Die Poort 2: Reisigers. Nelia Engelbrecht

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die Poort 2: Reisigers - Nelia Engelbrecht страница 3

Die Poort 2: Reisigers - Nelia Engelbrecht Die Poort

Скачать книгу

jy’t ons al honderd keer gesê – jy gaan eerste deur die gat, dan Nomsa en Tara en dan ek, terwyl ons almal met ’n buddy line aan mekaar vas is.

      Ons buddy line is ook aan ’n gidstou vas wat Leonardo al ’n week terug aan ’n rots in die poel kom vaskap het. Dit is soos Hansie en Grietjie se broodkrummels – as ons verdwaal, kan ons darem die gidstou terug volg.

      Ons sit ons kopligte aan. Ons het elkeen twee ligte. Sodra die eerste een se battery pap is, moet ons omdraai en met die tweede een se lig terugswem.

      Nog iets wat koning Neptunus in ons ingedril het, is die rule of thirds. As een derde van Nomsa en Tara se suurstof op is, moet ons omdraai, want die tweede derde is vir terugswem en die laaste derde vir noodgevalle.

      Shitters, ek hoop net ons kom darem by die Poort uit voor ons moet omdraai.

      Die tonnel is toe darem nie baie lank nie. Dit maak oop in iets wat soos ’n ondergrondse kamer lyk. Ek kyk op. Ver bokant ons koppe vleg pers, silwer, goue en wit ligte tussen mekaar deur.

      ’n Onderwater-disco. Régtig?

      Dan onthou ek. Die aand toe ek vir die eerste keer voor die Raad verskyn het, was daar ’n regop kolom water met presies sulke ligte daarin.

      Die water en ligte weerspieël die Magte waarmee ons die Poort bewaak, hoor ek Leonardo se pa se woorde in my kop.

      Hierdie ligte het beslis iets met die Poort te doen.

      Kyk die ligte daar bo, sein ek vir Leonardo.

      Hy kyk op. Watter ligte?

      Jis, maak oop jou oë.

      Hy kyk weer op. Ek sien niks nie, ek sweer.

      Wel, ek sien hulle en dit lyk soos die ligte wat ek daardie eerste aand in die Raadsaal gesien het.

      Oukei. Hoe ver lyk hulle vir jou van hier af?

      Ek kyk op. Dis moeilik om te sê. Hulle beweeg op en af.

      Leonardo wys met sy duim boontoe en maak dan met sy hand op-en-af-bewegings.

      Stadig boontoe. Oukei, o grote Neptunus.

      Hoe nader ons aan die ligte kom, hoe meer voel dit asof daar borrels in my are is. Nie stikstofborrels soos wanneer mens borrel-siekte kry as jy te vinnig boontoe gaan nie. Eerder iets soos sjampanjeborrels. ’n Weird opgewondenheid, soos wanneer mens klein is en nie kan wag om die see eerste te sien as julle met vakansie gaan nie.

      Net toe ek amper aan die ligte kan raak, gebeur dit. Ons begin eers stadig in die rondte draai, maar binne sekondes raak dit absoluut hectic.

      Moenie panic nie, dit vat ons boontoe! sein Leonardo.

      Nie panic nie? Régtig? Imagine vier muise wat in die droogmaaksiklus van ’n freaking wasmasjien beland het! Dan bars my kop bo die water uit. Die eerste een wat ek sien, is Tara.

      Sy pluk haar mondstuk uit en haal haar duikbril af. “Kali! Is jy orraait?”

      “Ek … dink so. Waar’s Nomsa en Leonardo?”

      “Hells bells!” Ek kyk om toe ek Nomsa se stem hoor. Sy en Leonardo is skuins agter my. Nomsa het ook van haar mondstuk en duikbril ontslae geraak. “Wat was dit? ’n Freaking water-

      tornado?”

      “Who knows. Is almal oukei?” vra Leonardo.

      “Yes, luckily,” sê Tara.

      Ek kyk om my. Ons is in ’n waterpoel. Op die oorkantste wal is nagdonker rotse en bome. “Sherbet, dit lyk of ons terug is waar ons vandaan gekom het.”

      “No, we aren’t. Look.” Tara wys boontoe, haar oë groot.

      Ek kyk op. Bokant die donker bome, teen die naghemel, hang hulle. Twee beautiful lilapers mane.

      2

      “Holy cow!” roep Nomsa uit. “Hoe kan die aarde nou twee mane hê – en hoekom lyk hulle so perserig?”

      Iets ruik soos liquorice en kaneel.

      “Die aarde hét nie twee mane nie,” sê Leonardo, “en die een wat daar is, is nie pers nie.”

      “Do you mean …?” Tara bly stil.

      Sy kan dit obviously nie sê nie en ek kan dit verstaan. Want hoe sê mens nou: Hi, ouens, raai wat, ons is nie meer op die aarde nie? Hel, waar ís ons?

      “Ons is op ’n ander planeet,” sê Leonardo, wat natuurlik weer my gedagtes gelees het. Hy bekyk die sterre bokant ons. “Die million-dollar question is nou of ons net in ’n ander sonnestelsel in die Melkweg is, en of ons in ’n ander galaxy is. Of dalk in ’n ander universe.”

      Wow, dit klink vrék ver van die huis af.

      Tara skud haar kop. “Impossible.”

      “I totally agree,” sê Nomsa. “Ek dink die Poort het ons Amerika toe gevat en nou is ons op die Hollywood set van ’n sci-fi movie. Of maybe ’n reality show. Soos in The Truman Show – daai ou movie met Jim Carrey in? Hy het mos gedink alles is real en al die tyd was daar ’n helse dome bokant … ”

      “Shush!” maak Leonardo haar stil.

      “Ouch!” Die Bewaker-merk agter my nek brand skielik erg.

      “There are Others coming, I can sense it,” fluister Tara.

      Stemme. Voetstappe. Iemand wat lag. Ons sak laer in die water weg.

      ’n Ou en ’n meisie loop hand aan hand nader en gaan staan toe hulle in die oopte langs die waterpoel kom. Hulle knoop die donker bandanas wat hulle op hulle koppe het, los en haal dit af. Ligpers maanlig blink op hulle kaal koppe.

      “Holy moly, waar’s hulle hare?” fluister Nomsa.

      Dis obvious dat die Ander op planeet Pers Maan absoluut geen fashion sense het nie. Behalwe dat hulle dink kaalkop is die nuutste hair trend, sal hulle outfits ook nie sommer Cosmopolitan of Vogue haal nie.

      Hulle klere lyk net soos dié wat die Ander een aangehad het toe hy by ons skool was – iets tussen my pa se hospitaal-scrubs en ’n tunic uit Luke Skywalker se Star Wars-klerekas. Al verskil is dat dié twee se outfits grys is, terwyl ons ongenooide kuiergas s’n wit was.

      Mind you, binnekort gaan ons net so boring soos hulle lyk. Dit was Leonardo se idee om die Ander een wat by die skool was se outfit te copy sodat ons kan inblend.

      Die ou sit nou sy hande weerskante van die meisie se gesig. Sy kyk af en hy leun vooroor en … begin haar kaal kop soen.

      Wow, sein Leonardo, dit kan nog baie interessant raak hier.

      It’s just weird, sein Tara toe die twee omruil en die meisie die favour return.

      Dit is weird, ja, en tog op ’n manier ook nie. Dis obvious dat die twee mal is oor mekaar. Iets steek in my hart. Hart-seer. Dit is hoe ek oor

Скачать книгу