Piekfyn Afrikaans Graad 6 Leesboek vir Huistaal. Fanie Viljoen
Чтение книги онлайн.
Читать онлайн книгу Piekfyn Afrikaans Graad 6 Leesboek vir Huistaal - Fanie Viljoen страница 5
Sunguru se faam as dokter het ná hierdie gebeurtenis wyd en syd versprei, want die wond aan Simba se been het sonder enige verdere probleme gesond geword. Maar dit was baie lank voor die hiëna weer die moed gehad het om in die openbaar te verskyn.
(Uit: Die Madiba-boek. Tafelberg-Uitgewers. 2002)
Vertaler: François Bloemhof
Beantwoord die volgende vrae in julle groepe:
1.Waarom het die hiëna na die leeu se grot gegaan?
2.Vertel aan jou maats die plan wat hiëna gehad het om die haas te uitoorlê.
3.Sunguru het uiteindelik as oorwinnaar uit die stryd getree. Vertel wat gebeur het.
Swaar dra
al aan die een kant
Pieter W. Grobbelaar en Séan Verster
Die skeefste pot kry ’n deksel, en die lompste jongkêrel kom getroud as hy net hard genoeg probeer. So gebeur dit dat Jakkals en Wolf al twee vrou vat. Jakkals haak af met Jakomiena, ’n mooi jong jakkalsmeisie, en Wolfina uit die wolfgeslag is Wolf se bruid. Sy is wel al ’n bietjie lank in die tand en kort van draad, maar as die liefde blind is, dan is Wolf ’n mol.
Wolf laat nie links lê nie, en hy sorg vir sy huis. Nee, dis die reine waarheid: Hy is ’n goeie pa en broodwinner vir sy gesin. Vroeg en laat is hy op die jag uit, en as hy die dag sonder iets te ete tuis kom of ’n deel langs die pad verloor, is dit nie sy skuld nie. Net Jakkals weet hoekom hy soveel teenspoed kry, en hy sal nie maklik sê nie.
Eendag het Wolf ’n jong hartbees gevang. Dis om monde te laat water en lippe te laat aflek, selfs net van kyk. Maar Wolf dink nie aan sy eie lus nie. Hy gooi die hartbees oor sy skouer en stap aan. Nie te ver nie, of hy kom by Jakkals verby.
“Môre, sterkman. Alle vrede,” groet Jakkals beleef, maar hy kan sy oë nie van die hartbees afhou nie.
“Môre,” sê Wolf kortaf. Hy het nie tyd nie, maar Jakkals stap saam, en gesels land en sand.
“Kan ek nie help dra nie, Neef?” vra Jakkals naderhand ewe gedienstig toe hy hoor Wolf se asem begin fluit.
“Help dan,” sê Wolf halfnors, en laat die hartbees grond toe gly om ’n bietjie te rus.
Nou is Jakkals baie vernaam.
Spoeg in die hande om beter te kan vasvat.
Vasvat om nie weer te los nie.
Hy steun kastig toe hy optel, maar eintlik stoot hy die hele hartbees netjies op Wolf se skouers, en hy leun ook nog met sy gewig daarteen. Wolf se knieë knak eintlik onder sy lyf, maar hy gaan nie eerste kla nie.
’n Rukkie vorder dit nie te goed nie, en dan gaan dit al hoe slegter. “Nee!” sug Wolf einde ten laaste en laat die hartbees val. Jakkals ploeg amper op sy neus toe sy stut so skielik hier voor hom padgee, maar hy ruk homself reg.
“Ek stem saam, Neef,” praat Jakkals vroom. “Die hartbees is vir ons te swaar. Kom ons eet daaraan en maak dit ’n bietjie ligter.”
Wolf laat hom nie twee keer nooi nie, en hulle lê weg. Nou is Jakkals die leier, en Wolf kom nie naby hom nie. “Dis genoeg,” brom Wolf naderhand toe hy sien Jakkals stop darem te vinnig in.
“Goed, Neef,” sê Jakkals kastig gedweë. “Jy sal seker weet. Ek wou net gehelp het.”
Soos hulle aanstap, lê Jakkals al hoe swaarder op die hartbees sodat Wolf moet ingee. “Nee, die hartbees is soos ’n klip,” hyg hy en laat sy buit vir ’n tweede keer val.
“Ons het seker nie genoeg daarvan geëet nie,” sê Jakkals. “Laat ons dit nog ligter maak.”
“Ja, laat ons maar,” sê Wolf.
Dié keer gaan Jakkals hom heeltemal te buite, terwyl Wolf net hier en daar kan proe omdat hy so moeg is.
“So ja,” sê Wolf toe hy sy asem teruggekry het. “Kom ons probeer weer.”
Nou hang Jakkals met sy hele gewig aan die hartbees, en Wolf kom nie weg nie. Hy waggel so ’n paar tree, en toe stort hy en die hartbees en Jakkals op ’n hoop neer.
“Ai toggie,” kreun Wolf toe hy eindelik uitgekruip kom, “ek kan nie verstaan watse soort hartbees dit is nie. Dis die eerste keer in my lewe dat ek so swaar dra.”
“Dis gesonde vleis wat so maak; dit was ’n goeie vangs,” prys Jakkals. “Ek het nog nooit in my lewe ’n mooier jong hartbees gesien nie.”
“Dit kan wees,” sê Wolf, “maar wat help die beste vleis in die wêreld as jy dit nie by die huis kan kry nie?”
“As jy nie sterk is nie, moet jy slim wees,” sê Jakkals. “Ek het nou die beste plan. Ons begrawe die een helfte van die vleis hier onder die sand, en ons dra die ander helfte weg. Dan kan ons mos later weer die res kom haal sonder om ons moeg te maak.”
“Wil jy glo,” sê Wolf dankbaar, “ek het nooit daaraan gedink nie.” Hy begin sommer dadelik grawe.
Met die een helfte van die vleis veilig gebêre, gaan dit nou voor die wind, want Jakkals help selfs dra om Wolf so gou moontlik so ver moontlik weg te kry.
Toe hulle anderkant ’n rantjie afsak, sien Jakkals dis nou veilig. “Eina!” skree hy skielik so hard dat Wolf die stuk hartbees amper laat val van die skrik.
“Wat is dit nou met jou?” wil hy weet.
“’n Pendoring het my gesteek, Neef,” kerm Jakkals kamma droewig. “Ek sal dit eers moet uithaal en my poot in koue water hou vir die pyn voor ek verder kan dra.”
“Dis nie nodig dat jy dra nie,” sê Wolf grootmoedig. “Ek is mans genoeg vir hierdie stuk.”
“Ai, dit breek my hart dat ek jou so in die steek moet laat, neef Wolf,” snik Jakkals, “maar ek kan niks daaraan doen nie.”
“Toemaar, ’n ongeluk is ’n ongeluk,” sê Wolf. “Dit kom die bestes van ons oor. Gee dat ek jou poot sien. Dalk kan ek help.”
Nou huil Jakkals dat die trane oor sy wange loop. “Moet liewer nie daaraan raak nie. Dit pyn te erg.”
“Nou goed,” sê Wolf. “Maar jy moet jou poot begin dokter, want die son wag vir niemand nie.”
“Stap solank aan,” sê Jakkals. “Ek sal jou nie kwalik neem nie.”
“As jy so sê,” antwoord Wolf, en hy val weer in die pad.
Skaars het Wolf agter die eerste doringbos verdwyn, of Jakkals spring orent. Eers trap hy so ’n paar keer hier en daar asof hy danspassies maak. Dan vlieg hy om en lê oop oor die rantjie dat die klippies tussen die graspolle gons, terwyl hy sy liedjie