Piekfyn Afrikaans Graad 6 Leesboek vir Huistaal. Fanie Viljoen

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Piekfyn Afrikaans Graad 6 Leesboek vir Huistaal - Fanie Viljoen страница 3

Piekfyn Afrikaans Graad 6 Leesboek vir Huistaal - Fanie Viljoen Piekfyn Afrikaans

Скачать книгу

moet net drie vrae beantwoord.”

      “Maar wie probeer en dit nie regkry nie, is sy nek kwyt.”

      Dadelik stap Uilspieël na die paleis toe om te verneem wat presies aan die gang is. Ja, dis nes die mense vertel. Die Keiser soek ’n skoonseun en opvolger. Aan elke aansoeker stel hy drie vrae, en die man kry drie weke tyd om die antwoorde te bring, anders moet hy met sy lewe boet. Baie het al probeer, want die beloning is groot, maar niemand kon dit nog regkry nie, en die laksman bly besig.

      “Skryf my naam ook op,” sê Uilspieël, “miskien tref die geluk my.”

      Uilspieël hoef nie lank te wag nie. Die manne wat dit wil waag, is al goed uitgedun, en daar is nie meer veel oor nie. Binne drie weke kom die Keiser se boodskapper hom roep.

      “Is jy reg?” vra die boodskapper.

      “Reg soos reën,” antwoord Uilspieël.

      “Oppas net vir die groot droogte as jy nie die antwoorde ken nie, want dan swaai jy ook soos ’n biltong in die wind,” spot die boodskapper.

      “En pas jy net op dat jy nie dalk nat pad kry as ék keiser word nie, want dan sit jou turf,” antwoord Uilspieël.

      Die Keiser se eerste vraag is ’n doodgewone raaisel:

      “Hurka-kurka

      Spikkelmajoor:

      Die lang man eet

      Van agter na voor.

      Raai, raai wat is dit?”

      Uilspieël het al op te veel markpleine gekuier en met te baie oumense wyshede geruil om hom so maklik te laat koudsit. Hy skommel net sy gedagtes so ’n bietjie hot en haar, en toe sê hy: “Dis ’n sweep waarmee ’n span skilderpens-osse aangedryf word.”

      Die Keiser is verbaas oor die pront antwoord. Al het andere voor Uilspieël hierdie raaisel darem ook opgelos, het hulle gewoonlik eers die volle week gebruik om dit te oordink. “Mooi,” sê die Keiser, “dis die eerste hoepel.”

      Die tweede probleem wat hy vir Uilspieël stel, is ’n strikvraag: “Sê nou ek stuur jou met ’n leeu en ’n bok en ’n koolkop na ’n groot stad aan die ander kant van ’n vol rivier – en ek is jou Keiser sodat jy nie kan weier nie – maar jy het só ’n klein bootjie om mee oor te vaar dat jy net één van die drie op ’n slag kan laai. Hoe sal jy te werk gaan om jou opdrag getrou uit te voer?”

      Ook hierdie strik is nie sterk genoeg om Uilspieël vas te trek nie. Hy span sy gedagtes mooi agtermekaar, en toe sê hy: “Om my opdrag getrou uit te voer, moet ek sorg dat geeneen skade kry nie.”

      “Dis reg,” sê die Keiser.

      “Laat ek die leeu en die bok alleen en vat die koolkop saam, sal die leeu die bok verskeur,” gaan Uilspieël rustig voort.

      “Korrek,” sê die Keiser.

      “Vat ek die leeu eerste oor, vreet die bok die koolkop op,” lê Uilspieël verder uit.

      “Jy praat nog altyd die waarheid.”

      “Daarom,” sê Uilspieël, “sal ek u opdrag só uitvoer: Eers roei ek die bok oor, want die koolkop is veilig by die leeu. Hierna gaan ek die koolkop haal, sit dit op die oorkantste oewer neer, en vat weer die bok saam met my terug. Nou laat ek die bok aan die duskant agterbly, en ek gaan die leeu by die koolkop aflaai voordat ek die bok vir die derde maal laat boot ry. Dan stap ek fluit-fluit verder na die stad toe waarheen u my gestuur het, want ek is mos by om te sorg dat die een die ander nie verrinneweer nie.”

      Die Keiser is verslae oor Uilspieël se begrip. Min voor hom het dit nog reggekry, en vir almal het dit tyd gekos. “Pragtig,” sê die Keiser, “dis die tweede hoepel.”

      Die derde vraag is die doodsvraag, en eintlik is dit sommer gemeen. “Ek het ’n hoë toring,” sê die Keiser. Hy gaan wys Uilspieël die toring, en dit ís hoog. “Bo in die toring is ’n kou,” sê die Keiser. Uilspieël kyk, maar hy kan niks sien nie. “In die kou is ’n voël,” gaan die Keiser voort, en Uilspieël moet hom op sy woord glo. “Watse voël is dit?” wil die Keiser weet.

      Nou is Uilspieël vas. Daar is so baie soorte voëls dat hy nie weet wáár om te begin nie. Hy dink die eerste week om wat hy aan die raaisel kon bestee het. Hy peins die tweede week lank wat hy vir die strikvraag kon gebruik het. Die derde week raak hy moedeloos. Dag vir dag, van vroeg tot laat stap hy rondom die toring totdat hy naderhand ’n hele voetpad uitgetrap het.

      Nêrens kry hy ’n leidraad nie. Hierdie antwoord het die Keiser te deeglik weggesteek. Elke oggend as hy opstaan en Uilspieël kan nog nie sê nie, blink sy oë ’n bietjie helderder, en Uilspieël se lip trek al langer.

      Die laaste dag is daar ’n doenigheid in die binnehof van die paleis. Waar hy aan die voet van die hoë toring staan, hoor Uilspieël hamerslae en ’n saag deur hout. Dis die laksman wat besig is om die galg gereed te kry, want sononder moet hy sterwe as hy nog nie die antwoord kan gee nie. Die tyd gaan glad te vinnig verby. Toe die son wegsak, weet Uilspieël dat sy uur geslaan het.

      Die mense drom in bondels saam. Vir die Keiser is dit ’n groot geleentheid dat hy hierdie slim man ook kon uitoorlê, en hy het sy onderdane laat aansê om na die paleis toe te kom. Met die laaste lig verskyn die Keiser self om Uilspieël na die plek van teregstelling te lei. Al die mense van sy hofhouding stap saam, met die laksman aan sy regtersy.

      Die Keiser tik Uilspieël op die skouer.

      “Kom,” sê hy, “jy wou mos met my kragte meet. Nou sal almal weet dat g’n mens in die hele wêreld so slim en wys soos ek is nie.”

      Vir oulaas kyk Uilspieël na die toring op, dan dwaal sy oë oor die wye aarde wat vir hom so goed was. “Ag, ek, arme Uil,” sug hy hardop, en gedwee draai hy na die galg toe.

      En nou? Die Keiser se mond val oop, sy oë rek, en dit gaan asof hy nie asem kan kry nie. “Nee,” sê hy. “Ja,” sê hy. Dan ruk hy homself reg. “Nee, ek kan dit nie glo nie,” verduidelik hy. “Ja, dit is die regte antwoord. Die voël wat ek daarbo in die toring opgesluit hou, is ’n uil.”

      Uilspieël is nog meer verbaas as die Keiser oor die skielike wending, maar hy is nie ’n man wat lank uit die veld geslaan bly nie. “Dan kry ek die prinses,” sê hy, “en ek word keiser. Dis ’n geluk dat die mense hier bymekaar is. Nou kan ons dit sommer op die regte manier doen.”

      Só gebeur dit. Daar word bruilof gehou en kroningsfees gevier. Op die derde dag van die plesierigheid stap die nuwe heerser op die balkon uit om sy onderdane toe te spreek. ’n Groot gejuig styg op, en toe word almal stil omdat hulle elke woord wil hoor. Uilspieël maak keel skoon, vou sy hande op sy bors saam en begin:

      “Ek is die Uil

      van waarde

      ek is die Spieël

      se

Скачать книгу