Die Poort 2: Reisigers. Nelia Engelbrecht

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die Poort 2: Reisigers - Nelia Engelbrecht страница 4

Die Poort 2: Reisigers - Nelia Engelbrecht Die Poort

Скачать книгу

twee sit nou op die rotse. Die ou hou sy arm om die meisie se skouers terwyl hulle in ’n vreemde taal gesels.

      Nomsa, wat sê hulle? sein ek.

      Uhm … die meisie sê hulle moenie te lank hier bly nie, hulle klasse by die … leersentrum – of so iets – gaan amper begin en die ou sê dan moet hulle maar …

      Nomsa hou op sein. Waar die twee nou net nog was, is skielik niemand meer nie.

      “Reis is obviously die default vervoer hier rond,” sê Leonardo. “Mens kan sien Kali se scary ma is nie hier om op hulle te spy nie.”

      My ma is soort van die Bewaker van Bospoort se Bewakers. Jy kan maar sê sy hou hulle op die straight and narrow – soos om te kyk dat hulle nie Reis as dit nie regtig Poortsake is nie.

      “My ma … dit voel of sy hier naby is,” sê Tara skielik.

      Oukei. Back to reality. Ons is hier om Tara se ma te red.

      Hoewel die soenery nie ’n slegte side show was nie, sein Leonardo.

      Hei, jy moet uit my kop uit bly!

      En al die pret mis? Never.

      Ek gee hom ’n vuil kyk voor ek agter Tara en Nomsa aan kant toe swem. Op die rotse haal ek elkeen se waterdigte sak met klere uit my rugsak.

      Nomsa gee Leonardo s’n vir hom aan. “Oukei, mister Contarini, jy gaan trek nou daar agter daardie groot rots aan en jy kom nie uit voor ons sê jy mag nie.”

      “Ag nee, Nomsa, jy spoil nou al die fun,” sê Leonardo. “Dink net wat julle gaan mis. Die Contarini crown jewels is …”

      “Thanks, but no thanks,” val Nomsa hom in die rede. “Loop nou.”

      “Ook maar goed my aunty het vir ons hierdie lelike outfits gemaak,” sê sy terwyl ons ons katoenhemde en -broeke aantrek. “My Sissy Boy-jeans sou baie lonely gevoel het hier op Planet Boring Fashion.”

      “Ja, wel, ten minste blend ons more or less in. ” Ek gaan sit om my tekkies aan te trek. “Dis anyway ook baie ligter as wat jeans in my rugsak sou wees.”

      “Net jammer ons het nie die memo oor die bandanas gekry nie,” sê Tara.

      “Ja, dis waar,” sê Nomsa. “Maar mind you, so met sy bandana op het die outjie nogal soos Captain Jack Sparrow in Pirates of the Carribean gelyk.”

      “As dit net ons is wat hare het, gaan almal dadelik sien ons hoort nie hier nie,” sê Tara.

      “There’s no way wat ek my hare gaan afskeer om soos hulle te lyk,” sê Nomsa en vat aan die vlegseltjies van haar Afrika-haarstyl.

      “Die Ander een wat by die skool was, het langerige wit hare gehad,” sê ek terwyl ek my veters vasmaak. “Maybe is dit net hierdie twee wat dink kaal koppe is high fashion.”

      “Oukei, jy kan maar uitkom, Leonardo,” roep Nomsa toe ons klaar is.

      Ek begin lag toe hy naderkom.

      “Wát?” vra hy. “Ek dink ek lyk baie sexy. Wat sê jy, Tara?”

      Ek sweer as hier nou ’n derde maan was, het ons gesien hoe Tara bloos.

      “Ja, sure, Luke Skywalker.” Sy glimlag skeef en lyk toe weer ernstig. “Ek wens net ons het die Jedi hier gehad om ons te help soek na my ma.”

      “Ons sal haar kry, moenie worry nie,” sê Leonardo.

      Ons steek ons duikgoed onder ’n bos weg, en ek en Leonardo gebruik ons Kragte om groot rotse voor die wegsteekplek te rol sodat die Ander dit nie kan raaksien nie.

      “Now what?” vra Nomsa toe ons klaar is.

      “Nou gaan ons soontoe,” sê Leonardo en wys met sy vinger na waar die naghemel ligter agter die bome lyk.

      Hoe verder ons deur die bome loop, hoe sterker word die geur van liquorice en kaneel. Dan, in ’n oopte tussen die bome, gloei plante en blomme van alle kleure asof daar ligte binne-in hulle is. Dit is obviously die oorsprong van die ligte wat ons gesien het én van wat ek geruik het.

      “Wow,” sê Leonardo. “Daar’s ouens in San Francisco wat begin het om Arabidopsis, ’n soort mosterdplant, se DNA te verander sodat hulle dieselfde goed produseer as vuurvlieë, maar dié vat die koek – dis absoluut amazing.”

      Ja, wel, trust jou om selfs op planeet Pers Maan jou Wikipedia-kennis met ons te deel, sein ek vir Leonardo.

      Kan ek nou help ek is ’n genius? sein hy terug.

      Voor ek kan reageer, praat Nomsa. “Ek het julle mos gesê ons is op ’n Hollywood movie set. Dit is seker die glow in the dark bos van Avatar.” Sy kyk rond. “Waar’s die kameras?”

      “Kyk daar oorkant,” sê Tara. “Dit is seker die leersentrum waarvan die kaalkopmeisie gepraat het … en as my senses reg is, is my ma ook hier iewers.”

      Anderkant die oopte wys die wit mure van ’n gebou tussen die boomstamme. Ons volg die paadjie tussen die bome deur. Mandjies met helder, gloeiende plante hang aan die bome, nes lanterns. Ek steek my hand uit na een van die mandjies. Behalwe lig, straal die plante ook hitte uit.

      Ek gaan staan en vat agter aan my nek, net daar waar my hare begin. Die merk, twee sirkels wat oorvleuel, het nou net weer begin brand. Ek dink daar is Ander naby, sein ek vir Leonardo.

      Ek sense dit ook, sein Tara.

      “Hoekom het ons gaan staan?” vra Nomsa.

      Jeez, sy sal nou nie juis die beker wen vir gedagtes lees nie. Ek gaan staan voor haar en kyk haar stip in die oë. Jy moet op ons gedagtes konsentreer, sein ek vir haar. Die Ander is naby en hulle mag ons nie hoor praat nie.

       Ja, oukei. Easy peasy.

      Onthou net, sein Leonardo terwyl ons begin loop, as die popo die fan strike, Reis ons almal dadelik terug tot by die waterpoel. Capisce?

      Hoe nader ons aan die gebou kom, hoe meer brand die merk op my nek en hoe duideliker hoor ek stemme en voetstappe. Ons steek vas toe ons tussen die laaste bome kom.

      Daar is ’n hele paar geboue wat soort van ’n halfmaan vorm. Voor hulle is ’n groot oop area met paadjies en grasperke en ’n hele paar fonteine. Die water moet warm wees, want daar hang stoom bokant die fonteine. Die gloeiende plante rondom die fonteine en langs die paadjies gee genoeg lig vir die jongmense wat oral met rugsakke rondloop.

      Dis in die middel van die nag – slaap dié crowd dan nie? sein Leonardo.

      Lyk nie so nie, sein Nomsa. En by the way, dis ook maar goed almal is nie so spierwit soos daai twee by die waterpoel nie, anders het ek nou glad nie ingeblend nie.

      Noudat sy dit noem – dit is actually weird. As dit nie vir die twee pers mane bokant die geboue was nie, kon mens dink almal hier voor ons is deel van Suid-Afrika se rainbow nation. Nie dat hulle outfits juis naby die kleure van die reënboog kom nie. Dit wissel van bleekblou verby gaggiesgroen tot by goor grys, soos ons s’n. Die bandanas op hulle koppe ook.

      Dan

Скачать книгу