vertel dat die towenaar die grond met sy bose siel besoedel het. Die gees wat opgewek is, is Dokter Gotham genoem. Die bose gees neem dan besit van die inwoners se siele en veroorsaak diaboliese bedrywighede.

      Gotham City word gekenmerk deur alles wat boos is. In die Batman-flieks en Gotham-televisiereeks is daar die helde soos Batman, Tim Drake en Batwoman wat misdaad beveg. Dan is daar die skurke soos die mafiabase en ongure karakters soos The Joker, Harley Quinn, The Ridler, Penquin, Poison Ivy, Two-Face, Scarecrow, Bane en nog ander wat verantwoordelik is vir misdaad, moord en korrupsie.

      Daar bestaan verskeie weergawes rondom die geskiedenis van Gotham City. Die mees bekende is dat Noorweegse ontdekkingsreisigers die eiland ontdek het en dat dit later deur Brittanje oorgeneem is. Die infrastruktuur van die eiland is tydens ’n oorlog gedurende die Amerikaanse Revolusie verwoes en later weer opgebou deur die Kane-, Crowne-, Cobblepot- en Wayne-families.

      Die Wayne-familie het later grootliks beheer oorgeneem. Die eienaar van Wayne Enterprises en sy vrou word vermoor in verdagte omstandighede. Hulle seun, Bruce Wayne, het die hof se uitspraak bevraagteken en die misdadigers probeer van hom ontslae raak.

      Arkham Asylum (die Elizabeth Arkham Asylum for the Criminally Insane) is die naam van die inrigting vir sielsiekes in Gotham. Misdadigers wat voorgee dat hulle nie by hulle volle verstand is nie en tronkstraf probeer vryspring, word na die inrigting gestuur, maar dan word hulle werklik sielsiek as gevolg van die ander pasiënte en die verpleegpersoneel. Dis waarom die Grootvlei Inrigting in My Japan ook bekend staan as Gotham City.

      Selfsny

      Die term “selfsny” is ’n onderafdeling van selfbesering, wat ten doel het om jou liggaam te beseer deur jouself te krap, te sny of ernstige brandwonde aan jouself toe te dien. Die doelwit van die beserings is nie altyd ’n poging tot selfmoord nie (nonsuicidal self-injury of suicidal self-injury), maar ’n ongesonde manier om emosionele pyn, intense woede en frustrasie te probeer beveg. Die persoon poog om uiting te gee aan gevoelens wat hy of sy nie in woorde kan uitdruk nie.

      Hoewel selfsny kortstondige kalmte bied, ervaar die persoon skuldgevoelens en die emosionele pyn keer telkens terug. Dié soort gedrag kan aggressiewer raak en selfs lei tot die dood.

      Die oorsake van selfsny is hoofsaaklik emosioneel van aard. Die persoon voel dalk waardeloos, eensaam en paniekerig. Die persoon ervaar skuldgevoelens en verwerping. Die persoon mag dalk sy- of haarself haat en dalk verwarrende gevoelens oor sy of haar seksualiteit hê. Deur hom- of haarself te sny, voel dit vir die persoon hy of sy beheer het oor sy of haar liggaam en lewensomstandighede. Die waarheid is dat hy of sy net een pyn vir ’n ander verruil deur innerlike gevoelens op ’n uiterlike manier te wys.

      Simptome van selfsny is onder meer: littekens, vars snywonde, die dra van langmou-kleredrag, gedragsafwykings, ’n hopelose selfbeeld en ’n soeke na identiteit.

      Die gedrag lei gevolglik daartoe dat die persoon skaam en skuldig voel. Daar kan ook infeksies in die wonde plaasvind. Permanente letsels word nagelaat en sonder behandeling kan die persoon ernstige gedragsafwykings toon of neig tot selfdood.

      Persone wat aan die afwyking ly, moet met iemand praat wat hy of sy vertrou of vir sielkundige behandeling gaan om onverwerkte emosies te beheer en van die oorsaak van die probleem ontslae raak.

      Japannese mitologie (Intertekstualiteit)

      Japannese mitologie spruit uit Boeddhisme en Sjintoïsme asook volkgelowe in sekere streke van Japan. Daar word geglo dat die eerste gode gedurende die skepping verskyn het en dit word Kotoamatsukami genoem. Later het hierdie sewe generasies van gode, die kami-geeste (Kamiyonanayo), te voorskyn gekom en die hemel en die aarde het toe ontstaan.

      Die son speel ’n belangrike rol in die Japannese mitologie en geloof. Daar word geglo dat charismatiese Japannese keisers direkte afstammelinge van die songodin, Amaterasu, is.

      Akashita

Скачать книгу