Die Poort 2: Reisigers. Nelia Engelbrecht

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die Poort 2: Reisigers - Nelia Engelbrecht страница 5

Die Poort 2: Reisigers - Nelia Engelbrecht Die Poort

Скачать книгу

haar uit nie. Ek sweer hulle is almal kaalkop, sein ek.

      Forget it, sein Nomsa. Daar’s nie ’n maniér wat ek my hare gaan afskeer nie.

      Ek sal dit doen as dit kan help om my ma te kry, sein Tara.

      Shame. Tara se bos hare is haar pride and joy. Daar moet ’n ander manier wees om in te blend. Dalk … Ek swaai die sak van my rug af en maak dit oop. Ons kan die waterdigte sakke waarin ons klere was, oopskeur en vir ons bandanas daarvan maak, sein ek.

      Leonardo haal ’n mes uit sy rugsak en help ons om die sakke oop te sny. Gelukkig is die swart plastiek redelik dun en sag, so ons sukkel nie te veel om die bandanas gevou te kry nie. Maar om my en Tara se lang hare onder die bandanas in te kry, is ’n ander storie.

      Hou vas jou hare, dan sit ek die bandana oor, sein Leonardo.

      Gaan help liewer vir Tara, keer ek, sy’t dubbel soveel hare as ek.

      Not to worry, ons kom reg, sein Nomsa terwyl sy Tara se dik hare onder die bandana indruk.

      Ek ruik die warmte van Leonardo se lyf terwyl hy my help. Dis nogal disturbing.

      Dan beduie Nomsa na ’n aanwysingsbord naby ons. Dit sê die leersentrum is dié kant toe.

      Oukei, nou moet jy in hulle taal met ons praat terwyl ons loop, sein Leonardo.

      Nomsa trek los. Sy kan net sowel vir ons sê pienk eende dra net Prada, ons sal dit nie eens weet nie, maar dit werk obviously, want die paar Ander by wie ons verbyloop, kyk nie eens in ons rigting nie.

      Die volgende oomblik is daar ’n hoë fluitgeluid en – wait for it – almal om ons begin verdwyn. Ek kyk na die vensters van die gebou voor ons. Waar daar netnou nog niemand binne-in die gebou was nie, sien ek nou mense beweeg. “Ek dink hulle het na hulle klasse toe Gereis.”

      “Al weer daai funny Travel business,” brom Nomsa.

      “Wel, ons kan nie alleen hier bly staan nie,” sê Leonardo en begin met lang treë na die gebou toe stap.

      “Hey, slow down. Ons het nie almal sulke lang bene nie,” kla Nomsa terwyl sy drafstap om by te hou.

      Terwyl ons nog met die trappies op na die ingang loop, kom daar skielik ’n vrou by die deur uit. Sy steek vas en frons toe sy ons sien. Sy vou haar arms voor haar en begin in die Ander se taal moan.

      Nou moet jy jou storie mooi spin, sein ek vir Nomsa.

      Oh, shucks! sein sy terug voor sy in hulle taal begin praat. Die vrou vra iets en Nomsa antwoord. Met ’n laaste kwaai kyk stap die vrou verby ons en … verdwyn. Natuurlik. Hoekom is ek verbaas?

      Wat wou die vrou weet en wat het jy vir haar gesê? sein Leonardo vir Nomsa terwyl ons by die groot deure instap.

      Sy het gemoan omdat ons nog nie in ons klasse was nie, toe sê ek vir haar ons is nuut en weet nie waarheen om te gaan nie. Sy sê toe sy is meesteres Durnian en vra of ons van Zebnir … of nee, Zefnor … anyway, sy wou weet of ons van daai plek af is en toe sê ek maar ja. Toe sê sy ons moet na die kantoor met die glasvensters toe gaan om te registreer.

      Goeie werk, sein Leonardo.

      Het julle gesien die vrou het nie ’n bandana op nie? sein Tara. Sy het actually hare.

      Sowaar. Dalk is dit ’n reël dat skoolkinders nie hare mag hê nie, sein ek terwyl ons by die groot glasdeure instap.

      Dan is dit maar ’n bleddie stupid reël, sein Leonardo terug.

      Anders as buite, het hulle elektriese ligte binne. In die middel van die ingangsportaal is ’n paar breë pilare van glas. In party van die pilare stroom water van bo af ondertoe, en in ander beweeg die water boontoe. Nogal pretty awesome.

      Anderkant die pilare staan ’n vrou agter ’n groot toonbank met glas voor. Sy het kort rooi hare en ’n blouerige specimen van planeet Pers Maan se standaard-outfits aan. Eers dog ek sy is besig om die toonbank af te vee, toe sien ek die hele toonbank is eintlik ’n hengse touch screen. Gelukkig hou whatever sy ook al doen haar so besig dat sy nie opkyk toe ons saggies verby haar sneak nie.

      Ons loop in ’n breë gang af. Elke paar treë is daar nog pilare met water wat op of af beweeg.

      Wat is dit met al die water? sein Nomsa.

      Ek dink hulle gebruik dit om krag op te wek, antwoord Leo- nardo.

      Oukei, noudat jy die planeet se kragsituasie uitgefigure het – waarheen is ons actually op pad? sein ek.

      Ons soek die skool se eetsaal of kafeteria, sein Leonardo.

      Worry jy sowaar nou oor kos? sein Nomsa vies.

      Of course. Ek vrek vir ’n Steers-burger en tjips. Dit gaan baie lekkerder wees as daai droë oats-koekies wat Kali vir ons ingepak het.

      Hy smokkel met jou kop, Nomsa, sein ek. Tara het mos in ’n droom gesien haar ma sit in een of ander eetsaal. Dit is dalk ’n goeie beginpunt as ons haar wil kry.

      Ek loop amper in Tara vas toe sy skielik gaan staan. Wat’s fout?

      Sy’s nie hier nie. Sy is naby, maar nie in hierdie gebou nie.

      Ouch. Die merk teen my nek brand nog die hele tyd dofweg vandat ons by die skool is, maar nou is dit weer erger as vantevore. Ek kyk om.

      Vir ’n millisekonde sien ek ’n man met swart klere in die gang agter ons, maar toe ek my oë knip, is daar niemand nie. Jis, my verbeelding hol met my weg.

      Ons loop verby ’n paar toe deure waaragter ek stemme hoor. Seker klaskamers. Dan kry ons ’n sydeur en glip buitentoe. Die gloeiende plante langs die gebou ruik soos sjokolade. Iets soos hazelnut heaven, of peppermint crisp.

      Tara steek vas en wys na ’n aanwysingsbord. Nomsa, wat staan daar?

      Wetenskapsentrum, lees Nomsa die vreemde letters. ’n Pyl wys in die rigting van die gebou langsaan.

      Voel dit vir jou of sy in hierdie gebou kan wees? sein ek vir Tara.

      Ja … maar daar is iets … It feels as if she is underground.

      Oee-ee, sein Nomsa, dalk hou hulle haar in ’n dungeon aan – soos onder die kastele in die Middle Ages. Hulle sê die rotte was so erg daar onder, hulle het die gevangenes se tone …

      Nomsa! raas ek en vat aan die merk teen my nek. Hoekom kom en gaan die brandpyn so? Ek kyk weer om. Daar is niemand in die paadjie agter ons nie, maar as daar was, kon die persoon maklik agter een van die gloeiende struike in gekoes het.

      Ek het skaars weer omgedraai en agter die ander begin aanstap, of die merk begin van voor af brand.

      Kali, wat makeer? sein Leonardo.

      Ek weet nie, dit voel amper of iemand ons agtervolg. Elke keer as ek omkyk, sien ek iemand met swart klere, en voor ek my oë kan knip, verdwyn hy weer.

      Dit voel vir my ook kort-kort asof een van die Ander naby is, sein Tara.

      Oukei, sodra ons in die gebou is, sal ek dit uitcheck.

Скачать книгу